Verband tussen Hazyview-aanvalle, sê polisie

Saps-ls10-320x224Daar is moontlik ‘n verband tussen twee onlangse voorvalle in Hazyview, sê die polisie – een waartydens twee sakevroue verkrag en beroof is, en ʼn ander waartydens ‘n groep skoolkinders beroof is.

Maroela Media het Maandag berig skaars vier dae nadat ʼn groep skoolkinders van Centurion tydens ʼn skoolkamp in die toeriste-dorpie Hazyview in Mpumalanga beroof is, is ʼn swanger vrou (32) van Pretoria en haar kollega (23) daar beroof en verkrag. Die twee vroue sterk in die hospitaal aan en die skoolkinders is ongedeerd terug in Pretoria. Hulle het berading na die voorval ontvang.

Kol. Leonard Hlathi, ʼn provinsiale woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het die voorvalle verbind en ʼn volskaalse soektog na die misdadigers van stapel gestuur. “Veiligheid is in die gebied opgeskerp en ons het meer polisiebeampte in die dorp gestasioneer,” het Hlathi Dinsdag aan Maroela Media gesê.

Niemand is nog in verband met die voorvalle in hegtenis geneem nie. Hlathi versoek enigiemand met meer inligting oor waar die misdadigers hul mag bevind om met kapt. Albert Mansini by 082 449 0231 in verbinding te tree.

Lees ook:
Swanger vrou en kollega saam verkrag in Hazyview
Kinders tydens skoolkamp in Hazyview beroof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.