Ventersdorp-polisiestasie beroof

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Groep rowers het die Ventersdorp-polisiestasie beroof, het die polisie in Noordwes Dinsdag bevestig.

“Die storie is waar. Daar was ʼn inbraak by een van die kantore aan die agterkant van die stasie,” het kol. Henry Vermeulen, woordvoerder van die polisie, gesê. “Daar is items gesteel en ons ondersoek die saak.”

Vermeulen het gesê 80 pakkies sigarette is tydens Sondagaand se voorval gesteel. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie, maar die polisie het gesê hulle vermoed drie mans was verantwoordelik vir die inbraak. “Ons glo dat ons vandag [Dinsdag] of môre iemand in hegtenis sal neem. Ons weet wie dit is,” het hy bygevoeg.

Die Sowetan het berig dat daar ook ʼn skootrekenaar tydens die voorval gesteel is. Volgens die berig behoort die skootrekenaar aan ʼn munisipale werker en is dit ʼn bewysstuk in ʼn ander saak. Die koerant het verder berig dat die inbrekers deur die dak toegang tot die polisiestasie gekry het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

PURE BOER ·

Dit sal hulle nie se nie, maar ek is 100% oortuig daar is wapens gesteel. Niemand gaan roof n polisie stasie vir twak nie,,,,

Gerhard Bezuidenhout ·

Wonder of die polisie hulle nie kon hoor toe hulle deur die dak gekom het nie . Miskien was hulle ooreet aan Kentucky en het rustig gele en slaap. Skande ! Weereens n bewys hoe min dink die boewe van die polisie.

ivorine ·

Ai Ai dit kan ook net in RSA gebeur ??? Moet mens lag of uit vrees weg harloop na ‘n ander land?

Stefan Du Preez ·

“Beroof” Dit was ‘n inbraak Maroela Media, by roof is geweld betrokke teenoor ‘n person.

j van vuuren ·

Inside job…..gedoen om te lyk soos n outside job…lol.

j van vuuren ·

Dis waarom niemand anders gehoor het nie……..hulle is saam betrokke…

j van vuuren ·

Dis waarom niemand anders gehoor het nie……..hulle is saam betrokke…

Sean ·

Ek is ń eerlike man en word agv omstandighede buite my beheer “vervolg” aangesien ons werks kontrak oorsee klaar geraak het en ek nie WERK kry in SA nie.(nie krimineel nie, maar als finansiele gemors) Maar was not altyd eerbaar, eerlik, my goed betaal wat ek kon en moes op daai stadium. Ironies om te dink die eerbare word vervolg.
Ek is VANDAG moeg vir SA, dit is siek wat hier aangaan en MAAK my naar. Dit maak my emotioneel.
Hier is geen eerbaarheid nie..almal steel, moor, bedrieg, bedrog, korrup en dryg.
Wetteloosheid orde vd dag, my taal, kultuur, geloof word vernietig, ek word vertrap. My mense het geen reg meer nie.
Die buiteland lag hardop.
Al die goed wat hier gebeur NOU is nie eers snaaks nie dit is skandelik.
Wie praat namens ons, my, my geliefdes, vriende, familie … ? Wie is die leiers van ons, hul is nie MEER nie.
Mag God met ons wees. Uit natuur is ek nie ń negatiewe, mismoedige MENS nie, maar die gemors maak my klaar.
Soveel ingesit, die stryd was duur gekoop. Die getalle bly net inkom vd wat nie meer met ons is nie, maar witkruise word op die berg.
Ons word nie raak gesien nie, net sekere ontvang die voordeel. Die groot boek se dit mooi, ń profeet word nie in Sy EIE land geken nie.
Ons mag nie haatspraak nie, maar ons word teen gedeskrimineer agv ons etniteit.
Dankie AfriForum en Solidariteit vir jul harde werk.
Seen wense
Groete

Chris ·

Rerig Maroela. Roof? Julle volg vinnig in Media 24 se voetspore.

Jan Fourie ·

Ek dink die grootste siekte in die land is ons mense wat die slegste in enige saak soek en so ander mense sleg se.

zahn ·

Hoe seker is julle die stasie is beroof? Ek het onlangs gaan geld inbetaal by kantoor in Worcester, en daai kantoor het gelyk of daar iets ontplof het. Was moeilik om te onderskei tussen inbraak, uitbraak, en gewone braak. Regtig, dit het sieklik gelyk, en die siesie agter die toonbank was vreeslik ongeërg oor hoe dit lyk. En, beste van als, sy was alleen daar, so dit kon net sy gewees het..

Theresa ·

Ha ha – Grappie. Kom haal maar die bewysstukke – ons laat dit lyk soos roof. Goeie genade. Nou het ek alle soorte “verskonings” al gehoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.