Ventersdorp-plaasmoord: Vrou met dood gedreig

Annerie Grobler. Foto: Verskaf

Annerie Grobler. Foto: Verskaf

Weke voordat Annerie Grobler (55) wreed op ʼn plaas buite Ventersdorp in Noordwes vermoor is, het haar seun haar gehelp om haar huis te beveilig nadat sy ʼn doodsdreigement ontvang het.

Maroela Media het vroeër berig Grobler is vroeg Sondagoggend dood aangetref op die plaas wat voorheen aan Eugene Terre’Blanche, oudleier van die AWB, behoort het. Sy het die afgelope paar jaar as bestuurder op die plaas gewerk waar sy alleen gewoon het.

De la Rey van Huyssteen, Grobler se broer, het aan Maroela Media gesê dat Grobler op ʼn dag ʼn werker aangespreek het oor die manier waarop hy die perde behandel het. Kort daarna het ʼn ander werker haar glo gewaarsku dat haar lewe moontlik in gevaar kan wees.

Van Huyssteen het gesê selfs nadat Grobler ʼn doodsdreigement ontvang het, kon sy dit nie oor haar hart kry om die plaas te verlaat nie. “Sy was te lief vir die diere. Sy kon nie net weghardloop en hulle aan hul eie genade oorlaat nie. ʼn Maer skapie kon vir Annerie dae lank laat wakker lê. Sy is was ontsaglik lief vir die diere.”

Hy het gesê Grobler se seun, Drikus, is hierna na die plaas om haar te help om die huis te beveilig deur bykomende veiligheidshekke in te sit en vir haar ʼn ekstra selfoon te kry indien sy dalk moes hulp ontbied. “Sy is toe nie in haar huis aangeval nie.”

Grobler se liggaam is omstreeks 08:30 voor die hek van die beeskraal gekry. Sy is met groot klippe en ʼn tuinvurk vermoor. “Sy was die oggend [van haar dood] klaar in haar bakkie en het in die ry met my ma oor die foon gepraat. Sy het vir my ma gesê sy wonder hoekom ʼn hek wat altyd oop is nou skielik toe is en het afgelui om die hek oop te maak. Ons vermoed dat die aanval net daar begin het.”

Van Huyssteen het gesê die nadoodse ondersoek is Donderdag afgehandel, maar die familie het nog nie ʼn verslag ontvang nie. “Ons het gister na haar gaan kyk. Ek kan nie verstaan hoekom hulle haar so stukkend moes slaan nie. As ons ʼn slang op die plaas kry, dan skiet ons hom dood, maar ons slaan hom nie met klippe stukkend nie. Daar is net geen rede om so wreed te wees nie. Toe ek haar gister sien … Hulle het haar gebreek.”

Hy het gesê hy was nie Donderdag in die landdroshof in Ventersdorp waar ‘n 32-jarige verdagte vir die moord op Grobler verskyn het nie. “Al ons boere besef dit is ʼn wrede wêreld waarin ons kos moet produseer. Ons almal gaan eendag hierdie wêreld verlaat en dan moet ons hemel toe gaan. Ek wou nie Donderdag in die hof wees nie, want ek wil my en my familie se harte bewaar. Ons kan nie toelaat dat haat ons harte oorneem nie. Ek is nie kwaad vir hom (die verdagte) nie. Maar ek is stukkend en seer.”

Hy vertel dat hulle ná Grobler se dood ʼn papier in haar Bybel gekry het met ʼn gebed wat sy uitgeskryf het. “Daarin het sy gebid dat die Here haar ʼn omgewing sal gee waarin sy veilig sal voel en waar mense vriendelik met haar sal omgaan. Sy het definitief begin hoop dat sy van daardie plaas kon wegkom en dat sy nie meer daar hoef te werk nie.”

Van Huyssteen het gesê hy sal sy suster onthou vir die hardwerkende, pligsgetroue en eerlike mens wat sy was. “Sy was vol streke, maar sy was ʼn boere-mens en so lief vir die natuur en diere. Haar hande het vir niks verkeerd gestaan nie, van voersakke ronddra tot fisiek self die perde kosgee, sy het alles gedoen. Sy was baie eensaam op die plaas, maar sy het daar gebly, want dit is waarvoor sy lief was.”

ʼn Polisiewoordvoerder van Noordwes het gesê die ander verdagtes betrokke by Grobler se moord is steeds op vrye voet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Milan ·

Ek aanvaar die post mortem verslag is grafies van aard. Met sulke berigte is dit moeilik om nie haat met haat te vergeld. Vasstaan my volksgenote, God slaap nie.

Otter ·

Hoe lank moet die plaasmoorde nog aangaan? Die slagoffers is ons Afrikaners se vriende en familie.

Pastoor ·

Ons volk lei onder die vyand. Dit word tyd om saam te staan in gebed. Ps 91
Dit pla nie die regering nie.

JC ·

Ek beaam Otter; HOE LANK MOET HIERDIE SINNELOSE PLAASMOORDE NOG AANGAAN????? SOLANK DIE RYKES ‘N DUUR DUITSE MOTOR, ‘N LANIE HUIS, EN ‘N VAKANSIE BY DIE SEE KAN HOU AAN DIE EINDE VAN DIE JAAR, GEE HULLE WERKLIK NIE ‘N DOOIE DUIT OM NIE. DIT IS ONS GEWONE AFRIKANERS WAT NOG ALTYD DIE KASTAIINGS UIT DIE VUUR MOES KRAP EN SELF AL HET ONS NIE BUITENSPORIGE GELD NIE IS ONS DIE PERSONE WAT VIR BURGERREGTE ORGANISASIES WAT TERUG BAKLEI SOOS AFRIFORUM ONDERSTEUN EN DIE DIE RYKES NIE!!

ASB!! BOERE, WEES PARAAT HIERDIE FEESEISOEN, -DIT IS WANNEER DIE ERGSTE WANDADE VOORKOM. WEES PARAAT OM HEMELSNAAM ASSEBLIEF!!

Esmay ·

JC ek stem saam. Dit gaan net te goed onder die rykes dat hul glad nie omgee wat met ons boerevolk gebeur nie. Jaqui Gradwell sou konsuis vir die wat hul in die Oos kaap wou gaan vestig n plekkie onder die son gee. Maar nou is hy doodstil en ons kan hom nie eens in die hande kry nie. Dalk was dit n April fool grap!!!

Hannelie ·

Ek weet hoekom hulle haar so wreed dood gemartel het…. SY WAS WIT.

Bruno Stef ·

n Paar maande voor Eugene se dood het hy my vertel dat die klompie skape wat hy aan gehou so uitgedun het weens diefstal dat hy ontslae geraak het van die oorblywendes.Ek het n vermoede dat die moordenaars/kriminele dalk daar was om skaap te steel en die omstandighede hulle so gepas het omdat die plaas so afgelee is dat hulle hul make kon maak.

Dirk ·

Ja tel iemand dood langs die pad op dan was hy/sy wreed vermoor en dis opi nuus. Maak n arme blanke persoon op n plaas dood. Ummmm ja maar net nog n boer….. Hoe lank sal ons dit nog kan vat??

Ilse ·

Sy lyk na ‘n lieflike persoon.
Innige simpatie en sterkte !

Buitestander ·

Ja, boere as enige iets anders lyk as die gewone wees uiters paraat. Soos die hek wat altyd oop staan nou skiedelik toe is, is ‘n vroë waarskuwings teken.
Kontak dadelik hulp om te kom help.
Eder banjan as dooiejan!

Nita ·

Ons wit Afrikaners is gewoon net domastrant. Jy weet voor jou siel jy is prooi, vrou alleen op n plot of n plaas. Mense moet maar vir hulleself besluit wat hulle die liefste het. Die plaasdiere en grond of hulleself. Onthou die hienas sirkel hongeragtig om ons.

M A ·

Party van ons het geen keuse as maar alleen op die plaas aan te bly nie. Dis lekker om jou mond te rek oor dinge waarvan jy niks weet nie.

anton ·

Nita ek moet met jou saam stem.
As ons witmense vandag se tyd nie reeds weet dat plase en plotte nie veilige plekke is nie, sal hulle dit nooit weet nie.
Ek as man sal nie eers op n plaas gaan bly al kry ek dit verniet nie want dis so goed soos selfmoord. Ek respekteer egter die mense wat wel daar woon en sorg vir voedsel ens.

Jy is net n makliker teiken op n plaas want die bure is ver weg en kan jou nie tehulp snel sou jy dit benodig nie.
Boere moet 1000 maal meer peraad word anders gaan daar niks van julle oorbly nie.

Elmien ·

Ek dink nie die arme mens sou ‘n gebedbrief in haar bybel hou waarin sy die Here vra vir ‘n veilige plek en mense se vriendelikheid as sy nie deur omstandighede gedwing was om daar te bly nie.

Justice ·

Waarom is die moordenaar twee meelopers nog steeds op vrye voet? Hulle is nou soos `n honde wat skape leer vang het.

Ola ·

Dit ontstel my altyd geweldig as ek hoor van iemand wat so vir hulp gebid het en dit dan nie gekry het nie en so moes ly. Ons NG predikante wat wil keer dat ons n ofensiewe postuur inneem sal seker n paar opmerkings he. Ons lewe nou in n wereld oorgeneem deur die vyand en ons aanvaar allerhande verkeerde dinge nou omdat dit polities korrek is. Ek is jammer maar die moorde sal nie stop nie en dinge gaan noe beter raak voordat dit verskriklik sleg met ons gegaan het nie. Sterkte en vrede vir jul almal

Natalie ·

Ola, ‘n ware gelowige sit in ‘n wen-wen situasie. Ons almal sterf maar nie almal gaan hemel toe nie. Sy is nou in die hemel, veilig en omring met die grootste liefde denkbaar.

johnny ·

Maroela media vra ma net kan jul nie n nood nmr of dadelik op maroela wa iemand in nood is kan raporteer nie vir ons ouer mense op plase nie ek sal graag n donasie doen

2016 ·

Optrede van gemeenskappe word beperk deur posisie van die tyd. Inperking van optrede deur swak dienslewering en kwaliteite.

Marieta ·

Dis reg dat baie mense targets is op plase want die indruk is dat ons almal by apartheid onbeperkte voordele en rykdom gekry het….. ek het op alles uitgemis want ek moes en moet nog self vir alles werk wat ek het en wil behou!!!! …. maar niemand kan hulleself verdedig as die dood in massas aankom nie,,,,, en moordenaars leer moor in hulle gemeenskappe en kulture…. sterkte aan almal wat die hartseer ervaar….. o ja maak nie saak waar jy is nie….. ouer mense en kinders is sagte teikens….. gemors kriminele word beskerm …. verlede jaar het ‘n klomp gemors my kinders in hulle huis probeer aanval en toe hulle nie kon inkom het hulle ‘n skoolhoof en ander mans vermoor… en hulle was meer as 1… moordbende want hulle wou moor!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.