‘Ventersdorp-naamsverandering ʼn mors van geld’

Tlokwe-munisipaliteit (Grafika: municipalities.co.za)

Die VF Plus veroordeel die besluit deur die ANC-beheerde munisipale raad om die naam van die Tlokwe/Ventersdorp-plaaslike munisipaliteit, wat Potchefstroom en Ventersdorp insluit, na die JB Marks-plaaslike munisipaliteit te verander.

Pieter Steyn, VF Plus-raadslid in die munisipalitei, het na afloop van die raadsvergadering, waarin die besluit met ʼn meerderheid stemme aanvaar is, gesê dat die besluit deur die ANC-meerderheid op die raad afgedwing word ten spyte van die openbare deelname proses, soos wetlik bepaal, waarin die sentiment duidelik daarteen was.

“Die ANC dwing die naamsverandering af sonder ʼn behoorlike impakstudie om die uitgawes daarvan te bepaal. Belastingbetalers sal weereens vir ʼn ANC propaganda- en in wese ʼn -ondersteuningsveldtog moet opdok.”

Steyn het gesê daar is reeds ʼn standbeeld ter verering van JB Marks in Ventersdorp opgerig en dit sal ʼn onnodige verkwisting van die munisipaliteit se beperkte fondse wees om nou weer ʼn hele naamsveranderingsproses van stapel te stuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

jan van riebeeck ·

Laat hulle dit verander , ons sal dit binnekort net weer terug verander

wdp ·

Gelukkig is nw n vooruitstrewende provinsie met geen service delivery proteste nie en het dus daai extra geldjies vir naamsverandering

Kosie ·

Ek gebruik altyd net die oorspronklike Afrikaanse name van dorpe: Pietersburg, Naboomspruit, Warmbad, ens. Die sogenaamde ‘nuwe’ name is ‘n mors van geld en tyd.

Chantell ·

Snaaks SA is in n resessie maar geld kan die regering verder mors….. Weet van baie ander plekke waar daai geld beter gebruik kan word maar hulle gee nie om vir die land nie solank hulle gatsakke vol gestop kan word is die saak reg

Annette Stander ·

Ongelukkig is daar nie medikasie vir onnoselheid nie. Dit is hoekom SA lyk soos hy lyk

Akademi Buktu ·

Naamsverandering is nie ‘n maklike uitweg uit slegtigheid van administrasie nie.

Justice ·

Ek is verbaas om te sien dat daar dorpe is wat nog nie na Indiese krieketspelers vernoem is nie.

Dirk de Hart ·

naamsveranderring is uitspraak van haat. lees Bybelboek Daniel oor naamsveranderring en gevolg daarvan. ek het die argument in verlede gebruik nop openbare vergadering en so naamsveranderring van Kroonstad en 192 name in Vrystaat gekeer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.