Verbrande liggaam in veld gevind

plaas-polisie-veld

Argieffoto

Die De Deur-polisie het Saterdag ʼn vrou, tussen 25 en 35 jaar oud, se liggaam in ʼn oop veld naby ʼn kleinhoewe in Bronkhorstfontein in Johannesburg-Suid ontdek. Haar liggaam was erg deur die vuur verteer.

AO Tshegofatso Maliehe, woordvoerder van die De Deur-polisie, sê ʼn lid van die gemeenskap het die polisie die middag van die verbrande liggaam verwittig. Polisielede het na die veld gegaan, waar hulle haar liggaam op ʼn stuk gruis in die veld gevind het. Dit lyk asof ʼn gedeelte van die veld ook gebrand het.

“Die vrou het ʼn plastieksak oor haar kop gehad wat tydens die brand oor haar gesig gesmelt het. Haar hande en voete was met lappe vasgebind,” sê Maliehe.

Die polisie weet nog nie wie die vrou is nie.

Maliehe sê die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Die motief vir die moord is nog nie bekend nie.

Enigiemand met meer inligting wat tot die inhegtenisneming van die skuldiges kan lei, kan die ondersoekbeampte, kapt. Francois Kruger, by 082 319 9620 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sarel

Ons sg. Beskaafde wereld wat te beskaaf is vir die doodstrsf.

LANA is ELANè

So eie aan SUID AFRIKA. OH WELL – dit is mos maar net nog ‘n klein deeltjie van ons grusame statistiek, ongeag die wreedheid wat soveel vrouens daagliks moet deurstaan.