Ventersdorp-plaasmoord: Verdagte glo oudwerker

Annerie Grobler. Foto: Facebook

Annerie Grobler. Foto: Facebook

Die man wat in hegtenis geneem is vir die wrede moord op Annerie Grobler (55), wat Sondag op ʼn plaas buite Ventersdorp in Noordwes dood aangetref is, is glo ʼn voormalige werknemer.

Maroela Media het vroeër berig Grobler is vroeg Sondagoggend dood aangetref op die plaas wat voorheen aan Eugene Terre’Blanche, oudleier van die AWB, behoort het. Lt.kol. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Grobler se liggaam is omstreeks 07:00 by die skaapkraal op die Witrandjiesfontein-plaas gevind. Sy is met groot klippe en ʼn tuinvurk vermoor.

Die aanvallers het met Grobler se wit Isuzu-bakkie gevlug. Volgens Makau is die bakkie kort daarna met behulp van ʼn helikopter in Hartbeesfontein opgespoor. Die drie vermeende aanvallers het egter uit die voertuig gespring en te voet gevlug. Een van hulle is vasgetrek, maar die ander kon daarin slaag om te ontsnap.

Sy het gesê die 32-jarige man wat in hegtenis geneem is, het glo voorheen op die plaas gewerk. “Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie, want niks is uit die vrou se huis op die plaas gesteel nie,” het Makau gesê.

Jaco Marais, woordvoerder van die Hartbeesfontein-landbouvereniging se veiligheidseenheid, het Maandagoggend aan Maroela Media gesê hulle is steeds besig om na die ander twee verdagtes te soek.

Makau het gesê die verdagte sal Dinsdag in die Ventersdorp-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Jean ·

Die motief klink vir my soos moord op ‘n onskuldige vrou, en die diefstal van haar bakkie, die feit dat niks anders gesteel is nie, beteken nie dat hulle nie wou steel nie, ek dink ‘n bakkie is ‘n groot item om te steel en van die hand te kan sit. Deesdae het die plaasaanvallers ook nie ‘n motief nodig nie, soms moor hulle net .. want erens is daar iemand wat vir hulle vertel as hulle die eienaars vermoor gaan hulle die plase kry. Groot klippe en ‘n tuinvurk, kan jy die arme mens se lyding voorstel. RIV mevrou!

Hoekom ·

Raak aan een van hulle op n golf baan in Nelspruit dan is dit op die nuus… Niemand behalwe Maroela leesers weet van die laaste drie plaasmoorde….. Hoekom?

R Eaton ·

n Groot probleem is die beriggewing van plaasmoorde. Ongelukkig sal die moord nooit voorblad nuus wees. Dus word dit deur so min mense ernstig opgeneem of hoor hul nooit eers van die moorde. As dit n wit op swart moorde was was dit wereld nuus. Die liberale media is die grootste vyand. Kan dit duidelik sien in die vsa verkiesing waar al Clinton se geraamtes stil gehou word en Trump se foute word voorblad nuus. Meeste mense glo wat hul lees en doen nie die moeite om ekstra inligting te kry oor n storie. Daarom is dit so maklik vir die media om mense te verlei.

JC ·

R Eaton, dit is die waarste ding wat ek die hele dag nog gehoor het!!
Die liberale media gaan nog letterlik ons doodsteek wees indien ons ALMAL nie wakker skrik en ons oe oopmaak nie!

Bokboer ·

Fees must fall, die Guptas en brandende busse is “mos” soveel meer belangrik (lag)!

Dit is privaat ·

Blankes behandel meskien nou en dan ook mense verkeurd op plaase maar sy is ook net vrou alleen wat saam hulle moes werk dink jy rerag moord was die oplossing gewees meskien het daai werker wat voorheen vir haar gewerk het haar gedruig nie sy werk gedoen soos wat hy moes nie as ek nie my werk doen soos ek moet nie gaan daar ook met my bekly word dis hoe die lewe is maar moord is nie n oplossing nie!!!!!!!

Johann ·

Kom ons neem die fokus weg van die feit dat n weerlose vrou vermoor is met GROOT KLIPPE EN N VURK nie. Veral nie deur tyd te mors aan die verkynsel ELIZE ( as sy for real is) Dis Volksmoord voor ons oë!

Marietjie ·

My innige simpatie en meegevoel aan die familie en vriende! Alhoewel ek haar nie geken het, kan ek sien dat sy ‘n baie besondere boervrou en mens was. Haar liefde vir diere spreek boekdele. Ons land het meer sulke vrouens nodig wie meer as hulle kant bring.

Sarie van Zyl ·

sosiale media wat n liederlike ding. Snaaks ons wit mense kan hier se wat ons wil mekaar vernietig en skade aanrig maar wanneer dit kom by saam staan kruip almal weg. RIV tannie

Van ·

Demokrasie and wilde droompies sal die land reg ruk MOS! Saam staan maters Saamstaan! Die stryd is nie onder ons nie, ok nie veronderstel om te wees nie !!! Verskeker is niemand van ons blind nie maar gebruik julle woorde en idees om ons land positief te beinvloed. Ek lees bykans elke dag van n plaas moord en of aanval. Het dit nie tyd geword dat ons die land terug kry waar hy hoort nie?! Nee kom ons baklei eerder onder mekaar en laat Gods water oor Gods akker loop!!! Nee man oukies. Boere is die ruggraat van die land en dus moet hulle die beste beskerm kry. Boere werk hulle @tte af met die minimum bystand van regering. Ouens, dink asb voor julle praat.

Theresa ·

Innige simpatie word die familie en vriende van die oorledene toegebid.
Ek word ongelooflik briesend as ek iets lees soos wat Elize kwytraak. Absurd verby om vir konflik moord goed te praat. Dan is die gespring en afbrand seker ook volgens haar blankes se skuld. Genade tog! Plaas ‘n wag voor jou mond voordat jy sulke goed sê – as ek my nie verbeel is, kan dit as rassisme klas. ‘n Moordenaar is ‘n moordenaar. Of hy wit, swart, of watter kleur ook al is. Die blanke boere en mense op plase word vermoor in Suid-Afrika. Dis ‘n feit. ‘n Skokkende, hartseer, wrede feit. Maak nooit saak wat daartoe aanleiding gee nie – dis krimineel en plaasmoorde is meestal wreed en word in groepe uitgevoer. Blatante wreedaarde. Hoop jy geniet al die aandag wat jy getrek het.

De La Rey van Huyssteen ·

Baie dankie aan almal wat simpatie betuig met Annerie Grobler wat Sondag oggend wreed vermoor is in die Ventersdorp distrik. Annerie was my suster. Toe ek gistermiddag op my kniee val langs die doringdraad waar ek n stukkie van haar bebloede hempie wat sy ten tyde van haar moord gedra het en haar haartjies wat in die draad vaskleef afhaal terwyl my ander hand die bloedkol op die grond vasgryp, het n warboel van baie emosies deur my liggaam en siel geruk. Hoekom met klippe en n tuinvurk en so wreed het ek geskree? En deur dit het SY HEILIGE GEES my sag vertroos en my laat onthou van die sinnelose ongegronde moord op GOLGOTA, toe my en jou VERLOSSER vir ons wreed gekruisig was. Sus ek mis jou en wens ek kon jou help op daardie oomblik, want die Hemele weet ek sou jou tot die dood toe help veg het. Maar ons sal jou lewe vier en bly glo dat Vader hierdie verleentheid sal omskep in n geleentheid.JOHANNES 12 VERS 24. Jy was niks waarvan sommige kommentaar jou wil beskuldig nie. Jy het die plaas waarop jy vermoor is met alles in jou bestuur en meer pligsgetrou en hardwerkend sal daar nie weer wees nie. Mense gaan jou laaste hoofstuk lees en op hul kniee sak om JESUS aan te neem sodat hul gereed kan wees vir hul tuiskoms. Lief jou della.

Rene ·

Verstom my oor twak wat mense kan kwytraak. Maak aannames en verskoning dit vir evangelie. Niemand weet nog regtig Wat die feite rondom die moord is nie. Dus jou maar intussen jou rede

Bdp ·

Het iemand dalk vir my die kontak besonderhede van die familie. Ek het die dame geken en wil graag kontak maak met hulle asb.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.