‘Verbod op draagbare petrolkanne is kommerwekkend’

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

Die Demokratiese Alliansie sê hy neem met kommer kennis van die besluit om ʼn verbod te plaas op die verkope van brandstof in draagbare houers.

“Ons verstaan minister Gwede Mantashe se besluit om dit te doen, naamlik om te verhoed dat mense brandstof opgaar en om te voorkom dat dit tydens brandstigting gebruik kan word, maar dit sal ʼn beduidende impak hê op die breë landbougemeenskap en inwoners wat van kragopwekkers en sekere gereedskap (pompe, grassnyers, kantsnyers, ens) gebruik maak,” het Kevin Mileham, die DA se skaduminister van minerale hulpbronne en energie, in ʼn verklaring gesê.

Maroela Media het vroeër berig dié regulasie is aangekondig ingevolge die Wet op Petroleumprodukte van 1977 en stipuleer dat die verkoop van petroleumprodukte in draagbare houers in kleinhandel vir die publiek verbied word. Die regulasie sal in werking tree sodra dit in die Staatskoerant gepubliseer is. Dit is nie seker vir hoe lank die regulasie van krag sal wees nie.

“Dit is geen verrassing dat Suid-Afrika nie reserwes het vir geraffineerde brandstof nie. Die DA het die kwessie al ʼn paar keer met die minister aangeroer, maar dit is van die hand gewys. Die aanbevelings van die Moerane-kommissie in hierdie verband, wat ons in 2013 ingesluit het in die konsepbeleid oor strategiese brandstofvoorraad, is geïgnoreer en nou het ons dreigende brandstoftekorte,” het Mileham bygevoeg.

“Ons glo minister Mantashe moet eerder Suid-Afrika se reserwekapasiteit vinnig herstel, deur onder andere die raffinaderye, wat vroeg in 2020 gesluit is, weer aan die gang te kry en dit as nasionale sleutelpunte te beskerm. Dit beteken dat sekuriteitsmagte moontlik ontplooi moet word om ʼn veilige omgewing te skep.”

Mileham sê dit is noodsaaklik dat die verspreidingsnetwerk vir brandstof ook beveilig moet word. “Dit sluit die Transnet-multiproduk-pypleiding in wat brandstof van KwaZulu-Natal na verskei binnelandse provinsies versprei. Hierdie pypleidings is in die verlede geteister deur sabotasie en diefstal. Die laaste been van verspreiding, deur tenkwaens aan individuele vulstasies, is net so belangrik en die veiligheid van die tenkwaens en die personeel wat dit bedryf, is prioriteit. Minister Mantashe het weer ʼn keer die bus verpas. Hy moet met die ministers van vervoer, landbou, verdediging en die polisie gesels om ons brandstofvoorraad weer op te bou en te beveilig en seker te maak dit word op ʼn gelyke basis versprei na almal wat dit benodig.”

Henry Geldenhuys, die president van TLU SA, sê sy organisasie het reeds navrae aan die relevante besluitnemers, asook verskeie politieke partye, gerig rakende die nuwe regulasie.

“Ons verstaan dat die besluit geneem is om te verseker dat daar nie ʼn tekort aan brandstof ontstaan tydens die onrus in die land nie, maar dié besluit is kortsigtig en het veral ʼn invloed op landbouers,” sê Geldenhuys. “Boere moet brandstof in houers kan aankoop om die plase aan die gang te hou. Ons gebruik nie meer perde en osse om ons take te verrig nie, maar motorfietse en trekkers. Dit gebruik brandstof. Ons het ook brandstof nodig vir opwekkers en pompe.”

Geldenhuys voeg by dit is boonop ook nou die brandseisoen en diesel word benodig om brande te blus. “Die regulasie is dus heeltemal onprakties.”

TLU SA stel voor dat die permitte wat boere tydens die vlak-4 inperking gebruik om noodsaaklike dienste te verrig, ook gebruik mag word vir landbouers om brandstof in houers aan te koop. TLU SA wag op terugvoer en sal lede op hoogte hou van die situasie.

Wynand Boshoff, woordvoerder van die VF Plus, het ook gesê hy begryp die noodsaak om paniekaankope van brandstof te voorkom, maar die party is onder die indruk dat die minister nie alle implikasies daarvan in ag geneem het nie.

“Landelike gebiede waar vissery, landbou en bosbou die hartaar van die ekonomie is, gebruik mense petrol- en dieseltoerusting vir hul alledaagse werk. Plase word met motorfietse gepatrolleer, petrolaangedrewe visserskuite is noodsaaklik en veral in tradisionele gebiede word water met petrol- of dieselaangedrewe pompe voorsien,” het Boshoff gesê.

“Daarom het die VF Plus met die departement in gesprek getree. Dit is uiters belangrik dat die minister die onvoorsiene gevolge van die verbod in ag neem en dat maniere gevind word om dit teen te werk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

4ntj13 ·

Enigiemand wat reeds deurgeloop het onder hierdie vuurmakers sal toegee dat dit vir die oomblik uiters noodsaaklik is. Kom mense, ʼn boer maak ʼn plan! Ons gaan saamstaan in die buurt en ʼn klein tenkie kry wat ʼn lorrie kan kom vol maak vir ons almal, vir ons generators en grassnyers.

Hoekom ·

Hulle gaan nogsteeds afbrand al kan hulle nie petrol in ‘n kan koop nie. Dit is ‘n absurde wet, uitgedink sonder om verder as hulle neuse te dink. Net nog ‘n wet wat ingestel word wat die wets gehoorsame burger benadeel en glad nie ‘n impak het op onwettig aksies nie….

AH ·

Julle is in ‘n posisie om so-iets te doen. Duisende ander nie.

Willem ·

Watter een van die ministers dink iets deur voor hul besluite neem

Johan ·

Zero. Dan is daar nog mense wat vra vir n Noodtoestand se 10 000 ekstra regulasies.

Jerry ·

Al weer n belaglike reel. Hoe gaan ons grassny, generators loop, die quad bike en diesel pomp nou op die plaas loop…… Seker met water…. Klomp idiots!!!

Anel ·

Daar is nou weer nie gedink nie, want die grysstof, hy is nie. Gewoonlik ry mense om brandstof in kannetjies te gaan koop vir dia aparaat wat hulle benodig. Mens weet mos as een daar aankom om brandstof te koop in ‘n anderhouer dat dit onwettig gebruik gaan word. En hulle maak ander plan om dit in die hande te kty, in elke geval. Maar nou ja, so word hardwerkende mense maar net weer gepootjie deur ‘n onbevoegde regering.

Pieter ·

Jy is verkeerd. Hardwerkend mense word gepootjie deur die onbeheerde massas.

Deon ·

Dit sal vrugteloos wees as dit enige iets uit te waai het met die brandstigting, terpentyn, “thinners”, blou spirits, parafien en nog n hele berg vol ander goed kan in die plek van petrol gebruik word. Niks keer jou ook om die petrol eers in jou kar te gooi en dan daarna weer uit te tap vir watter rede ookal nie. Ek verstaan daar is ander gebruike vir brandstof ook ook, boere bosbou en dies meer

Ovelia ·

Maak nt op julle mind regering. Daars nie elektrisiteit vir ons ni n ook ni petrol vir generators nie

apollonio ·

Om die waarheid te se, ek kan 100 liter brandstof uit my motor tap – waar daar ‘n wil is is daar ‘n weg!

Tiptol ·

Ons moet aanhou planne maak omdat die regering geen plan het nie.

SjN ·

Nog n bewys dat dinkvlakke ontbreek, my enjin wat water pomp vir die Vee, hoe gaan sy tenk volkom, belaglik.

Johan ·

Ekt dieselfde probleem, tap nou maar uit die kar want die bakkie is diesel.

Pieter ·

Hoe moet ons vuurvegters aandryf? Gaan mobiliteit van vuurspanne verswak. Wys net die kwaliteit van die minister se MBA. Bosasa het seker altyd die minister se gras gesny.

Arno ·

Alles waaraan hierdie regering en sy onbevoegde ministers raak, verander in een groot BOL khhak! Al hulle besluite gaan net oor hulle self en 30 jaar nie meer lank oor ons nie, so diebesluit behoort nie as ‘n verassing te kom nie. Pleks Gwede ‘n paar randjies afstaan en vir hom ‘n nuwe stel onder tande laat maak.

Charl ·

Ploeter voort julle imbessiele ! Red nou ‘n volk, ‘n land, met idiote soos ons liewe “regering”.

Phillip ·

Maak kar vol en tap die bradstof by die uis uit en maak weer kar vol ons het dit op die die plot gedooen tot die staat die grond gekoop het

Boer ·

Ek sal my grassnyer vat en vra maak vol, check die olie en tyres.!!!!!!!!!!!

AH ·

Ons sal seker ook maar jou voorbeeld moet volg en ook die “gennie” moet saamneem! Lol. Ons voertuie gebruik diesel en die generator en grassnyer gebruik petrol.,…

Carina ·

En wat van besighede wat noodsaaklike werk verrig en gebruik maak van kragopwekkers gedurende beurtkrag? En daar word nou reeds weer gedreig met beurtkrag omdat die sisteem onder druk is. Moet ons nou ons besigehede toemaak elke keer as daar beurtkrag is?

Renier ·

Ek bly in Dakar,hier moet jy n permit he om brandstof in houer te kan koop. vir dieselfde rede, brandstigting. so die wat wil goed brand tap maar uit n kar of bike se tenk.

ES ·

Hierdie hele verbod is verregaande. Hulle straf ons omdat hulle nie hulle eie mense onder bedwang an bring nie.

Hierdie land het nou uiteindelik se agterend gesien tot op ‘n vlak waar daar nie omkeer kans is nie…

Jack ·

Ek stem saam met die gedagte maar die toepassing by die pompe dis waar die vuurmakers altyd wen want hulle beman reeds die pompe. Kry eers julle wetstoepassers in orde want dis waar die land se groot probleem le. Met die hordes wetteloses in die land moet jy sterk wetstoepassing he anders word jy oorstroom soos wat pas bewys is. Elke slag as wetstoeppassing faal word n nuwe wet gemaak om vryheid van beweging vir die man op straat verder te beperk. Dink maar aan spoed klokreel drank rook ens. Klink baie soos die dae van apartheid.

VaalDonkie ·

Sal maar petrol uit my vrou se kar suie as ek die generator nodig het. (toemaar, dis ek wat die petrol in haar kar betaal het)

Jacobus ·

Hierdie moet afgaan as een van die mees idiotiese maatreëls . Tragies is die feit dat in MBA studies die”was as”vraag altyd in eninge oplossing teenwoordig moet wees. Wonder maar net!

Hendrik ·

Die regering se besluite is soos ‘n taxi wat ‘n U draai maak op ‘n blinde hoogte. Geen behoorlike denke, alles impulsiewe besluite.

Stefaan ·

Net weer ‘n bewys dat hulle nie logiese besluite kan neem nie.

Johan ·

En dan kom AgriSA en vra vir meer regulasies…wat gaan dit help.

andre ·

Het Tina Joemat- Petterson nou nog nie ons olie resewes teruggegee nie ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.