Verbod oor verspreiding van toebroodjies nou na hof

(Foto: Cradle of Hope/Facebook)

Die Cradle of Hope-sentrum in Krugersdorp wend hom nou tot die hof nadat die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling hom verlede week verbied het om toebroodjies aan honger inwoners uit te deel.

Die sentrum, ʼn nieregeringsorganisasie wat geen staatshulp kry nie, deel die afgelope vier jaar daagliks sowat 400 grondboontjiebottertoebroodjies aan mense van die gebied uit. Nadat hulle aanvanklik, ingevolge die departement se regulasies, aansoek gedoen het vir daaglikse permitte om voort te gaan om kos te versprei, is die sentrum verlede week verbied om verder toebroodjies uit te deel.

Volgens die departement mag die sentrum nét kospakkies met niebederfbare kos versprei en moet hulle dit verkieslik by elke begunstigde gaan aflaai. Die nuwe permitte waarvoor Melodie van Brakel, wat die sentrum bedryf, verlede week aansoek gedoen het, is oënskynlik nog nie eens verwerk nie.

Cradle of Hope gaan hom nou tot die hof wend om duidelikheid oor die kwessie te kry.

Hannes Noëth, uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand, sê die organisasie steun die sentrum in sy aansoek. Nadat die departement in verskeie briewe gevra is om duidelikheid oor die verspreiding van voedselhulp te gee, het hulle steeds geen terugvoer ontvang nie.

“Ons kan nie bekostig om weens ʼn burokratiese gesukkel weerhou te word om voedsel te versprei nie. Ons kan ook nie toelaat dat mense sterf van die honger terwyl die regering probeer uitpluis wat mag en nie gedoen mag word nie.”

Noëth sê Cradle of Hope gaan die hof op ʼn dringende grondslag nader om finaal uitsluitsel oor die verspreiding van kos aan welwillendheidsorganisasies te kry. Hy sê instansies word onnodig onderwerp aan permitte, terwyl die regering eintlik dié instellings se werk moet vergemaklik.

“Daar moet so gou moontlik regsekerheid gekry word.”

(Foto: Cradle of Hope/Facebook)

Die DA het Maandag ook ʼn klag by die Menseregtekommissie ingedien teen die departement se sogenaamde bevel dat die nieregeringsorganisasies verhoed moet word om gekookte etes tydens die afsonderingstydperk uit te deel.

Refiloe Nt’sekhe, die DA se woordvoerder vir maatskaplike ontwikkeling in Gauteng, het gesê hulle beskou die verbod as ʼn skending van die Grondwet, veral die reg op waardigheid, lewe, genoeg kos, water en gepaste maatskaplike dienste.

Die DA sê hoewel sekere organisasies steeds bedryf mág word, maak die staat se reëls dit bykans onmoontlik om enigiets te doen.

Nt’sekhe sê by Cradle of Hope maak baie mense staat op die toebroodjies omdat hulle nie water of krag kan bekostig nie, of omdat hulle nie toegang tot geriewe het om hul eie kos voor te berei nie. “Die situasie word vererger deur die feit dat talle Gautengse gesinne wat in April om voedselhulp aansoek gedoen het, nog geen hulp van die departement gekry het nie.”

Die instruksie is boonop problematies omdat die bevel volgens die DA ingesluit word in konsepregulasies. Dit kan dus nie regtig afgedwing word nie.

“Dit lyk of die verbod ʼn poging is om mag uit te oefen en die armes te straf, eerder as om weerloses teen hongersnood te beskerm,” het Nt’sekhe gesê.

Die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, het vroeër egter ontken dat haar departement beoog om ʼn stokkie te steek voor die verspreiding van kospakkies en voorbereide etes. Die departement beweer die ongekoördineerde verspreiding van hulp skep ʼn omgewing vir die verspreiding van Covid-19 onder weerlose mense. Om dié rede het die departement bepalings afgekondig om noodlenigingspogings beter te reguleer, sê Zulu.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

BoerSonderRoer ·

Jy mag nie die Woord van God versprei nie en jy mag nie armes en weerloses help nie.

Satan lag nou al sie pad.

lollapot ·

Kyk na die uitspattige kleredrag, dan weet jy sommer satan is in beheer!

Stephanus ·

Ek weet regtig nie waarom ons nie net op ons mense konsentreer en die res aan die regering oorlaat nie. As die “fat cats” nie wil toelaat dat ons hul kinders moet versorg nie, hoekom doen ons dit dan?

Sarah ·

Ek stem saam dat dis nie ons “probleem” nie maar as ons as n nasie n verskil wil maak, sal ons aanhou probeer help waar ons kan tot ons nie meer kan nie. Die kindertjies sal eendag dit onthou as hulle groot is en met so bietjie geluk, vryf die goedhartigheid van die verlede op hulle af.

twaalfboor ·

Want dis nie in ons “wese” om mense te sien ly nie. Maak nie saak wat die velkleur is nie. Gaan soek die betekenis van “superier” op.

Barbara ·

Daar is ń hele wit plakkerskamp in Krugersdorp wat die mense ook help om vir hul kos te gee. Maak nie saak of dit ń wit of swart of bruin kind is. Hul nie gevra om hier te wees nie.

Jacobus ·

Die vetgevrete kaders wil nou totale mag uitoefen. Die geagte minister hou nie eers by reëls nie. Maar nouu ja wat is ‘n ou etetjie saam met ‘n vroueslaner. Daar wag vir julle groot verrassing wanneer Die Meester julle gaan beoordeel.

Renee ·

Gaan my verstand te bowe kos kan jy nie vir honger kinders gee nie, en onwettige sigarette moet jy Dr Zol net meer ondersteun anders is haar 2 de inkomste daarmee heen. Wat gaan aan met die regering geen meer vetroue in hulle nie.

Nie Verbaas ·

Is daar nog iemand wat hulle aan die regering se regulasies steur? Ek het nog nie juis intilligente besluite van hulle af gesien nie.

pamela ·

So, basies, moet die mense eerder doodgaan van die hongerte voordat die virus versprei word? Ons lewe op die oomblik in ‘n siek wereld.

Sarah ·

Dit is so vieslik. As die plek nou al vir 4 jaar so kospakkies uitdeel, beteken dit daar is definitief gereelde mense wat staat maak op hulle vir oorlewing. Ek hoop van harte dat die regering binnekort bykom en besef dat hulle maak meer mense dood van die honger en depressie as Covid-19. Die hartseer deel is dit is die armstes wat hieronder ly, so die grootkoppe voel glad nie die pyn en lyding waardeur almal nou gaan nie.

“Overcoming poverty is not a task of charity, it is an act of justice. Like Slavery and Apartheid, poverty is not natural. It is man-made and it can be overcome and eradicated by the actions of human beings. Sometimes it falls on a generation to be great. YOU can be that great generation. Let your greatness blossom.”
― Nelson Mandela

Ek los die net hier.

Drico ·

Ag nonsens man, jy sit in jou huis omring deur sekuriteit, koop wat jy wil en eet wat jy wil. Wat weet jy van armoede, hongersnood en koue af Me Zulu ? Wanneer laas het jy jou verwerdig om in honger kinderogies vas te kyk?

JohanR ·

Kan Sarel, ekskuus Cyril en sy NCC nie gevra word om een more nog voordat hulle ‘n lekker vet ontbyt geniet het almal by Cradle of Hope bymekaar te kom. Hulle kan dan ‘n grondboontjie toebroodtjie geniet en ‘n banana. Maar die ding is hulle mag nie weer voer die volgende more ietsie eet nie.

Johan ·

Ek is so gatvol vir herdie ANC dat ek kraampyne kry, en ek is ‘n man. Hulle wil alles beheer sodat hulle kan roem daarop dat hulle omgee vir “our people” terwyl ons blankes van alle krediet van omgee vir “our people” gestroop moet word.

Willem ·

Dis die simpel vrou in kamoe met n betet dan kan julle dink wat in daai brein aangaan

Petrus Johannes ·

Ons weet hierdie dinge gaan oor die regering se haat vir ons wit mense, God vergeet ons nie Elke onregverdige daad wat jul veral teenoor kinders doen sal jul boet

Pierre ·

Ek lewer steeds af by behoeftige gesinne en gaan aanhou. Hulle gaan nie durf om my te keer om hierdie gesinne wat op ons volksgenote se hulp staat maak nie.

twaalfboor ·

Eks nou REGTIG gatvol vir hierdie dubbel standaarde. Onkunde ken geen perke nie.

Barbara ·

Sluit die groot bekke vir 2weke of langer sonder kos toe. Dan sal ons hoor wat het hul dan te sê. ń mens weerhou nie kos van mense wat honger is nie. Mag onse vader Sy hand oor jul hou en laat reg en regverdigheid vir jul goeie werk geskied. God seën jul hande wat die honger mense voed.

Anoniem ·

Daar is nou een vraag wat ek my die afgelope ruk begin vra het: Het die Apartheidsregering op enige stadium voedsel weerhou van die Swartes.?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.