Verbod op veilings is ‘voorkoming, nie straf’

(Argieffoto)

Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) sê hy steun die uiters drastiese voorkomingsmaatreëls vir bek-en-klouseer deur die tydelike verbod te plaas op onder andere veilings en skou van gesplete hoefdiere soos afgekondig in die Staatskoerant.

“Dit is voorkomingsmaatreëls en nie strafmaatreëls nie,” het Koos van der Ryst, voorsitter van die nasionale RPO, gesê.

Die organisasie sê die maatreëls het ʼn ingrypende uitwerking op kommersiële en ontwikkelende produsente, sowel as die res van die rooivleiswaardeketting. Hy vra dus dat die omvang van die uitbreking, wat aanvanklik in Limpopo aangemeld is, so gou moontlik bepaal moet word.

“Sodra die omvang van die uitbreking gefinaliseer is, moet die geaffekteerde gebied onmiddellik geïsoleer word en moet ons terugkeer na normale handelspraktyke,” het Van der Ryst gesê.

Die RPO sê bykomende kapasiteit moet geskep word om die uitbreking te hanteer en ʼn ramptoestand moet so gou moontlik afgekondig word. Die organisasie sê nienakoming van maatreëls kan eindelik op ʼn nasionale ramp afstuur.

Hy sê die rooivleisbedryf moet hom begin posisioneer en daar moet besef word dat die staat nie alleen oplossings gaan bied nie.

Die rooivleisbedryf onderneem derhalwe ook om uit eie geledere bykomende kapasiteit te genereer om die voorkoming en verspreiding van die siekte ʼn spanpoging te maak.

Van der Ryst het gesê die openbare-private‑groei-inisiatief (PPGI), asook die vyfjaar-meesterplan vir die rooivleisbedryf, sal die inisiatiewe ondersteun.

Die RPO het ook gesê die fundamentele vooruitsigte vir die rooivleisbedryf op medium- en lang termyn bly uiters positief. Die bedryf is internasionaal mededingend en die wyd verspreide reëns skep hoop.

“Ons moet egter nou in die bedryf belê en buitengewone aksies loods om die toekoms van die bedryf te verseker.”

Voorstelle vir die daarstel van ’n vrywillige naspeurbaarheidstelsel vir die beesbedryf word in Januarie bekend gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ellisras ·

Dit is juis die “vrywillige” stelsel wat deel van die probleem is. Daar word nog steeds diere geskuif wat ‘n groot gevaar inhou vir die verspreiding van bek en klouseer. Die vrywille stelsel maak dat abatiors links en regs beeste aanvaar.

Scalla ·

Stem nie saam nie, die uitbreek en verspreiding is toe te skryf aan onkunde wat beheer aan betref deur die betrokke staats departement.

ManiM ·

Kan iemand vir my verduidelik wat se rol die RPO speel want dit lyk vir my hylle is apaties dood Geen inpak iewers behawe geld insamel

Pieter ·

Hoekom maak ons boere nie soos die boere van duitsland nie praat gaan ons niks help nie dit is van al die praat dat ons is waar ons is

Rm ·

Die boere kan alle planne maak, noem dit, naspeurbaarheid en al wat n ding is,NIKS sal help of voorkom kan word, as die staat nie die grensdrade gaan herstel en oordentlikke grensbeheer toepas nie, of gaan dit ook die boere se plig wees, alle landbouorganisasies waarsku al jare lank dat as grense nie gaan herstel word nie, gaan ons boere met die probleem sit, ander probleem is staat se onwilligheid om saam met boere te werk maar liewers ten alle koste teen boere te werk,. Wet enige iemand daar gaan belaglikke wette en pligte met baie kostes vir boere aangekondig word, die FEIT bly dat die staat sal sy kant ook moet bring anders gaan ons nerens kom

Francois ·

Die oorsaak tot die enorme chaos moet gestop word…..dit kan slegs bereik word deur te verseker dat ons Grensdrade en Parkedrade voldoen aan die vereistes wat daar gestel word vir elke Wildsboer met Buffels. Hoekom kan die Regering nie vir eens dit op datum bring en instand hou nie. Miljoene Rande word bestee agv hul nasorg.

Francois ·

Veilingskrale moet strenger beheermaatreels toepas alvorens diere in ontvang geneem word. Die potensieele aankoper vertrou dat diere wat beskikbaar gestel word voldoen aan alle vereistes. Permitte ens.. Veeinspekteurs moet alle diere nagaan. Veediefstal Eenheid ook nouer betrokke wees op veilings. Reg of weg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.