Venus sorg vir rare sterrekundige verskynsel

Foto: AP

Suid-Afrikaners kan uitsien na ‘n rare verskynsel wat Woensdagoggend in die lugruim te siene gaan wees wanneer die planeet Venus tussen die aarde en die son gaan verbybeweeg.

ʼn Mens sal môre net na sonsopkoms kan sien hoe Venus as ʼn klein swart kolletjie voor die son verbyskuif.

The Daily News berig dit is ʼn rare sterrekundige gebeurtenis. “Die laaste keer dat só iets gebeur het, het wetenskaplikes regoor die wêreld van die geleentheid gebruik gemaak om die sonnestelsel te meet,” het Prashina Kallideen, van die Universiteit van KwaZulu-Natal, gesê.

Die verskynsel begin reeds deur die aand maar die laaste gedeelte kan ná sonsopkoms van 6:30 tot 6:52 gesien word. Die volgende keer wat die verskynsel weer gaan plaasvind is in Desember 2117.

Kallideen het gewaarsku dat mense hul oë moet beskerm deur van spesiale brille gebruik te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.