Verbod op wynverkope ‘onsinnig’

Argieffoto (Foto: Unsplash)

’n Algehele verbod op alle alkohol is die mees radikale maatreël wat die regering kán inspan om hospitale se beskikbare plek en dienslewering gedurende die Covid-19-pandemie te beskerm.

Só meen die landbouorganisasie Saai.

Die organisasie het Vrydag gesê die wynverbod strek veel verder as blote frustrasie onder wynliefhebbers of gaste wat die Boland droëbek besoek.

“Intussen bloei honderde wynplase en tientalle dorpe dood. Werksgeleenthede gaan vinniger verlore as wat Covid-19-geld in die staatsdiens wegraak en een van Suid-Afrika se oudste landboubedrywe dreig om ten gronde te gaan,” lui ’n verklaring deur Saai.

Die organisasie gee toe dat die uitgangspunt dat ’n alkoholverbod beddens in hospitale beskikbaar stel wel geldig is. “Maar net soveel beddens word deur taxi-ongelukke in beslag geneem en daar is geen poging aangewend om hulle van ons paaie af te kry of selfs die passasierslading te verminder nie. Die regering sê dat dit oor werk, inkomste en lewensbestaan gaan. Maar met watter mandaat kan die regering besluit dat die oorlewing van werksgeleenthede in die taxibedryf belangriker is as dié van die wynbedryf?”

Die organisasie wys verder daarop dat die aandklokreël boonop motoriste tussen 21:00 snags en 05:00 soggens van die paaie af hou.

“Daar is geen rasionele rede om die voortbestaan van ’n familieplaas wat reeds eeue lank die Bolandse ekonomie aan die gang hou, in gedrang te bring omdat ’n kantoorwerker dink hy kan daardeur ’n paar beddens vir Covid-19-pasiënte oophou nie.

“Ons kan aantoon dat 20 weke van ’n tabakverbod en die miljarde rande skade aan die ekonomie, werksgeleenthede en lewensbestaan van derduisende gesinne volgens die staat se eie syfers dalk hoogstens 18 beddens kon spaar,” sê Saai.

Maroela Media het vroeër berig ’n hof het verlede maand gelas dat die verbod op die verkope van tabakprodukte onnodig en ongrondwetlik was.

Die organisasie wys daarop dat wyn ’n landbouproduk is en dat wyn en kos hand aan hand loop. “Daarom kan ’n mens dit, anders as ander alkoholsoorte, van rakke in supermarkte koop. Ondergang staar honderde wynboere in die gesig. Selfs as die bedryf nou weer van sy kettings bevry word, is die skade onherstelbaar.

“Tenks en vate in kelders is vol en daar is nie plek vir 2021 se oes nie. Boere kry nie leweringskwotas nie en oestyd het begin. Jy kan nie ’n plaas vir ’n jaar sluit nie – veral nie nadat dit die vorige jaar gesluit was nie.

“Een werker op ’n wynplaas het vir ons gesê hy sterf eerder aan Covid-19 as aan honger en verdriet, maar dood is dood!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

20 Kommentare

jongste oudste gewildste
JohanR

Die ANC het ‘n kommuniste plan……om alle privaat instellings die grond in te dryf. Nie een werker wat vir die goverment werk het sedert Maart 2020 gesukkel nie. Daai salaris val nog elke 30/31 van die maand in die bank rekening in….kaplops. Nie een goverment werker moes halve salaris vat in 2020, of is afgedank en moes vinnig rondspring om ander werk te soek, en dit in die tyd van Vlak 5. Se weer elke 30/31 val daai salaris in die bank rekening in….kaplops! En dan gaan NDZ nog hof toe om die privaat sektor te beveg met hulle belasting… Lees meer »

Misky

Ons het GROOT probleme in die eens mooie land van ons. Ek is bevrees hierdie is nie die einde nie

Danie

Daar is nie een mens in die ANC wat breins het nie. Want hul beveg demokrasie tot diktatorskap, en hulle sal stry dit is demokraties!

Sonia

As ek moet sê wat ek graag wil sê slaap ek binnekort in die tronk en op 74 sal ek dit seker nie oorleef nie so bly ek liewers stil.. Ek glo Ramaphosa se wynkelder is genoegsaam aangevul

domheks

Raai, raai, wat is die velkleur van die meeste wynboere! Het jou antwoord.