Verbod op strande gaan Oos-Kaapse toerisme finaal ‘verwoes’

‘n Strand in die Oos-Kaap. (Foto: Oos-Kaap-toerisme)

Die regering se besluit om alle strande in die Oos-Kaap te sluit in ʼn poging om die tweede vlaag Covid-19-infeksies in bedwang te bring, gaan die provinsie se kwesbare toerismebedryf, wat reeds op die rand van ineenstorting is, finaal verwoes.

Jane Cowley, die DA se woordvoerder oor ekonomiese ontwikkeling, omgewingsake en toerisme in die Oos-Kaap, sê sakelui wat gehoop het dat die besige Desembervakansie ʼn broodnodige kontantinspuiting ná die rampspoedige aanvanklike afsondering sou bring, is platgeslaan.

“Die kansellasies het reeds begin instroom met besoekers wat hul sake elders neem,” het Cowley gesê.

Cowley waarsku dat die nuwe “drakoniese maatreëls” die doodsklok vir talle ondernemings gaan lui en duisende werksgeleenthede in die toerismebedryf langs die Oos-Kaapse kuslyn in die slag gaan bly.

Sy sê ʼn omvattende strandbestuursplan sou ʼn beter opsie gewees het.

“Gesonde verstand sê tog sekerlik vir jou dat jy ʼn groter kans het om Covid-19 in ʼn volgepakte kleinhandelaar op te doen as op ʼn oop strand.”

Cowley wil nou by die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, weet of daar op provinsiale vlak met die toerismebedryf vergader is, en op watter wetenskaplike, epidemiologiese en ekonomiese data die besluit berus.

“Die waarheid is dat die sluiting van strande teenstrydig is met die raad en aanbevelings van mediese kenners en dit gaan onmoontlik wees om af te dwing. Ons soek nie ʼn herhaling van tonele waar jong kinders getraumatiseer en van strande af gesleep word nie.

“Waaroor selfs meer vraagtekens hang, is waarom die maatreëls goed genoeg is vir sommige en nie vir ander nie. Hoekom is dit gepas om KwaZulu-Natalse strande toe te laat om oop te bly, terwyl hulle ook ʼn styging in getalle ondervind?”

Cowley sê die benadering vir KwaZulu-Natal maak sin en sou net so doeltreffend gewees het – en moontlik selfs meer só – in die Oos-Kaap waar daar nie soveel hordes mense na die strande stroom nie.

Sy sê daar is groot begrip dat die Covid-19-pandemie ʼn yslike tol op menselewens geëis het en dat strenger maatreëls nodig was, maar dat die sluiting van die strande nie die oplossing is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Wielspore ·

Zuma was baie ongelukkig dat KZN se strande op tradisionele besige dae in die feestyd gesluit gaan wees maar is nou tevrede nadat een van sy raadgewers hom laat weet het al die Vrystaat se strande is gesluit.

Andre ·

Dis oor die seewater daar so acekoud is. En die winter lê voor!

Frannie ·

Ek verstaan nie die logika nie: Die Tuinroete se strande is toe. Die wind waai ALTYD by die see, die son brand die “virus” dood. Daar is in elk geval bitter min oppervlaktes waaraan mens kan vat waar die virus dalk lêplek kon kry. Vriende/gesinne sit meer as 1,5m van ander groepies gesinne/vriende af. Die sout in die see maak kieme dood, virusse kan nie daarin leef nie.
Kwazulu-Natal se gewoonlik oorvol strande is oop behalwe op sekere dae.
MAAR jy kan maar Mall toe gaan. Daar waar die kieme/virusse lekker kan floreer en oorgedra word.
Hoe maak dit sin?

Jaco ·

Al wat ek kan dink, is dat die meeste toeriste besighede in die Oos-Kaap in wit besit is. Dié totale sluit van strande daar is dus ‘n poging om daardie wit besighede te kelder. Maar daars 2 goed wat ek nie verstaan nie:
1. Wat van swart werkers wat hulle werk gaan verloor by dié wit toeriste besighede?
2. Wat van swart toeriste besighede in die Oos-Kaap wat gaan seerkry?
Ramaphosa het self gesê inperking wys hoe ongelyk SA is en dat wit mense se rol in die ekonomie moet stop. Voeg daarby sy dreigemente dat radikale ekonomiese transformasie so gou as moontlik moet begin. Dié dinge is alles te verstane. Seker maar deel van die ewige “straf” op wit mense vir apartheid. Ons moet seker bly wees ons is nie in strafkampe nie. Maar dis feite dat swart mense óók onder die ekonomiese gemors weens lockdown ly. Hoe dan nou? Hoe sorg ‘n swart regering dan so swak vir sy eie mense???

Anel ·

Hierdie regering voel niks vir die land se mense nie. Boere word links en regs vermoor wat voedselsekerheid bedreig. Maar die regering sê niks. Meer mense gaan deesdae op die paaie dood as aan die virus. Stilte. Gewone moorde us meer as die virus per dag. So ook ander siektes. Nou gaan mense hul werke verloor en hongersnood tree in. Stilte. Si wat is dievregering se plan? Om die hordes van die staat afhanklik te maak sodat hulle beheer kan word. O, ja, en om vir die wêreld daar buite te wys hoe ons die virus beheer. Goeie genade tig. Mense wat gesond is en in die warm weer die dag deurbring, selfs in die see, het ‘n minder kans of geen kans om te virus op te dien nie in vergelyking met mense wat beknopte ruimtes die dag moet deurbring. Word tog net wakker, regering!! Dit gaan nou al vir 9 maande so aan. Mens sou dink dat soos julle 9 maande terug voorspel het alles nou normaal sou wees. Maar nou ja, weereens bewys mens kan julle nie vertrou nie. En toerisme is bedryf wat meeste geld in

Sarel ·

Is dlegs de Regering verantwoordrlik of is elke lid van die Publiek en sekere organisasies ook betrokke

Johan ·

Ignoreer net die regulasies. Die Pote wat daar bly sien ook die swaarkry van hul dorpe.

Hydi ·

Die ergste is. – ons het absoluut geen sê in hierdie land nie

jzjz05 ·

Ek kry die gevoel dat deur die suidstrande te sluit en KZN sin te los daar teen sekere mense gediskrimineer word.

Jan ·

Staan op julle grondwetlike regte en weerstaan die ongeldige regulasies. Laai die hofbevel af by Liberty Fighters Network en gebruik dit.

Yvonne ·

Geen gesonde verstand in die Anc te vinde nie…hulle is so besmet met die virus van korrupsie en gierigheid dat logiese denke vernietig is

JohanR ·

Lyk my in die Oos-Kaap geniet die beeste darem die strand. Vraag aan die Wes-Kaap regering. Gaan julle toelaat dat vol gelaaide taxis nog oor Kersfees en Nuwe Jaar op en af jaag, en Covid-19 terug bring Wes-Kaap toe. Tyd dat die grens tussen die Wes-Kaap en die Oos-Kaap toe gemaak is totdat die Oos-Kaap redelik skoon is van Covid-19.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.