Verbrande kinderlyk uitgeken

Cuburne van Wyk.

Cuburne van Wyk.

Die gedeeltelik verbrande liggaam van ‘n kind wat Saterdag op ʼn mynhoop in Reigerpark in Boksburg aan die Oos-Rand gevind is, is geïdentifiseer.

Kol. Noxolo Kweza, ʼn Gautengse polisiewoordvoerder, het Maandag bevestig dat dit die liggaam van Cuburne Lavone van Wyk (3) is.

“Die seun se pa het hom uitgeken,” het Kweza gesê.

Volgens Kweza het die seun weens veelvoudige hoofbeserings en brandwonde gesterf.

Cuburne was sedert Woensdag vermis nadat hy glo buite sy ouerhuis in die Ramaphosa-informele nedersetting ontvoer is.

Cuburne het ʼn blou sweetpakbroek met geel strepe op aangehad.

Kweza sê die polisie soek steeds na Katleho Phoku (25), ook bekend as “Chicken”, aangesien hy hulle moontlik in die ondersoek kan bystaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

izak Fick ·

Moord op Blankes is net so gewone nuus as die korrupsie in regeringskringe. Dit moet nou einde kry!

Elfie ·

HOE siek moet mens wees om dit aan ‘n weerlose kind te gedoen het. Mens – die wat die woord “mens” aan hulself kan koppel, sal nie eers ‘n dier verbrand nie, maar hierdie een (wat kan mens so een noem sonder dat Maroela dit verwyder!) het moord gepleeg (en ons weet nie wat nog alles) en dan sy wandaad probeer verdoesel deur die lyk te probeer verbrand.

Marlene ·

Waneer gaaan dit ophou. Bring asb doodstraf terug regering. Dis onskuldige kinders wat sterf en mense wat onskuldig is wat vermoor word. EN dis seker weer n vriend of familie lid wat die kind vermoor he want hy is seksueel aangerand. Die mense is SIEK!!!!

Leeutjie ·

As Chicken die skuldige is gaan Reigerpark vir hom te klein word! Hier kom ‘n chicken-hunt soos nog nooit tevore nie….. Vat hom Reigerpark se mense! Hierdie ou verdien wat na sy kant toe kom!

lorayne ·

Chicken? Pappa wag vir jou . . . Maar my grootste wens is dat die gemeenskap jou jury en jou judge moet wees!
Rus in vrede klein Cuburne van Wyk. . .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.