Verbod op sporttoernooie in SA oor transformasie

Sportminister Fikile Mbalula. Foto: Flickr/GovernmentZA

Sportminister Fikile Mbalula. Foto: Flickr/GovernmentZA

Fikile Mbalula, die minister van sport, het Maandag aangekondig die vier hoof-sportfederasies – die Suid-Afrikaanse Rugby-unie, Krieket Suid-Afrika, Atletiek Suid-Afrika en Netbal Suid-Afrika – mag nie gasheer speel vir enige groot internasionale sportgebeurtenisse in die land nie, aangesien hy meen hulle het nie hul transformasieteikens bereik nie.

Die aankondiging volg op die onlangse uitslae van die derde Eminent Persons Group se 2014/2015 verslag oor transformasie in sport.

“Ek het daarom besluit om die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (SARU), Krieket Suid-Afrika (KSA), Atletiek Suid-Afrika (ASA) en Netbal Suid-Afrika (NSA) se voorregte om enige groot internasionale toernooi in Suid-Afrika aan te bied, te herroep omdat hulle nie hul eie transformasieteikens onmiddellik bereik het nie,” het Mbalula gesê.

“Ek sal hierdie besluit eers hersien wanneer ek die uitslae van die 2016/2017-transformasiebarometer ontvang.”

Mbalula het beklemtoon die sogenaamde “groot vyf” van sport, rugby, sokker, krieket, netbal en atletiek, het almal in 2015 vrywillig ʼn memorandum van verstandhouding met die departement onderteken. “Die memorandum is gegrond op die transformasiebarometer met duidelike en vasgestelde transformasieteikens en doelwitte oor die volgende vyf jaar,” het hy gesê.

“Die memorandum baken ook die rolle en verantwoordelikhede van elke party in die ooreenkoms af en stipuleer strafmaatreëls wat geneem sal word indien nie aan die ooreenkoms voldoen word nie.”

Volgens Mbalula het die onderskeie sportfederasies se onvermoë om hul teikens te bereik, dus gelei tot die strafmaatreëls wat nou ingestel word. Hy het verskeie ander strafmaatreëls uiteengesit, wat ook opgelê kan word, wat onttrekking van regeringsbefondsing en politieke ondersteuning vir borgskappe insluit, asook die herroeping van die federasie se voorreg om nasionale kleure deur Sascoc (die Suid-Afrikaanse sport- en olimpiese federasie) toe te ken.

“Ek wil nie hiermee die momentum van die implementering van die transformasiebarometer of die globale mededingende voordeel van sekere federasies en sportliggame onderbreek nie. Ek is egter deeglik bewus van die dringende taak van federasies om spoedig in die rigting te beweeg daarvan om geleenthede van goeie gehalte, wat toeganklik is vir die jeug van ons land, te verskaf,” het hy gesê.

“Sport het ʼn dringende taak om die gefragmenteerde en diep diskriminerende landskap van sport en ontspanning te herkonstrueer deur ʼn verenigde sportstelsel wat deur die waardes van demokrasie, gelykheid, deursigtigheid, demografiese verteenwoordiging, toegang en vermeerderde deelname ondersteun word.”

Volgens Mbalula is die strafmaatreël nie op die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) van toepassing nie, omdat die federasie glo wel sy transformasieteikens gehaal het. Hy het wel gesê hy is teleurgesteld in die swak vordering om sokker ook na voormalige model C en privaatskole uit te rol.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

158 Kommentare

Loeis ·

Hopelik is die sport god se dae van aanbidding sommer ook nou getel. Dis omtrent tyd.

Louis Serfontein ·

Dis onmoontlik om te reageer en by die Marlula Media se Bepalings en Voorwaardes te bly.

Louis Serfontein ·

Interessant is wel dat sokker die swakste doen van al die groot sporte. Hoekom moet ek my buurman ophef: wat staan in sy pad?

Annelois ·

Wie is hy om alleen so besluit te neem. Wil hy nou keurder op elkeen vam die unies wees om te besluit wie maak span of nie. ?Weet hy hoeveel tyd, beplanning en geld alreeds aan sulke toekomstige toernooi spandeer is.? Dit gaan SA se naam WEER groot skade berokken.

Wat-ek-lees ·

Daar is net EEN MANIER en dit is om WEG TE BLY van die byeenkomste en hulle beursies LEEG te maak. Dink julle dit kan gedoen word? Ek twyfel maar bewys my verkeerd.

corne ·

Baie dankie vir die een nou gaan die Rand weer seker lekker pak kry,

Paul ·

Miskien is dit tyd dat die Springbok maar vrygelaat word en noem die rugbyspan die Nguni’s word sodat ons kan ophou huil oor sport. Indien hy dit regkry om die WB rugby toernooi hier aan te bied moet ons ouens die wedstryde waar die buitelandse spanne speel, gaan bewoon en die waarin die Nguni’s boikot.

Blouste ·

Cut your nose to spite your face! Ons ekonomie is juis so sterk so ons het nie enige toerisme nodig nie?

maritz ·

Nou ja daar gaan ons rugby . Lee stadions , 50 st in die wereld net soos bafana bafana . Baai MNET . So verloor almal geld . Lekke man lekke

DMC de Koker ·

Kom ons wees eerlik, sport is eintlik inelkgeval deesdae net ‘n afgod. Pla my nie in die minste nie. Hy gaan inelkgeval net hulle eie sakke leegmaak.

Tom ·

Sport boekies en dobbelary bepaal in elk geval die meeste van die uitslae. Ek kyk nie meer tennis of krieket oor al die geknoeiery nie.

Cobus ·

Hoop saam met paar bogenoemde persone dat die sportgod val in hierdie land!

Kobus ·

Ek verwag dat die Internadionale Rugby Raad Suid-Afrika buitendien gaan skors om aan internasionale toernooie deel te neem agv die kwotastelsel.

Spioen ·

Kobus…ek hoor jou. Maar hoeveel keer het mense saru gaan verkla aan die irb en niks het gebeur nie…solank Hoskins deel is as ek reg onthou vise president van die irb is gaan daar niks van kom nie. Hoekom boilot Aus en Nz ons nie…want ons betaal daardie spelers se salarisse.

My bydrae ·

Dis ‘n skande en skending van nenswregte dat ‘n speler nié op mériete nie, maar op velkleur en ras gekies moet word om ‘n span te verteenwoordig.

Poplap ·

Wonderlike nuus!
Wie wil in alle geval ‘n spul kwota spelers sien rugby, krieket ens speel.
Kry vir julle!!!

schalk ·

Nog nie, ons moet twee en n halwe wit spelers in die span he.

Jan ·

Shame!!!! Hulle weet nie wat hulle nie weet nie. En sal nog baie jare lank vat om te weet

ruslou koorts ·

Frikkie grapjas. Dink iemand ooit dat die ANC n kans sal laat verby gaan om n wêreldtoernooi te laat verby gaan. Hulle is te lief vir geld.

Devon ·

Nog n knou vir toerisme. Sterkte vir n land se ekonomie wat binnekort tot gemorsstatus sal daal!

bok-bok ·

Moes lankal gebeur het. Puik swart spelers sit en word koud terwyl die sportunies voete sleep met transformasie. Genoeg is genoeg.

Marius ·

Ag siestog. Probeer jy liberaal wees? Dit ten koste van jou eie mense en land. Afrikaner pseudo-liberale is regtig vir my die laagste vorm van veraad in hierdie land.

Theo ·

Wat lagwekkend is, is die feit dat ASA ook deurloop. As jy nie vinnig genoeg is of hoog genoeg kan spring nie, hoe op aarde kan jy gekies word????

Ou Lood ·

Aag nou ja,dit beteken ek gaan maar weer moet trou,en dan elke jaar n kind he,lekker man lekker.

Bafana ·

So Bafana het sy teiken bereik? En hulle is waar in die wêreld? 300ste???? Die rugby en krieket het ten minste nog ‘n kans gestaan maar nou is dit verby. En dink hy nou ander lande gaan ons nooi om daar te gaan speel as hy hulle “verbied” om hiernatoe te kom. Dis nou tipies wat gebeur as ‘n minister nie op meriete aangestel word nie…

Sarel ·

Is reg privatiseer sport wat buite die land se reels werk… Ons hou ons eie toernooie… hulle kan dan hulle SA sport op Sabc gaan ondersteun.

Xa ·

Dis reg so, laat die nasie die sport afgod los en fokus op opbouende dinge soos eie besighede, familie, vriende, jou self ens. Gee sport weg. Afrikaners het in die vroee 90s ja gestem en die land weggegee hoofsaaklik om internasionaal in sport deel te neem en dit het die Afrikaner nerens gebring nie maar laat ongergaan. Los die sport en focus op welvaartskepping, dit is al hoop wat daar oor is. Dankie minister, jy kan dalk die Afrikaner uiteindelik help om himself reg te ruk!

Christo Visagie ·

Eie besighede,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,waarvan praat jy, tot dit wil die regering nie toelaat as jy nie ‘n swart vennoot het nie. Word wakker, die ANC wil die wit mense total en al vertrap tot hy niks het nie. Alle sport wat die wit mense aanhang wil hulle vertrap,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

noddy ·

Jy’s 100% reg met die land wat vir rugby weggegee is !!! Maar voor ons te bly raak oor afgod rugby wat oorwin word, onthou afgod geld is sterker en sal dit waarskynlik red.

Frik ·

Nou wonder ek wat ou ‘Christo Visagie’ wil he ons moet doen? Ek dink eerder hy moet wakker word! Ek ondersteun jou kommentaar…Christo moet besef, dat vir nou kan ons niks anders doen nie. Die regering wil he ons moet terugslaan, sodat hulle weer rasis kan skree. Ons kaans om te doen sal wel kom. Vir nou moet ons fokus om mekaar en ons self te verbeter.

willie ·

Ek gee nie n continental om nie.. als word vernietig in elk geval… kom ons kyk of hulle andser kwotas die sport gaan kyk…? Sport is in elk geval deesdae n klig, mens weet nie wen of verloor nie.. meeste is omkopery of inmenging… Ek dink in elkgeval intern word daar besluit waar die bekers gehuisves word!

jwk ·

Die buiteland het sport sanksies teen ons toegepas in die 80’s en 90’s op aandrang van die ANC. Nou, pas die ANC dit self toe!! Nie net op ons nie, maar ook op hulle. Hahaha…..Geen wonder meer mense wil nie SA sport ondersteun nie. Soos ek van tevore gese het. ANC mentaliteit: Staan vandag op die stasie en wag vir die trein wat ek gister afgebrand het.

NATIE ·

Net jammer hy noem nie sokker ook nie, daar ook geen transformasie nie. Hy dink nou behoorlik met sy agter kant. Ons land se finansies is so goed op geduiwel, dat om nog n bietjie wat nog kon help, ook in die modder te gooi, nie skade vir ons land nie.

willie ·

Voor ek vergeet, word sekere mense nie ook ondersoek vir tender bedrog met sokker nie??? Rokie vuurtjie…. ents…

wynand ·

Hy skiet so homself in die voet want nou moet hy ook by die huis bly

Gerhard ·

Dit wys vir jou die gehalte van ons ANC ministers. Die verloorder is weereens ons kruppel ekonomie, want sulke gebeurtenisse bring brood nodige kapitaal die land in.maar nou ja laat hulle aan voeter

Lance ·

Niks is goed genoeg nie ….so maak jou span op soos jy wil……en gaan wen ….en die wat wil sport doen … maklik ontrek en gaan speel vir n land wat jou wil he die mense is onvergenoegd en wil net breek wat opgenou was met goeie invloed en met oorleg. Waneer transformeer sokker dan ….wonder ek nou ….en waneer wen hulle tog weer iets …hulle word met n sokkerbal groot ….gedink dit sou baie beter gaan met die sokker …maar nee dit ook n joke

Vaalpiet ·

Dankie tog vir die volgende jaar sal buiteland nie weer ‘n gat van ons maak nie

Hendrik ·

Wonderlike nuus so saam die verkiesing. Die outjie moet pasop dat ons deelname aan die olimpiese spele nie ook in gedrang gebring word omdat hy kwotas so stoot. Kwotas is natuurlik teen die internationale sportligame se reels. Kom ons kyk hoe boomerang hierdie speletjie in sy gesig. :-)

Mielie ·

Nee, hy sal seker maak Piesang Rep is daar sodat hy kan reis en n toffie vir DA wys

Scalla ·

Die werklike rede is daar is nie geld nie weens tender bedrog waarby hy ook betrokke was, net soos alles waar hul in beheer is of probeer wees, gaan alles ten gronde, sokker n puik voorbeeld

louis ·

Word tog net wakker en kyk wat het n ene mnr siener jare gelede al voorspel. Trap die ekonomie op alle moontlikke maniere in sy aartappel in. Die land het nog nie genoeg riool nie. So fokile hou aan tot fokile oor is en jy ook oor is!!! Minder integriteit as hare!

Cobus ·

Dankie minister jy gaan ons almal All Black ondersteuners maak…….en baie van ons is alreeds…….

Hennie Theart ·

O…Mnr Fakile, jy se jy het besluit. Van wanneer af besluit jy? Wat is jou rede? Transformasie se jy. Hoeveel transformasie soek jy? Wat het jy as sport minister gedoen om transformasie te bevorder? Niks!! Ja Niks!!
Maar val sal jy val!!!

Marius ·

Eintlik is hy verantwoordelik vir transformasie in sport. Dit maak my so boos. Gaan kyk maar by enige township skool of daar enige sportafrigting is. Daar is absoluut niks. As die klokke by hierdie skole lui is die onderwysers vinniger weg as die kinders. Dis die probleem. Sport moet van onder af ontwikkel word. Daar is nie eers sokker-ontwikkeling nie, a.g.v. die bitter min belangstelling om kinders behoorlik in skole af te rig. Vir elke een swart rugbyspeler is daar ongeveer 50 blankes wat die sport doen. Hoe kry jy dit dan reg om kwaliteit spelers van kleur te kry as die poel so beperk is? Gaan kyk na jou slap opvoeders en wat hulle doen om kinders te ontwikkel mnr. Mbalula. Gaan kyk na die goed funksionerende laerskole. Almal help selfs vanaf graad R af om die kinders af te rig. Daar is min of geen ontwikkeling van enige van die bogenoemde sporte in die gemeenskappe waar spelers van kleur vandaan behoort te kom nie. My DSTV premium is hoeka gekanselleer. Het dit juis net vir die rugby gehad. Ek dink dis tyd dat meer dit begin doen.

Cobus ·

Ja marius my dstv het ek gestop………so 2 maande terug. Rustigheid in die huis……..

Eddie ·

Het in elk geval al lankal ophou Sport kyk. Is meer opwindend om te sien hoe die ANC hulle naam met n plank slaan en dan ook nog n ses daarby.

MEISIE RADEMEYER ·

Ag weet jullewat. Kom ons boikot alle sport. Laat ons sien waar kom die geld dan vandaan. Laat hulle nou dit ook van ons wegvat. Hulle gaan dit in elkgeval ook opsnork. Dit gaan maar net daaroor om die wittes te onderdruk. Hoekom gee hulle nie vir ons ons eie staat nie dan kan hulle mos met die land maak net wat hulle wil en dit heel termal vernietig.

Justa ·

Sport het ons in elk geval in die eerste instansie in die benarde posisie gesit. Die God sport is mos aanbid. Wie gee in elk geval om.

hans ·

Beskik die minister regtig oor regsbevoegdheid om die sogenaamde besluit te neem en af te dwing. Sal graag wil weet wat die buitelandse regerings wat voor 1994 so baie te se gehad het nou gaan doen,seker niks.

pat aldrich ·

Wat van ipv currie beker die transformasie beker. Wittes se driee tel nie. Rugby gaan n dood sterf.

Tommie Cato ·

As SA geen toernooi aanbied nie, beteken dit eenvoudig die gespuis gaan na waar die toernooi wel aangebied word…..maw dit beteken die verleentheid en sy makkers gaan op ons, die belastingbetaler, se onkoste die wereld plat toer om te gaan sport kyk….

Oom Boerewors ·

Geen DSTV laat my baie spaar, want wie wil tweederangse getransformeeerede sport kyk en dis nou wat jy “employment equity” in sport noem. Alle groot sporte moet buite die top 50 in die wêreld wees en met Proteas op die bors speel!

Johan Pieterse ·

Wat meer kan jy van hom verwag om dit te doen. Hoeveel wittes is daar in sokker. Sy mond is elke keer groot voor n wereldbeker as hy kan vloek. Wys jou net weer.. DIE LEE BLIKKE MAAK DIE MEESTE GERAAS. Hoe “common” kan jy wees.

Kiwi Kind ·

Dis presies hoekom so baie Suid Afrikaners in New Zealand, Australia, UK woon. Hier werk ons, kom bo uit en ons jongmense verteenwoordig n ander land se international team – sonder die rasistiese inmenging en diskriminasie van n onbevoegde minister wat nie weet wat hy doen nie. Sterkte SA!

Pieter ·

As daar in aggeneem word hoe suksesvol transformasie in staatsinstelling soos Eskom. SAL ens was/is dan is ek oortuig dat die transformasie sal ons sport na dieselfde vlakke toe neem – op die bodem!!!

Rina ·

Ek hoop die man lees net die kommentaar – hy gaan alleen sit en sport kyk met sy groooot skerm TV en al! Mors nie meer my tyd om sport te kyk – kry net my sportverslaafde man jammer – neem ook nie spelers kwalik wat hul heil en geld oorsee gaan soek – SA is lus vir groot sports en dis vinniger op pad as wat mens dink! Sports op baie gebiede…….!!

m ·

Gelukkig kyk ek jare nie meer rugby ofenige sport nie. Mens geniet dit maar net nie meer nie want alles gaan oor kleur en lankal nie meer oor wie die beste vir n posisie is nie. Net snaaks dat niemand ooit oor sokker se transformasie praat nie…………………Hoe word kwotas in sokker dan bepaal??…. wonder ma net.

Ferdie ·

Mense het mos in 1988 JA gestem ter wille van sport. Siener van Rensburg het mos voorspel dat sport die afgod nsou word wat alless oorheers. Hoe reg was hy toe nie? Bedaar, mense, sport is tog net ‘n spel. Spandeer liewer geld op ons eie mense wat nie kan werk kry nie en wat nie vir hulle kinders kan sorg nie agv politiek. Dis ‘n ware probleem.

Cherokee ·

As die kat sou kleintjies kry sal julle ook sê dat Siener Van Rensburg dit voorspel het.

Jacobus ·

Cherokee ek hoop maar vir jou part oom Siener is verkeerd want ek sien net swaarkry vir jou as hy is.

Pietertjie ·

Wat het julle oorle’ oompie Van Rensburg gesê wanneer kan ons weer nartjies by Loftus koop, wat nie ‘n arm en ‘n been gaan kos nie.

Wessie ·

Nou toe nou ou Frikie. Se jou wat. Kies sommer nou al ‘n 100% transformasie span en noem hulle die Transformators. Wittes sal wel elders speelplek kry.

Rieks ·

Mnr Mbalula…. wat wil jy nou met ons ekonomie doen? Is die een besluit verlede jaar nie genoeg om ‘n land amper te kelder nie nou maak jy belaglike besluite… RIV Suid Afrika – geen buitelandse valuta – so maak maar die deure toe en ek hoop jy besef jou “gravy-trein” se wiele sal ook afblaas!

Liewe Heksie ·

OMW het nou so lekker gelag vir die dom @#$%^& Hy het n grap gemaak het hy nie

Roger B ·

Rassisme is sy ergste vorm, maar ek dink oorsese deelnemers sal dit ondersteun wat hierdie nar nou kwytraak. Hul is dan mos verseker van oorwinnings, indien hul SA se Mamparras moet aanvat. Die huigelaarsbende, wat so anti-apartheid was, sal natuurlik nou niks doen om hierdie nuwe-rassisme te boikot en te ontbloot nie.

Vrystater ·

Hoe bring mens transformasie in atletiek in? Dis ‘n klug en skande! Ek sou skaam wees as ek per kwotastelsel vir n span gekies word!

SP Viljoen ·

Dis duidelik dat geen impakstudie vooraf gedoen was, oor wat hierdie besluit op ons ekonomie sal he nie. Somme was duidelik nie julle/jou sterkpunt(e) op skool nie.
NS; Onthou die Bokke het tans geen borg(e) nie. ABSA en BMW het mos gehardloop…ek het gehoop dat Olof Berg en Coke sou teken, maar nou nie meer moontlik nie a.g.s. hulle nie internasional blootstelling kan kry nie.

Bruno Stef ·

Ek het net gister geland na n heerlike vakansie van n maand in Perth.Ons rugby spelers kan maar gerus in AUS hulle sport gaan beoefen Western Force kan doen met SA talent dit geld ook vir ander sportsoorte.My kleinkind het so pragtig gevorder in gimnastiek dat sy as deel van n AUS span na Rusland uitgenooi is so Fikile druk jou dreigemente in jou wie weet waar in op.

Jef ·

As jy Mbalula vra …..diffinieer krieket ….dan sal hy antwoord ..auk hys moeilik maar jy kop die bal en dan jy skop hom in die net.

lynette ·

Hoe lees julle mense die berig? Dit se duidelik dat sokker wel hul transformasie teikens behaal het. Maklik want hulle hoef slegs 1 witte in te sit dan is teikens mos behaal.

SP Viljoen ·

Meneer, u het skoon vergeet van Swem, Duik en Waterpolo….

Johann Marx ·

As jy te sleg is om op meriete ‘n span te haal, kan jy in Suid Afrika darem altyd staatmaak op ‘n Minister of twee om jou daar in te boelie…..hahahaha. Fakile potensiaal….

Dup du Plessis ·

………….. dink aan swem ja…….hoe goed sou Ryk Neetling hulle destyds met die Olimpiese Spele gedoen het as hulle 4-man aflosspan “getransformeer” was. Soos wat my kleinbrein vir my se kan jy in Atletiek net 1ste of 2de of 3de wees en moet jy aan sekere standaarde voldoen bv. afstand, hoogte, tyd ens. …….m.a.w. die prestasie kies die atleet en daar is geen kleur diskriminasie nie………so waar val hierdie ou uit………asb. hou die nasionale grap en kode vir die regering sodat private klubs kan begin opstaan……….

Bielie ·

Dit behoort die ander sportsoorte in dieselfde posisie te sit as SAFA. Wen een maal in 10 wedstryde.

pieter ·

ONS NASIONALE SPORT IS MOORD ,VERKRAG, STEEL,ROOF,PLAASAANVALLE,AFRIGTER,ANC,KAPTEIN ZUMA,KYK ALANKAL NIE MEER SPORT NIE

Vissie ·

Gaaf, dan hoef ons nie te sien hoe ons spanne op eie werf vertrap word omdat hulle so moet sukkel met spelers wat nie in hul geledere hóórt nie, en net daar is omdat hulle swart is. Dink die ou ministertjie nou spelers wat net om daardie rede in ‘n nasionale span is, is gtrots daarop om die land te verteenwoordig?

John ·

Daar is meestal nie ‘n vreeslike opkoms by sokkerwetstryde nie. Ek wonder of toegangsgeld wel gevra word. In 2010 moes die skares geborg word om op te daag. Gaan die rugbystadions vol sit, seisoenkaartjies gekoop word en toeskouers selfs as dit reen, opdaag? Ek glo nie. Dit gaan net oor mag en oorvat. Tans word talentvolle swart spelers en atlete gehelp, maar miskien moet hulle plek kry of hulle kan of nie. Watter ondentlike sportman of -vrou wil kompeteer/wen teen ‘n swak teenstander of span?

david ras ·

Is die ou se kalender nie dalk verkeerd nie—Die 1ste April is mos lankal verby……

In elk geval, nou is ou Alistair ook sonder ‘n jop…..!

Rynhardt ·

Rassisme word met mening uitgeleef deur die Vryheidsnanifes in dievorm van transformasie en regstellende aksie! Talle blanknkes leef nog steeds in ontkenning! Jou hele voortbestaan en kultuur word liederlik bwdreig! Die streng transformasie geld nie nwt vir sport nie, maar vandag het engelse koerante op hul voorblaaie gese dat daar is te veel wittes inbeheer van maatskappye terwyl regstellende aksie vir 22jaar lank teen ons duur! Nog nooit het Afrikaanse dagblaaie en engelse koerante op hul voorblaaie 1000keer of meer die Anc aangespreek oor regstellende aksie nie! Die net trek nouer om jou Afrikaner en ek voel tans soos n jood in dieTweede Wereldoorlog!!!

JB ·

Die ANC speel blankes soos ‘n elektriese kitaar met klankversterkers, want hul weet dat laasgenoemde net gaan brom en blaas . Dans sal hul egter, al skop hul hoe vas teen die wysie van die kitaarspeler. Want, hul is passief, stroom-op en fatalisties van aard. Hopeloos te veel Nederlandse bloed in ons are.

Poplap ·

Praat vir jouself ou JB.
Afgesien van die afwesigheid van Hollangse bloed in meeste van ons se are, dans ons ook nie op jou of andere se ritmes nie.

johan ·

daarom geniet ek die ipl reeks so baie , daar is net die bestes in die spanne en wie is hulle?????
alles gaan oor die afbreur van die afrikaners en wat heilig is vir ons,,net soos die engelse gedoen het , ons is maar sugers vir punnisment .

Gertjie ·

…en wat van Bafana Bafana?? Hulle span is 100%
Fekile, jy het sopas die WITMENSE weg gejaag…

Braam ·

Tyd om n nuwe sportsoort te begin, wat n uitdaging?! Ai die arme ANC, hoe meer hul die wittes wegstoot hoe hoe nader aan n gemors kom hulle!

Buitstander ·

As die sport getranformeer moet word moet die borgskappe ook getransformeer word.
Al die speller moet maar hul eie borge kry en vir toernooie betaal!

Chris ·

Ek sien hoe word daar n privaat professionele rugby organisasie begin wat nie gedryf of geskaak word deur die ANC regering nie. Verder, wat het hulle te doen met privaat skole??

Mielie ·

Die man wil net oorsee reis en geld spandeer. As die toernooie in SA gehou word kan hy dit nie doen nie. Hoekom stop hy nie international deel name ook nie, in sluit end Super rugby. Sal dit graag wil sien en Dan die ander lande se reaksie. Daar sal darem minder geld inkom en minder om onregmatig te bestee. Hy probeer in elk geval net n sekere ras te na kom, hy hoort in n sirkus die man….

noddy ·

Is die minister se naam dalk ‘n aanduiding van hoeveel breins hy het?

Johann ·

Wel…as ons n minister kan he wat vir n DAGBESOEK Dubai toe kan gaan (Des v Rooien) kan ons n SPORTS Minister he wat by dieselfde finansiële raadgewers “raad” kry. Maak somme tjomzaan: die staatsinkomstes uit diensulke Internasionale geleenthede is enorm…nie dat ons enigsins baat uit sulke inkomstes nie…en met STAAT bedoel ek ANC. As daar ooit n tyd was om ons voet neer te sit oor belaglikhede soos díe tjom; is sit nou. Wonder of HY sy plig nakom deur SA in ao n slegte lig te stel. Om nie te praat van “his people” nie. Om te dink dat jy op jou swart velkleur moet staatmaak en beskerm word deur politieke arrogansie om iewers iets te bereik? Wats vilgende…

hoezit ·

Wat rook die man ? Vim of Domestos. Ons sal volstaan met die Bokkie week. Ordentlike boere kinders. Trotse kinders.Gaan rook gerus verder Fikile of kom werk Saterdag by my, dan verduidelik ek jou meer van sport. Jy sal nogal goed doen in rofstoei. Daar vloek hulle soos matrose.

Veritas ·

Wat die idiote nie besef nie is dat hul gehamer op BBEE en sport-transformasie, ‘n duidelike bewys is dat hulle hulself as minderwaardig beskou. Vandaar die manie oor verteenwoordiging gebaseer op bevolkingsgetalle. Hulle glo nog steeds dat hulle, sonder blanke-talent, die mas sal opkom. As ek nie-blank was en die beste in my sport, sou ek beslis nie in die nasionale span, wat deur politici gekies word, wou speel nie. Ons jong talentvolle sportmanne en -vroue moet van skooldae af, aangemoedig word om hul beroep in ander lande te gaan bedryf. Hier is geen toekoms meer vir blanke sportmense nie.

Lance ·

Hou op dreig en doen dit ….begin ons eie clubs waar almal welkom is en jy gekies word op meriete …..hou op om substandaard in my keel aftedruk ….gaan nie weer rugby bywoon nie ….totsiens ….borggelde wat ons gee gaan ons ook ontrek met onmidelike intrede

Done ·

Nog nooit het ek soveel reaksie gesien hier soos met hierdie nuus wat gebreek het nie. Meer reaksie as plaasmoorde, misdaad, politiek, ekonomie of enigiets anders, en ja, insluitend Christelike artikels. Die Afrikaner is vasgevang in God Sport en vandat hulle die land en hul siele daarvoor verkoop het het die Afrikaner mag oorgegee en opgegee, bedwelmd en gehipnotiseer deur balle wat been en weer oor n veld roteer. Fikile sal n volksheld wees as hy die Afrikaner verlos van hierdie degraderende Godsdiens

Oom Kalahari ·

Sowaar Mnr. Fikile, jy wat nie eers sport ordentlik kan droom nie. Stig tog asb jou All Black Protea spanne in alle sport asb. Vir jou is die blanke se geld genoeg om almal van grondvlak te probeer ophelp waar 5% aan die einde van die dag sal deurdring. Praat van vergryping en onderdrukking, korrupte optredes, want gee die pinkie en jul gryp die hele hand. So word jou Godsdiens ontneem, jou geskiedenis, jou taal, jou werk, jou sport, jou reg tot mens wees ens. Maar God slap nie. Wie wil ‘n transformerende swak span nou verteenwoordig, sal liewers dan dat kompeterende en meriete verteenwoordiging op buitelandse vlak verteenwoordig van my kleinkinders. Jul kon nog niks op jul eie suksevol aanpak nie. Bye Sports!!!!!!

Jan maak n Plan ·

Dis duidelik on het n gemors van n marionette staat geword. Hy se dan duidelik- ” We got the power now” m.a.w. baas Fikkle het gepraat en die volk moet nou luister. Whahahaha. In Suid Afrika is dit nou mos die ding om wit springbokke en swart springbokke te he in jou kampe. Kom ons kies in elke sport n wit span en n swart span. Dan kyk ons watter span slaan sy naam met n plank.

b j smit ·

nou wil ek weet wat van die ierse rugby toer soos ek reeds van tevore gese het die gaan ons ver loor met die afrigter wat gekies is . die super reeks word deur die borge en uitsaai regte befonds dink die ou dat die ander lande gaan dit aanvaar om teen afgewaterde teen stand te speel so daai rekord van die cheetas sal nie lank staan nie hie kom sommer 150 punte teen sy spanne

Stef ·

Dit is n hartseer dag maar met die trend werk jy jouself uit n ministers pos uit. Onthou net jy is nie groter as sport nie al dink jy so. Jy ontneem werk skepping en fondse vir die land. Net jammer ”goverment” wil nie fokus op armmoede want op die ou end gaan n handjievol kwotas finansieel baat en die res …antwoord jy my mnr die president wat alleen besluite neem. O terloops onthou wat het met Zuma gebeur met sy besluit om van Nnene ontslae te raak.. ons gaan nog vir jou lag en een vd mooi dae het die land jou nie nodig nie. Nag Ou Grote…

EBIE ·

Hoe kan bafana sy transformasie teikens bereik het? Daar is dan geen transformasie nie, nogsteeds meerderheid swart. Dit wys maar net vir ons wat die ware betekenis van transformasie is, alles swart. Net te jammer NZ het klaar die naam all blacks ge neem.

Cjan ·

Dingaan moet nou die skuld kry. Hy het nie sport veral rugby bevorder nie hy het net oorlog gemaak.

Andre ·

Elke gemeenskap se sterkste jongmanne en vroue se plig is om hulle eie mense te beskerm teen vyande (soos bv. die regering!)

Dis hoog tyd dat die Wit sportmanne en vroue hulle eie families gaan beskerm daar waar hulle uitgemoor, verkrag en gemartel word op plase en in woonbuurte.

Daar’s nie tyd vir SPELETJIES SPEEL nie!

Stop dit nou!!!

Marius Strydom ·

Klaar met SA en sy sport die land walg my in baie opsigte. Sal maar lojaal bly teenoor NZ dankie woon rustig en veilig geen rassime of ongekwalifiseerde ministers nie, n eerste wereld land wat na sy inwoners omsien en die klimaat is fantasties hier.

Riaan S ·

Stem saam met jou Marius behalwe met een, maar dis seker my eie skuld om Dunedin toe getrek het(dis bietjie koud vir my). Maar met die res stem ek 100% saam.

Tyson ·

Jong, sterk en gesonde mans en vrouens is tradisioneel verantwoordelik vir die beskerming van hulle gesinne en bure.

Kom ons los die SPELETJIES nou en gaan verdedig eerder ons oumas en oupas wat op die plase uitgemoor word.

Schalk ·

Al lankal. Dit is mos maar hoe die Afrikaner daarvan hou om behandel te word. Die Nasionaliste het vir hoe lank alles gesensor?

Neewat ·

Erg. Dis pateties hoe hulle ten alle koste PC probeer wees.

Schalk ·

Nou ja. Kom ons kyk of die Afrikaners iets leer hier uit, wat ek sterk betwyfel. Volgende rugby wedstryd stroom almal weer na stadions, net om Maandag weer mond uit te spoel op n berig in die media. As die so n groot probleem is, hou op om die sport soorte te ondersteun, ontrek julle geld, spandeer dit op julle families, wend dit beter aan. Maar die geskiedenis het bewys, ons kan nie saamstaan nie, al hang ons lewens daarvan af.

Frik ·

Ek ondersteun nie rasisme teenoor my mense nie! Ek het myself ten volle onttrek van enige sport soorte en ek het myself onttrek vang uitlatings soos “white privilege” en “rasisme” en ek sal verkies dat alle Afrikaners so maak. Alhoewel meeste Afrikaners is klaar besmet met die liberale idees en sentimente. Werk vir jou toekoms, betaal die minimum belasting wat jou moontlik kan sodat jy nie getel kan word onder die wat die swart massas aanspoor om meer kinders te kry, wees getrou aan jou familie en fokus daarop om jouself fisies en akademies te verbeter…dis al raad wat ek aan my mede Afrikaners kan gee. Ek is 24…net vir die wat dalk mag dink eks een of ander AWB oom.

Zirk ·

Sien daar is al 125 kommentare. Maar ek voel ek moet iets sê. ‘n Paar dae gelede het Oregon Hoskins op TV erken, dat sy raad nie genoeg doen om skolerugby te bevorder nie. Dis tog logies dat die liefde vir en die belangstelling in rugby dáár plaasvind. Maar die rugbyraad kan tog nie die spel op duisende hoërskole aanbied en moniteer nie.!Dis immers die skole self en die aanmoediging van die ouers.
Ek is bewus van ‘n groot skool op die platteland vir bruin kinders wat R500,000 by die Lotto ontvang het, spesifiek geteiken vir sport ontwikkeling. Daar is net ‘n paar vragte grond afgelaai vir ‘n beplande atletiekbaan. Verder het daar niks van gekom nie.
Daar is GEEN belangstelling vanaf die onderwys personeel OF die leerders vir ENIGE sportbeoefening nie. Seuns se belangstelling was eerder gerig op seks, rook en niksdoen. By hoeveel honderde ander bruin en swart skole is dit dieselfde toedrag nie.?
Moet Grootbek Mbalula nie die Onderwys Dept. aantree en berispe( en sommer die vakbonde voor stok kry ook) voordat hy sy mond uitspoel oor transformasie in Senior sporte.

Liewe Heksie ·

Nou weet ek hoekom is Loftus se stadion so leeg ek dog dit is omdat hul so sleg speel

Pieter ·

Natuurlik sal Sokker nie in tel wees nie want die span is SWART SPELERS.

John ·

Ek hoor alle kommentaar waarvan Maroela nie hou nie, gaan voortaan in Mandaryns geplaas word.

Jack ·

Die agbare adjunkminister van sport het op RSG sy standpunt gestel en is dit duidelik dat hy n pion is van die ANC. Daar is meer swart sokkerspelers in SA as al die ander rasse groeperings se demografie gesamentlik. En tog kan Bafana nie eers kwalifiseer vir die Afrikanasie Beker nie. Die minister het reguit gese dat swart mense in SA behels 84% van die bevolking en dat dit in alle sport disiplines so verteenwoordig moet wees. Waar die demografie wel verteenwooordigend tans is, is in die tronke in SA.

Frans C ·

Die beoefening van sport is ‘n privaat en nie ‘n staatsaak nie, want die stadions waar dit beoefen word is nie staatseiendom nie en word sport beoefen deur privaat individue en staatsamptenare nie.. Gaan hy die Ierse-rugbyspan die land verbied en terugstuur huistoe as hul hier aankom om drie toetse teen die Bokke te speel?

Die man is ‘n nar in die ANC-sirkus.

Jakes ·

Ek glo in elk geval wil buitelandse sportspanne wil nie SA toe kom nie. Hier is moord, roof en verkragting ens. mos deel van ons ‘kultuur’. Regering is belaglik siek ..

Donovan ·

Mense dit is verkiesing tyd en hy kort steun van die massas, die EFF en DA is baie groot gevaar vir die ANC en hulle weet hulle moet NOU drasties iets doen om steun te werf… Lekker dom soos grond, hulle sê vir al die belasting wat verdien word in die byeenkomste tata… Miskien moet die Guptas terug kom en die mense stadig wys hoe werk dit om geld uit jou sak in hulle sak te kry…. Ek wonder hoe lank sal hy by sy besluit bly…

Done ·

Kyk hoe lekker word ons gesensor. Van 148 kommentare vanoggend vroeg tot 142 nou.

Neewat ·

Maroela buig maar die knie voor hulle politieke meesters, nes Naspers. Hulle sal waarskynlik ook op een of ander tydstip kommentare heeltemal stop.

Josua ·

Mense ek het n artikel gaan lees wat voorheen deur kommentaar geplaas was en moet ek sê die swartmense in Suid Afrika het n groot issue met hulself en taal en nou verstaan ek beter waarom dit nie die moeite werd is om met die mense te redeneer nie, gaan kyk gerus en Google die volgende “Wat beteken die word Lekgoa” maak die opskrif wat lees “[PDF] Is Jesus Christus]” julle sal geskok wees wat daarin staan met veite gestaaf. en ek hoop regtig die mense se denk vermoe gaan verander maar dit gaan baie moeilik wees om daarvan te oortuig, raak gewoont aan die uitlatings want dit is hoe hulle is!!!

Flippie ·

Ons is stupid. Ons moet ons kaartjies vir die volgende toets koop. As ons eers binne die station is en seker is dat ons wereldwye TV dekking het. Dan gaan neem ons die veld (vreedsaam) oor. En as ons klaar is dan verskoon ons ons van die station.

Elsje ·

Dit is goed so, nou moet ons kinders net hul sport op skoolvlak en universiteitsvlak so goed as moontlik bevorder en dan gaan speel hul oorsee die sporte wat in SA verbode is vir ons. So kan ons kinders ook ‘n nuwe toekoms bou in ‘n ander land en gelukkig wees weg van die gemors. Hulle sal ons nie breek daar is ander lande wat van ons hou want ons kan!!!!!!

Josua ·

Gaan Google die volgende!!!! Wat beteken die word Lekgoa??? maak die opskrif oop wat lees;
“[PDF] Is Jesus Christus” die opskrif is presies so geplaas, dit mag julle insig verander en jou beter laat verstaan waarom die mense so optree en sulke dom uitlatings maak, ek hoop regtig daar gaan iemand opstaan om hierdie mense se denkwyse te verander anders gaan nie net sport hier onder vergaan nie maar die hele land, soos 75% van Afrika reeds gedoen het.

Josua ·

Dankie Maroela dat julle my kommentaar geplaas het, ek is nie n rassis nie en gun almal n gelyke kans in die lewe, maar genoeg is genoeg en ek voel regtig dat ons die land weer na sy glorie wat dit was terug kan herstel as die mense vergeet van hul voorfadergeeste ens en almal soos ons n gelyke kans in die lewe wil gun, ons is ook mense net soos hulle en hoe gouer dit aanvaar word hoe gouer kan ons saam bou aan n nuwe SA!!!!

Clive Frost ·

Sport en politiek mag nooit meng nie – bestes moet gekies word. Chester Williams was daar agv sy talent en was geliefd deur die rugby publiek. Baie spelers van kleur is vandag rugbyhelde want hul hoort daar en verdien wat hul kry. Moet vir geen oomblik dink gedwonge formules vir samestelling van spanne sal sukses bewerkstellig nie. Suid Afrika moet hierdie derde-wereld denke en planne laat vaar – laat ons wereld leiers word en die beste bereik in Sport, Kultuur, Ekonomie en die Wetenskappe. Kom ons raak leiers en demonstreer kwaliteit sosiale interaksie tussen alle kleure van die reenboog hier in Suid Afrika. Staak hierdie politisering van alles.
Verklein die Kabinet, vervolg die skelms op die hoogste vlakke en skep n volk en nasie om op trots te wees in die internasionale arena. “Politiek – MUST FALL” Bestuur alle fasette volgens gesonde besigheidsbeginsels en nie politieke belange nie. Hierdie rigting waarin ons nou beweeg maak dit maklik vir my om eerstens n CRUSADERS ondersteuner te word en tweedens n ALL BLACK ondersteuner. Geen kaartijies vir enige sport sal gekoop word nie en die ANC gedrewe SNOT Komplot om alles te politiseer kan hulle dan hulself mee vermaak.

Ant Whit ·

En dan is daar Mnr Oosthuizen rondhardlopende polifieke opportunis war op RSG die vermetelheid hst om hierdie ANC stemkopende snert aan ons te probeer te regverdig . H y is die adjunk van die gupta aangestelde mbalula. As hy n.probleem.met sy intellegensie het ons beslis mie

Anet ·

Die stadions moet leeg loop, sanksies moet ingestel word en borge moet onttrek, en spelers moet oorsee gaan speel.

Rina ·

Bokke moet nie hul gat lek nie, gaan speel oorsee. Borge onttrek jul borgskap……..dan sit hul met niks, en ons kyk hoe kom hul die mas op. Vir 20 jaar kon hul niks vermag nie, behalwe om die land te besteel en af te breek. As almal onttrek, dan val die sport alles plat. Hul spog so hul het die land opgebou…kom ons kyk wat hul met die sport gaan doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.