Verashni Pillay bedank as redakteur van HuffPost SA

Verashni Pillay (Foto: Facebook)

Verashni Pillay, redakteur van The Huffington Post SA, het met onmiddellike effek uit haar amp bedank.

Dit volg nadat die persombudsman Saterdag bevind het dat die publikasie van ʼn blog op die webwerf, ““Could it be time to deny white men the franchise?”, neerkom op haatspraak en dat dit “kwaadwillig” en “diskriminerend” was.

Andreij Horn, hoof van 24.com, ʼn afdeling van Media24, het in ‘n verklaring gesê die redaksionele beheer oor die webwerf is oorgedra. “Ferial Haffajee, hoofredakteur van Huffington Post SA, en Pieter du Toit, die webwerf se adjunkredakteur, sal dadelik die webwerf se redaksionele beheer oorneem, totdat ons ʼn nuwe redakteur aangestel het,” het hy gesê. “Ons het absolute vertroue in hul vermoë om die webwerf te lei deur die veranderinge wat ons aanbring om die interne kwessies aan te roer wat in die eerste plek hierdie situasie tot gevolg gehad het, en die impak wat dit op die samelewing, die maatskappy en ons personeel gehad het.”

Pillay het gesê sy respekteer die kantoor van die persombudsman en het besluit om te bedank. “Dankie aan Media24 vir hierdie geleentheid en alles van die beste vir die span by HuffPost SA vir die pad vorentoe.”

Lees alle vorige berigte oor die Huffington Post op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

karen ·

Dis te maklik en bitter onregverdig! Arme Pennie verwerp verneder beboet en die madam se net sorry …. Tata ?

Cherokee ·

Karen, miskien moet onthou word dat ‘arme Pennie’ deur haar eie party gejag en vervolg is. Dit sal nogal interessant wees om te weet of sy steeds lid is van die DA.

Piet vd Riet ·

Hoe is Huffington Post en die se Redaksie onderdanig aan 24.com? (oftewel aan Naspers) wat juis die gewilde kommentaar publieke deelname op watookal24.co al jare gelede afgesit/gestop het? Maroela media steeds meer inspireerend.

Rupert Ashford ·

Net jammer daar is nie ‘n paar ander name wat saamgaan nie, maar elke bietjie help seker…:-) Dankie dat iemand by die persombudsman darem opgestaan het vir wat reg is – was seker makliker omdat die outeur van die stuk toe eintlik ‘n wit man was…

Boerseun ·

presies. Sou seker gesê het dis in die konteks van de-kolonisasie en niks sou daarvan kom as die outeur nie n wit man was nie

Bruno Stef ·

ASB dit is nie goed genoeg nie kla haar aan vir haatspraak asook die skrywer van die artikel soos met Penny Sparrow gedoen is.As ons onself te kras uitdruk op Maroela word ons kommentare nie eens geplubiseer nie wat ek as billik beskou.

Leendert ·

Wat van die persoon van Media24 wat haar aangestel het en wat haar nie na behore geevalueer het, nie na die ingesteldheid gekyk het nie. Dit is soos met Adriaan Basson, hy was toenterjare redakteur van Die Matie, so hulle kon mos uit sy geskiedenis sien waarvandaan hy kom en wat sy oortuigings is. Die mense, hoër op, wat onbevoeg is en hierdie twee aangestel het, wat word van hulle?

Michael ·

Die media is veandwoordelik vir die meeste probleme in Suid Afrika met hulle onverantwoordelike beriggewing en sensasie jag ongeag die gevolge.

Speedguard ·

@ Michael, stem volmondig saam met jou, die Onbudsman het nie die bevoegtheid om aanbevelings te maak oor krim vervolgings nie, die Owehede MOET nou optree omrede hul nou n Prima Faci saak het, Ek twyfel natuurlik , maar kom ons kyk wat gebeur, moet net nie asem ophou nie!

Jd ·

Bruno hoekom moet die skrywer van die artikel ook aangekla word. Die skrywer is n wit man wat onder n skuilnaam geskryf het om te bewys die media is bevoor oordeeld teenoor wit mans.

Cherokee ·

Vreemde gevolgtrekking, Jd. Bruno is reg, die skrywer moet ook aangekla word en genoeg publisiteit kry sodat witmense weet wie hy is.

Jd ·

Ek dink ons mis verstaan mekaar Cherokee die persoon wat die artikel geskryf het se naam is Marius Roodt en hy het gewerk vir die sentrum van “development and Enterprise” hy het intussen ook bedank. Hy wou n punt bewys dat die media enige artikel sal plaas sonder om feite na te gaan as dit wit mans sou benadeel en hy het sy punt bewys.

Cherokee ·

marous, jy is alles behalwe lekker. Ons besef dit is naweek maar dink helder asseblief. Sy het ‘n stupid fout gemaak wat haar, haar werk gekos het en nou sê jy sy kan agteroorsit? Ag nee man, praat sin asseblief! Sy moet nou ander werk gaan soek en dìt met ‘n reputasie.

Adam ·

Sal nou nie oor die voorval slapeloos bly nie. Dit Huffington Post het al in die kraamsaal ‘n bakleiery met die waarheid begin.

Boerseun ·

Is so maar die storie wys die duidelike algemene haat vir die blanke man, veral as hy Afrikaans is

Pontak ·

Uitstekend!

Baie dankie Marius Roodt! Ek vertrou dat jy gou weer ‘n goeie werksaanstelling iewers kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.