Verbod op pitbulls ‘nié die antwoord’

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Moenie die eienaarskap van pitbull‑terriërs verban nie, keer eerder die sogenaamde agterplaastelers en onverantwoordelike, onkundige eienaars.

Só sê aktiviste vir pitbull‑terriërs nadat ’n petisie teen die eienaarskap van dié honderas in Suid-Afrika twee weke gelede die lig gesien en al byna 35 000 handtekeninge ingewin het. Die Sizwe Kupelo-stigting vra met dié petisie vir ’n onmiddellike verbod op die eienaarskap van pitbull‑terriërs.

Nog ’n petisie wat pleit om die honderas te red, word intussen ook versprei. Dié petisie het binne dae al byna 6 000 handtekeninge ontvang.

Maar wat sê die kenners?

Die Pitbull Federasie van Suid-Afrika (PBFSA) en die Coalition of African Animal Welfare Organisations (CAAWO) glo albei ’n verbod op die honderas is nie die antwoord op die probleem nie.

“Selfs al word die ras verbied, kan mense steeds pitbull‑terriërs op die sogenaamde swartmark kry,” sê Tozie Zokufa van CAAWO. “Dit word eerder sterk aanbeveel dat elke pitbull-eienaar opgelei word oor hoe om die honde te hanteer. Pitbulls is oor die algemeen slim, lojaal en gehoorsaam, maar as hulle nie goed opgelei word nie, kan hulle ’n uitdaging word. Pitbull-eienaars moet ook toepaslike wetgewing sowel as die verordeninge van toepassing op die gebied waar hulle woon, gehoorsaam.

“Strenger verordeninge vir eienaars sal beter wees as om die ras te verbied,” sê Zokufa.

Lehanda Rheeder, woordvoerder van die PBFSA, sê die regering behoort strenger wetgewing in te stel om die aanhou en teel van honde te reguleer. Sy sê wetgewing beskerm in dié stadium slegs die persoon wat deur die hond gebyt word en daar word geensins voorsiening gemaak vir maatreëls wat die voorval sal verhoed nie.

“Ons almal het dieselfde einddoel en dit is om die bytvoorvalle, verskeurings en sterftes te keer.”

Rheeder sê die PBFSA praat al 20 jaar lank oor die probleem van onverantwoordelike telers. “Hierdie honde word verkeerdelik as waghonde geteel, terwyl hulle eintlik bedoel is om mense se metgesel te wees.  Die doel van ’n pitbull was nooit om aggressief teenoor mense te wees of om as beskermingshond op te tree nie. Hulle is aanvanklik geteel om tot die dood met ander diere te baklei. Die mens draai die aggressie wat só ’n hond van nature teenoor ander diere het, na aggressie teenoor mense.

“Dít is waar dit in Suid-Afrika skeefgeloop het.”

Volgens Rheeder is ʼn pitbull ʼn verskriklike goeie vegter met ongelooflike uithouvermoë.

Sy meen dit is hoekom dit soms voorkom of dit net pitbulls is wat mense aanval omdat die trauma daarvan so ongelooflik groot is. “Ander honde byt ook, maar jy gaan nie dieselfde beserings opdoen wanneer ʼn chihuahua jou byt as wanneer ʼn pitbull jou byt nie.”

Estelle Smith, stigter van die Underdogs SA Pitbull‑rehabilitasiesentrum en ’n hondegedragskundige, is ook van mening dat die honde verkeerd geteel word. Die sentrum red en rehabiliteer mishandelde pitbull‑terriërs voordat hulle by nuwe en verantwoordelike eienaars geplaas word.

“Pitbulls is nie aggressief teenoor mense nie. Hulle word aggressief teenoor mense gemaak.”

Smith, wat van talle gru-verhale van mishandelde pitbull‑terriërs kan getuig, sê die probleem begin by onverantwoordelike telers wat nie met opregte pitbull‑terriërs teel nie.

Indien ’n pitbull‑terriër wel sy eienaar sou takel, “moet jy kyk wat die eienaar gedoen het,” sê Smith. “’n Hond sal nie sommer teen sy eienaar draai as jy hom reg behandel nie. Dan is dit die verkeerde eienaar.”

“Jy moet onthou dat ’n pitbull‑terriër nie vir almal is nie. Hulle het baie energie en is ’n metgesel. Hulle is nie daar om jou eiendom te beskerm nie. Wanneer hulle in die huis slaap en deel van die familie is, behoort jy nie ’n druppel se probleme te hê nie.”

Smith sê pitbull‑terriërs hou nie van raserige huise nie. Eienaars behoort dus eers geëvalueer te word voordat hulle ’n pitbull‑terriër kan aanneem, terwyl hondegedragskundiges se hulp ook ingeroep moet word.

Pitbulls hou ook nie van gemengde honderasse in sy huis nie.

“Mense moet baie beter opgevoed word voordat hulle ʼn pitbull as ʼn troeteldier inneem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

78 Kommentare

George ·

“behoort jy nie n probleem te he nie” se dit vir die talle babas en kinders wat deur hierdie sogenaamde “liefdevolle” brakke dood gebyt is.

Perdeby ·

Maak jou hond reg groot dan sal sulke goed nie gebeur nie. My kinders het met 2 groot geword en nooit so ‘n probleem gehad nie, maar ons het wel nou ‘n klein Doberman wat van kleins af verniel was en saam met groot honde buite moes eet en slaap, en ja daar is verseker ‘n probleem met haar persoonlikheid, wan tsy hap kort kort na my kleinseun., so enige hond wat nie reg groot gemaak word nie kan geniepsig wees.

Antie Sarie ·

Ek sal selfs n bydrae maak om die ras te laat uitsterf

Antie Sarie ·

Dalk moet eienaars reggemaak word. Want duidelik gebruik hulle nie hul verstand nie.

Grens ·

Stem saam jou, die reg groot maak ding hoor ons die heel tyd, dan byt hulle nog.

Nici ·

Ek stem. In Australie is daar ook beperkings op hierdie diere.

Koos 100 ·

Ek stem. Ek het nog nooit ‘n pittie gehad nie maar wel ‘n paar boerbulle. Boerbulle was ook op ‘n staduim in die spervuur omdat hulle mense gebyt het. Enige dier kan gevaarlik wees, soek die fout by mense, nie die diere nie!

Dup ·

Pitbulls kom nie goed oor die weg met ander mense en honde nie.Uiters gevaarlik.

Christelle ·

Nope, dit is hoe jy hom grootmaak en sosialiseer soos met enige ander hond

Antie Sarie ·

Christelle. Jou redenasie is al vervelig en menigmaal verkeerd bewys. Gewoonlik ten koste van n onskuldige kind.

piet ·

Baie swak met vreemdelinge. Net nou die dag gesels ek met ‘n vrou hier naby my waar ek stap. Ek het nie geweet sy het een van die ongediertes nie en dit was ook nie lank nie toe kom meneer PB aangehardloop en begin vir my te grom. Toe weet ek dis nou hoop die mal ding val my nie aan nie want sy sal hom beslis nie kan keer nie.. Sy se toe nogal vir my nee die hondjie sal niks maak nie hy is so vredeliewend. Ga, ek se toe maar ek loop maar eerder. Hoe vinniger van hierdie mensvreters ontslae geraak word hoe beter. Definitief nie ‘n hond wat vertrou kan word nie. As sy baas nie by is nie gaan hy jou beslis aanval.

Pierre ·

Verbied karre sommer ook dan is daar minder ongelukke selfde redinasie, dit het niks met die objek te doen nie maar die mensDOM

Vrijburger ·

Ek stem. (In die VSA kan jy nie inspuitings & naalde koop sonder ‘n dokters voorskrif nie agv die dwelm probleem.)

Windhond ·

N kar het nie n brein wat kan besluit nie – dis belaglik dat jy so redeneer

Se maar net ·

Dis nie die honde nie maar HOE die eienaars van hierdie honde hulle groot maak, en dit tel vir enige ander groot honde rasse.

Antie Sarie ·

Niemand kan waarborg dat dit so is nie. Want liefdevolle hondekinders het in sekondes moordmasjiene geword

piet ·

Snert, hierdie honde het inherente “aanvalsinstinkte”. Jy kan hom oplei soos jy wil, daai kop haak net eendag uit en dis nag.

VaalDonkie ·

My rifrug is ook baie liefdevol en als, maar daar is EEN spesifieke persoon wat baie by ons kom kuier van wie hy net glad nie hou nie. Dis ‘n familielid wat vriendelik en eerbaar is. Maar die hond wil hom net nie aanvaar nie. Die hond is darem nog net 4 maande oud, so dis maar net “snaaks”, maar ons gaan ‘n probleem he indien hierdie familielid ooit by die huis opdaag en ek of my vrou is nie daar om hom te beheer nie (daar is 5 volwassenes in ons huishouding). Ek weet dit. Dus sal ek altyd bedag wees daarop. En ek het spesifiek ‘n rifrug gekies omdat hulle liefdevol en beskermende karaktertrekke het, maar skugter is vir vreemdelinge. Dis in hul gene.

Wolkie ·

As die dier reg groot gemaak word, is daar nie ‘n probleem nie. Net soos met kinders. Dit laat my baie wonder of die ras nie vir ander redes verband word nie. Ek meen, daar word nie sommer by ‘n huis ingebreek waar pitbuls is nie…ek wonder maar net….

George ·

ja want die eienaars moes reeds die honde uitsit omdat hulle mense aangeval het.
Ek sal graag wil sien waar jy die statistiek sien?

Nommer 7 ·

Wolkie, presies, want almal weet hierdie honde is nie troeteldiere nie, behalwe onskuldige kinders.

Blue0404 ·

My pitbull is definitief ‘n afskrikmiddel. Hy is meer blaf as byt. Hy weeg 40kg en word geboelie deur my 1,8kg miniatuur doberman …. Sê maar net

Zoey ·

Waar kry ek die petisie om die honderas te red? Ek wil dit graag teken. Mense is oor die algemeen swak ingelig oor enige honderas. Ek het worshonde, en glo my, daai kleine goedjies het al self ‘n paar mense gebyt – om hulle erf en mense te beskerm. Ek het vriende en familie met pitbulls, en hulle is wonderlike honde. Ek het ongelukkig al oor die jare agtergekom dat veral swart seuns met hulle pitbulls op toue in die strate loop. En hulle het geen beheer oor die dier nie. Dieregedrag word nie goed genoeg erken in SA nie. Net soos ‘n kind, moet ‘n hond geleer word wat is reg en wat is verkeerd. En net soos jy kind na ‘n sielkundige of ander berader sal neem, moet ‘n hond na ‘n dieregedrags konsultant geneem word as jy probleme opmerk. Maar ons Suid-Afrikaners wil nie betaal daarvoor nie. Maak dit wet dat jou honde gesteriliseer moet word en dat geen pet shop honde en katte mag verkoop nie. En leer kinders om nie honde te loop en tart nie.

Antie Sarie ·

Geen worshondjie het nog ooit n kind middeldeur gebyt nie. Volgende verskoning?

Jenny ·

Ek hou nie van Pitbull honde nie, met die wat ek al te doen gekry het, wou mense aangeval, nee wat hulle kan hulle maar verban uit SA. Ek was genoeg kere deur ‘n hond gebyt en as ‘n hond eers byt raak ontslae van hom. Dit maak nie saak watter ras die hond is nie. As ‘n hond nie van nie-inwoners of ander diere hou nie raak onslae van daardie hond, ek sê beter jy raak ontslae van so hond as wat so hond ‘n kind byt op die ou einde. Ons het ons honde nooit aggresief groot gemaak nie want ons wil almal in vrede saamleef.

Helma ·

Ek dink ook nie n verbod is die oplossing. My opinie is dat lisensiegelde vir diere eienaars weer n instelling moet word, inspeksies by wonings ens. gedoen kan word wat sommer kan help om teëlery en mishandeling stop te sit. Ons kan ophou met aanhouding van ongewenste troeteldiere waarvoor mense nie kan sorg nie en mishandel.

Helma ·

Skuus ek wou ook net byvoeg dat ek eerder jaarliks
‘n lisensiegeldjie vir my diertjies sal betaal wat vir n goeie doel gaan, voor ek n tv lisensie sal betaal.

Francois ·

Hef lisensie geld vir die eienaars van gevaarlike honde.

Leon ·

Ek sien almal noem dat die honde nie reg hanteer word nie, maar daar was nou 2 weke terug in die VSA ‘n geval waar 9 jaar oue pitbull wat as “saggeaard” beakrywas skielik twee kinders gedood het en die ma in die waakeenheid in gebyt het. Die honde is nie te vertrou nie en kan na jare skielik omswaai en ‘n moorddadige monsters verander. Dit is beter vir almal se onthalwe dat hulle verban word, mense vat ‘n kans en dit is reg maar as jou hond ander mense se kinders byt is dit ander mense wat met die volg moet deel. Verban so gou as moontlik!

George ·

Se ek ook Leon, hierdie “dis die eienaars en nie die honde nie” wil net nie die waarheid sien nie.

Lillian ·

Diere is onskuldig, soek eerder die probleem van die diere se gedrag by die mens.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die eienaar se gedrag help niks wanneer daai hond jou bestorm.

Pampoen ·

Daar is net een manier: hou eienaars van honde persoonlik aanspreeklik. Met ander woorde as jou hond iemand doodbyt gaan jy tronk toe vir strafbare manslag.

Antie Sarie ·

En hoe gaan dit die slagoffer en familie baat? Of is dit nie belangrik nie?

Onnie ·

Mense in SA gaan skaars tronk toe vir moord, hoe gaan die SAPD dit bekragtig?

Windhond ·

Dan is dit te laat – huidiglik is jy alreed persoonlik aanspreeklik – hulle sal nie die hond aankla nie

Stoffeltjie ·

Ek stem heeltemal saam dat Pitbulls nie van gemengde honderasse hou nie, eintlik geen ander honderas nie.

Antie Sarie ·

Partymaal is die bure se kinders wat in die straat speel ongewens?

Nicky ·

Wat van die 2 maande oue baba wat in 2020 deur pitbulls doodgetbyt is? Hoe kon daardie baba iets verkeerd aan die hond gedoen het? Sy kon nog nie eers regop sit nie?

Nommer 7 ·

Nicky, pitbull eienaars sal met jou verskil. Dit is altyd die slagoffer se eie skuld.

Johan ·

Ek is n Pittbul eienaar, het tans my 3de 1.
My eerste 1 was vreeslik mishandel en sy het n liefdevolle huis kom kry. Sy het voor my kleinkind met Down sindroom se bed geslaap en daarvan gehou om sy voete te lek.
Die 2de Pittbul het siek geword en sy moes uitgesit word.
Hierdie 1 wat ek nou het hou daarvan om deur die huis te stap en weer buite te lê.
Ja, sy hou nie van vinnige beweging nie (vra die dief wat oor die muur gespring het) en sy hou nie daarvan as daar teveel woelinge is nie. My kinders se Austalian Shepherd is nou ook hier en ek kom agter dat sodra die Shepherd teveel blaf, gaan lê sy op n ander plek.
My vrou het 10jr n haarsalon van die huis af bedryf en geen kliënt het nie van haar gehou nie. Sy het die kinders se aandag ook baie geniet.
My persoonlike ondervinding: lojaal, liefdevol met wedersydse respek en n hond wat ek weet ‘got my back’
Love my Pitbulls, vir altyd

Piet ·

Mag hul eienaars dieselfde lot he, want dis waar die moeilikheid begin. ‘n Pitbull wat reg grootgemaak word is een van die mees gehoosaamste honde wat jy kry. Ek het ook oogklappe aangehad, tot ek dit met my eie oe gesien het.

Wonder ·

O nee kyk arme honde hull het net soos babas nie gevra om hier te wees nje…
Ek het n pitbull nog nooit vir niemand gegrom.o geblas of snaaks oo getree teenoor ander nie masr ek moet se ek tenminste 3-4 ure deur die dag besig met hom.leer hom, speel met hom ens al vir wie hy agresief word is vir die mense langsaan se spaniels is di nou vir mens n irriterende hond hy kom na my muur toe om met my pitbull moeilikheid te soek, en n pitbull sal sy eie lewe vir jou gee wanneer jy hom reg groot maak, meeste mense kry pitbull en los hull gee nie aandag nie miskien vinnig n vryf en dan is dit klaar dis wanneer hull dink hull moe elke jan rap en sy maar verskeur want hulle kry nie genoeg aandag van hull eienaar a nw die arme hond begin dink hy moet net die erf beskerm op die ou einde van die dag dan word die eienaar ook gebyt want hy moet die yard beskerm…

Onnie ·

Ek het lanklaas so n klomp onsin gelees. Baie min van wat hier bo staan is feitlik waar. Estelle Smit ken dalk die soort honde, maar het sy wetenskaplike- en sosiale studies uitvoer en bewyse gedokumenteer? Mense moet versigtig wees om hul self uit te gee as kennels, oningeligte mense mag dalk net jou raad volg en die verkeerde resultate kry – dodelike resultate.

Herman L ·

Kyk in die nuus hoeveel berigte is daar van mense wat deur Pitbulls aangeval is in vergelyking met ander rasse. Dit is voldoende navorsing.

piet ·

Waar kan mens die petisie onderteken ter ondersteuning van die verbanning van die ongediertes? Jy moet weet dat wanneer die dierebeskermingsvereniging self die petisie ondersteun dan is daar ‘n massiewe probleem. Petisie opgespoor en onderteken. Meer as 35000 het al onderteken.

VaalDonkie ·

Doen sommer Rottweilers ook. Mense wat hulle aanhou doen dit net omdat hulle aggressief is. En eendag kom hy uit die erf uit, en dan byt hy iemand op straat. Soos wat met my gebeur het. Gelukkig was ek 18 jaar oud en kon myself verdedig.

Sonneblomkind ·

Ek stem dis nie die HOND NIE. JY AS EIENAAR MOET VERANTWOORDELIKHEID NEEM. Veebod gaan nie help nie. Dan kan ons DRANK OOK VERBIED…DIT MAAK OOK MENSE DOOD

Antie Sarie ·

Ek sal geen probleem he as drank verbied word nie. Maar die artikel gaan oor moord “honde”

Janine ·

Frik, Pitties is NIE waghonde nie. Dis familiehonde. Hulle moet deel van jou gesin wees. En ja, EK het vir baie jare Pitties gehad, met 4 klein kindertjies wat almal nou al groot is. Sonder dat een van my honde my kinders verskeur het!

Nommer 7 ·

Janine, ag jouself gelukkig. Die risiko was elke dag daar. Ander mense met hierdie “liefdevolle” honde was nie so gelukkig soos jy nie.

Boer ·

Ek het ‘n pitbull en hy is n’liefde volle hond wat daarvan hou om te speel en saam ons in die midae te stap. hy slaap ook saam my seun in die bed. Hy is lekker bedref en ‘n mooi hond wat ek nie van kant gaan maak nie.

Danie ·

Dit is mos jou keuse wat se brakkie jy wil aanhou.Bly dan weg en hou kinders weg van honde wat gevaarlik kan wees.Dit is mooi honde maar nie my keuse nie.

gatgogga ·

Nou verduidelik bietjie vir ons: Wanner jy ‘n hond wil aanskaf, wat laat jou besluit dit moet ‘n pitbull wees?

Meisie ·

Sien maar meeste mense weet nie die geheim is dat jou woef deel is van die familie nie, meeste mense is ook nie gepla om navorsing te doen op honde nie. Almal soek honde vir beskerming, maar niemand wil met hulle speel of gaan stap nie.. Maak hom in die erf toe en dis mos nou goed genoeg.. Ek sou ook in my glorie in frustreerd wees as ek heeldag aldag vir my hele lewe in ‘n erf moes bly en rondtes doen.

Ons het n varkhond gehad wat alles in sig gekou het, van karre se bumpers tot tuinslange, maar as ons net 1 uur n dag afgenyp het om te speel of gaan stap was sy die soetste ou dingetjie!

As jy nie met ‘n groot woef wil speel nie omdat hulle te rof is moet jy maar vir jou ‘n kleintjie kry..

QueenB ·

Die hond is soos n baba as mamma en pappa nie babas het nie en daar kom skielik een is dit moeilik vir die hond dat sy aandag nou meer gaan na die nuwe baba kry eers baba dan pitbull en hou een op n slag aan want as hul twee is, is hul meer geneig om aan te val

Republikein in die Wes Kaap ·

Instede van ‘n nasionale versoekskrif, vra jou plaaslile munisipaliteit om die ras te verban. Knysna het dit al 20 jaar gelede gedoen.

Antie Sarie ·

Knysna munisipaliteit het breinkrag. Gauteng se werkers laat pitbulls na Albert Enstein lyk.

ditiswatekdink ·

Die laaste kind wat doodgebyt is, was 10 jaar oud, die 2 x Pitbulls het in die huis gebly en was familie honde.
Die 2 x honde, kind en grootmense was in die kombuis toe die aanval gebeur het.
Ek aanvaar dat die honde nie iemand in die huis voorheen gebyt het nie, daarom was die honde welkom in die kombuis.
Kom ons aanvaar dat die honde n paar jaar oud was, en dat hulle nie baba Pitbulls was nie.
Die kind het saam met die honde gebly vir n paar jaar, voordat hulle hom aangeval het.
Die kind was 10 jaar oud, so kom ons se die honde was 3 tot 4 jaar oud.
Hoekom het hulle die kind dan eers aangeval na n paar jaar ?
Vir my het GEEN hond die reg bokant die lewe van n mens nie.
Almal wat altyd die Pitbulls se kant verdedig, gaan maak gerus n draai by die gebroke familie en vriende van kinders wat dood gemaak is.

Wendell ·

Hoeveel mense word dood gemaak deur diere in ons land. Hoeveel mense sterf agv kar ongelukke? Hoeveel sterf agv wreedaardige moorde elke dag. My eerlike opinie is haal die balk uit die oog wat pla voor die splinter op ander plekke probeer uitgehaal word. Die vergelyking kan glad nie geskep word tussen diere en mense wat mense lewens eis nie. Teken maar die petisie, ek voel net die petisie is vir die verkeerde doel.

Blikkies ·

Ek kry eerder ‘n paar ordentlike Pit Bulle om my huis op te pas en sommer die ongenooides uit te hou. Moenie hulle verban nie.

ditiswatekdink ·

Hoe gaan lisensie geld n Pitbull stop om mense dood te byt ?
Gaan jy vir jou Pitbull se “Boelie ek moes n lisensie koop vir jou, so moenie iemand dood byt nie”.
En Boelie gaan se regso.

Nellene ·

Die feit bly staan hulle is ‘n gevaar in ons samelewi ng. ‘n Honderd pitbulls is nie een kind se oor werd nie.

007 ·

Dan moet ek van my poedel ook ontslae raak. Sy byt erger as Milo ons pitbull.

Rose ·

Ek het nou terug gesit en vir dae lank net al die kommentaar gelees. Ek is n pitbull eienaar. Dis my 3de een. Ek het nog nooit een van my pitbulls sien draai op enige mens nie. My pitbull is altyd op n harnas en n leash as ons in die straat in gaan. Ek het kinders wat oor my mure hang en my hond terg en ek het nou al meer as 8 keer met hulle en hulle ouers gepraat daaroor. So as my hond daai kind gryp omdat hulle tegnies in sy yard hang en hom terg neem ek aan dis dan ook my hond se skuld? Ek 2 seuns , en hulle is baie goed bewus hulle mag nie hulle hande lig vir hom nie, hulle mag hom nie terg nie ens. Hy word opgelei, hy gaan vir sy opleiding elke maand. Ons “mensvreters”soos van julle hulle noem is meer as net n hond vir ons. My beste vriend is my Pitbull, dis ook my kinders sin. Moenie die hond blameer oor wat die mensdom besig is om te doen nie

Sonneblomkind ·

Dits maklik die dag as jy Audi R8 koop behoirt jy n kursus te loop om die kar se spoed te kan hanteer…so as jy n pitbull koop maak seker waar en wie is sy pa en ma en LEER OM JOU HOND TE BEHEER EN KRY OPLEIDING. DIE MENS MAAK HULLE AGRO. Boerboele was ook op n stadium op die lys….dis hoe JY AS EIENAAR JOU HOND HANTEER EN JA JY MOET VERANTWOIRDELIKHEID VAT

Sonneblomkind ·

Ek soek ook die artikel om die honde ras te red. Dis die eienaar wat die hond moet hanteer. My pa was n Hondeman en het hul geleer. Ek het by hom geleer. Pitbulls moet geleer word en hul leer vinnig en sal hul lewe gee vir jou. so verbod gaan nie help nie

Wonder ·

En die ergste ding wat mens doen is om hull roetines te leer bv soos om te dink jyvtreat hom elke oggend met n biltong of ietsie lekkers en die dag wat jy nie daai roetine gaan na kom nie gaan die hond ook nie gelukkig wees nie, selfse as kinders as jy hom elke dag n leeker gaan gee en een dag nie kan nie gaan daai kind ook ongelukkig wees, moet hull nie gewoond maak aan goed nie.

Gert ·

Ek het self die petisie geteken. Ons stemme staan nou al mooi sterk

Debbie ·

Ek dink Pittbulls en enige gevegshonde moet verban word. Daar is net te veel gevalle waar hierdie tragiese voorvalle gebeur.

Karina ·

Jare terug het die Alsations deur dieselfde ding gegaan. Maak jou dier met liefde groot, versorg hom/haar goed. As jy ‘n dier gereeld slaan en met hom raas, gaan hy aggressief begin raak. Wat van die klein hondtjies, die skootsittertjies, wat jou aan die hakke byt en nie laat los nie. Hulle is ook dan gevaarlik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.