Verbod op invoere uit SA weens bek-en-klouseer

Argieffoto: Hartebeestloop

Botswana het ʼn onmiddellike verbod geplaas op die invoer van gekloofde hoefdiere en produkte van dié diere uit Suid-Afrika nadat bek-en-klouseer in Limpopo aangemeld is.

Gekloofde hoefdiere vanuit Suid-Afrika mag ook nie Botswana lewend binnegebring word nie, nie eens op ʼn deurreis nie, het die buurland se departement van landbouontwikkeling en voedselsekerheid gesê.

Khaye Nkwanyana, woordvoerder van Suid-Afrika se landboudepartement, het vroeër gesê monsters is geneem nadat hy in kennis gestel is van vee in die distrik Vhembe in Limpopo wat mank lyk. Volgens Nkwanyana is dié gebied net buite die beheerde gebied vir bek-en-klouseer.

“ʼn Span kenners van die departement en provinsiale veeartsenydienste is besig om verder ondersoek in te stel ten einde die resultate te verifieer en die omvang van die uitbreking te bepaal. Die beheermaatreëls sal bepaal word deur die bevinding van die ondersoek.”

Die voorval is by die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid aangemeld. TLU SA se Noordstreek het intussen die nuus oor die uitbreking met “uiterste skok en magteloosheid” begroet.

Henk van de Graaf, TLU SA se streeksvoorsitter, het gesê binne die Limpopo-dieregesondheidsforum, waar hulle ʼn aktiewe rol speel, word die afgelope twee jaar reeds gewaarsku teen so ’n gebeurtenis en watter invloed dit op die landbou-ekonomie in Limpopo sal hê.

“Suid-Afrika het hard gewerk om weer ons bek-en-klouseer-vrye status terug te kry. Dis nou weer opgeskort en niemand sal kan sê wanneer die gebied weer vry verklaar sal word nie. Suid-Afrika verloor nie net sy bek-en-klouseer-vrye status nie, ons verloor ook daardie klein segment op buitelandse winkelrakke,” sê Van de Graaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Karolis ·

Ek het nuwejaarsvoornemens om positief te wees en gaan daarom nie hierop kommentaar lewer nie.

IK ·

Om dit reg te maak het die ANC gelukkig 107 jaar aan hul kant. Op die oomblik meer bek as klou . . .

Rooi Jan ·

Fantastiese nuus so vroeg in die jaar. Die ANC het darem so n good news storie om te vertel. Kan nie wag vir CR om die naweek vir ons te vertel hoe wonderlik die nuwe SA darem onder die ANC is nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.