Verbod op Durbanse grafstene opgehef

grafsteenʼn Verbod wat roubeklaers beperk het op dit wat op hul geliefdes se grafte in Durban geplaas mag word, is opgehef, het The Witness Maandag berig.

Volgens die berig het die eThekwini-munisipaliteit die verbod in 2011 ingestel om enigiets groter as ʼn gewone grafsteen op ʼn graf te plaas in ʼn poging om ruimte in die stad se begraafplase te spaar.

Tozi Mthethwa, woordvoerder van die munisipaliteit, het gesê die verordening is herroep nadat die munisipaliteit verskeie klagtes van inwoners ontvang het wat groter grafstene vir hul geliefdes wou oprig.

Die besluit is deur grafsteenvervaardigers verwelkom.

Die grafsteenvervaardiger Swiss Stone het gesê hy is gedwing om personeel af te lê weens die verbod. Jatin Bhoola, Swiss Stone se eienaar, het gesê groter grafstene is in die “middernagtelike ure” deur onwettige kontrakteurs opgerig wat deur gesinne betaal is in ʼn poging om te verseker dat hul geliefdes behoorlik vereer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.