Verbod op ondersoekende seekatvangste opgehef

Die minister van omgewing, bosbou en visserye, Barbara Creecy. (Foto: Brendan Magaar/ANA)

Barbara Creecy, minister van omgewing, bosbou en visserye, het toestemming gegee dat die tydelike verbod op ondersoekende seekatvangste in Valsbaai opgehef word.

Die opheffing tree volgende Vrydag in werking.

Die verbod is in Junie vanjaar ingestel ná kommer dat walvisse in visgerei verstrengel geraak en gevrek het. Die opheffing gaan gepaard met lisensievoorwaardes wat vissermanne dwing om maatreëls daarteen te neem.

Die departement sê daar is besluit om die verbod op te hef ná oorlegpleging met wetenskaplikes en kundiges in die bedryf.

Die verbod sal heringestel word as daar binne die volgende twee maande twee of meer verstrengelingsvoorvalle van suidelike noorkappers of boggelwalvisse plaasvind.

“Dit is uiters belangrik dat die vissery en al die betrokke partye alles moontlik doen om te verseker dat nie net die vissery suksesvol is nie, maar ook die omgewing waarbinne dit bedryf word,” het Creecy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Ek verstaan nie mooi hoe walvisse in hengel-gerei verstrengel raak nie? Dis seker ellelange nette wat daarvoor sorg? Verder — wat is “ondersoekende seekat- vangste”? Word net die nuuskieriges gevang?

Francois le Cochon ·

Nee, dit is km lange toue met stukke pyp of “blompotte” wat op die see bodem le. Die seekatte kruip dan in die pype of “blompotte” in, en word dan opgekatrol.

MH ·

Wat is ondersoekende seekatvangste? Miskien kan Maroela Media ons inlig.

Attie. ·

MM ek wil julle nie leer nie maar lees eers die nuusberig deur voordat julle dit plaas. Ek en ander weet nie wat julle probeer se nie. Groot asseblief.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.