Ventersdorp-plaasmoord: Verdagte glo oudwerker

Annerie Grobler. Foto: Facebook

Annerie Grobler. Foto: Facebook

Die man wat in hegtenis geneem is vir die wrede moord op Annerie Grobler (55), wat Sondag op ʼn plaas buite Ventersdorp in Noordwes dood aangetref is, is glo ʼn voormalige werknemer.

Maroela Media het vroeër berig Grobler is vroeg Sondagoggend dood aangetref op die plaas wat voorheen aan Eugene Terre’Blanche, oudleier van die AWB, behoort het. Lt.kol. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Grobler se liggaam is omstreeks 07:00 by die skaapkraal op die Witrandjiesfontein-plaas gevind. Sy is met groot klippe en ʼn tuinvurk vermoor.

Die aanvallers het met Grobler se wit Isuzu-bakkie gevlug. Volgens Makau is die bakkie kort daarna met behulp van ʼn helikopter in Hartbeesfontein opgespoor. Die drie vermeende aanvallers het egter uit die voertuig gespring en te voet gevlug. Een van hulle is vasgetrek, maar die ander kon daarin slaag om te ontsnap.

Sy het gesê die 32-jarige man wat in hegtenis geneem is, het glo voorheen op die plaas gewerk. “Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie, want niks is uit die vrou se huis op die plaas gesteel nie,” het Makau gesê.

Jaco Marais, woordvoerder van die Hartbeesfontein-landbouvereniging se veiligheidseenheid, het Maandagoggend aan Maroela Media gesê hulle is steeds besig om na die ander twee verdagtes te soek.

Makau het gesê die verdagte sal Dinsdag in die Ventersdorp-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jean

Die motief klink vir my soos moord op ‘n onskuldige vrou, en die diefstal van haar bakkie, die feit dat niks anders gesteel is nie, beteken nie dat hulle nie wou steel nie, ek dink ‘n bakkie is ‘n groot item om te steel en van die hand te kan sit. Deesdae het die plaasaanvallers ook nie ‘n motief nodig nie, soms moor hulle net .. want erens is daar iemand wat vir hulle vertel as hulle die eienaars vermoor gaan hulle die plase kry. Groot klippe en ‘n tuinvurk, kan jy die arme mens se lyding voorstel. RIV mevrou!

Hoekom

Raak aan een van hulle op n golf baan in Nelspruit dan is dit op die nuus… Niemand behalwe Maroela leesers weet van die laaste drie plaasmoorde….. Hoekom?

R Eaton

n Groot probleem is die beriggewing van plaasmoorde. Ongelukkig sal die moord nooit voorblad nuus wees. Dus word dit deur so min mense ernstig opgeneem of hoor hul nooit eers van die moorde. As dit n wit op swart moorde was was dit wereld nuus. Die liberale media is die grootste vyand. Kan dit duidelik sien in die vsa verkiesing waar al Clinton se geraamtes stil gehou word en Trump se foute word voorblad nuus. Meeste mense glo wat hul lees en doen nie die moeite om ekstra inligting te kry oor n storie. Daarom is dit so maklik vir… Lees meer »

Dit is privaat

Blankes behandel meskien nou en dan ook mense verkeurd op plaase maar sy is ook net vrou alleen wat saam hulle moes werk dink jy rerag moord was die oplossing gewees meskien het daai werker wat voorheen vir haar gewerk het haar gedruig nie sy werk gedoen soos wat hy moes nie as ek nie my werk doen soos ek moet nie gaan daar ook met my bekly word dis hoe die lewe is maar moord is nie n oplossing nie!!!!!!!

Johann

Kom ons neem die fokus weg van die feit dat n weerlose vrou vermoor is met GROOT KLIPPE EN N VURK nie. Veral nie deur tyd te mors aan die verkynsel ELIZE ( as sy for real is) Dis Volksmoord voor ons oë!