Verbruikers boos oor SAL-glips vir retoerkaartjie

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het talle verbruikers behoorlik warm onder die kraag nadat die lugredery ’n besigheidsklas-retoerkaartjie na Aboe Dhabi in die Verenigde Arabiese Emirate vir $72 (R850) geadverteer het.

Die “winskoop” was aanlyn beskikbaar en het deel uitgemaak van ʼn promosie. Maar dit was helaas te goed om waar te wees. SAL het Donderdag gesê die prys is per ongeluk verkeerd op die webtuiste gepubliseer en dat hy die 640 kliënte wat reeds kaartjies gekoop het sal vergoed. Volgens SAL sal ʼn sakeklas-retoerkaartjie na Aboe Dhabi ʼn mens sowat $3 400 (R40 000) uit die sak jaag.

SAL se “fout” het talle verbruikers egter verergd gelaat. Mishqah Paruk het op SAL se Facebook-blad geskryf dat sy ʼn advertensie oor die radio gehoor het rakende spesiale tariewe vir vlugte na Aboe Dhabi. Paruk het besluit om haar kêrel vir sy verjaardag te bederf en het twee kaartjies gekoop. “Ek is ʼn gesoute reisiger en was bekommerd dat dit dalk te goed is om waar te wees. Ek skakel toe die inbelsentrum waar ʼn agent aan my bevestig het die prys op die webtuiste is korrek.”

Volgens Paruk het sy ʼn bevestiging en e-pos ontvang nadat sy die kaartjies bespreek het. “Ek het die kaartjies uitgedruk en vir my kêrel as geskenk gegee toe hy by die huis kom.” Paruk se geluk was egter van korte duur. “Ek het Maandag ʼn e-pos ontvang waarin daar gesê is dat SAL die kaartjies gaan kanselleer aangesien die prys verkeerd aangedui is.

“Ek is stomgeslaan, hoe kan julle kaartjies uitreik, die geld daarvoor vat en dit dan kanselleer omdat julle ʼn fout gemaak het? Benewens dit was ek erg verneder aangesien ek vir my kêrel moes sê jammer jou verjaardaggeskenk is nie meer geldig nie.”

Volgens Paruk het sy later nog ʼn e-pos gekry waarin SAL glo gesê het sy sal binne 21 dae vergoed word vir die kaartjies wat sy gekoop het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

snip ·

Dis mos sommer nonsies, dis hulle (SAL) fout, hulle sal maar moet opdok, …die prys wat jy sien is die prys wat jy betaal!!!

Ben Schultz ·

Die hele SAL gespuis is ‘n “Glipsie.” Doen sonder hulle! KLM is minstens eerbaar.

ig ·

Ek reis dikwels buiteland toe en ek sal eerder soontoe swem voordat ek verniet met SAL sal vlieg.Hierdie geval was nou n tipiese bewys dat die linkerhand weet nie wat die regterhand doen nie.Hoe kan hulle telefonies bevestig die prys is reg net om handomkeer om te draai? Patete.

CHRISTA ·

Nou kan ons ook verstaan waarom SAL besig is om inmekaar te tuimel. Dit word nie behoorlik bestuur word nie,
Alles wat deur die ANC en hulle vriende bestuur word gee in – Onderwys, Mediese Dienste, Watervoorsiening, Behuising, ESKOM. Die grootste grap van als is – dis dienste wat aan die meerderheid as GRATIS beloof is met die 1994 verkiesing.

scalla ·

Pragtige voorbeeld van onbevoegde bestuur/beheer, dit is hoekom dit so daar gaan.

Riaan ·

Verbruikers wet beskerm mens teen dit, kan SAL verkla by die verbruikers raad hulle moet my die advert staan volgens verbruikers wet.

Gideon ·

Ek het verlede week 4 retoerkaartjies gekoop na Thailand- net om te verneem dat ek met SAL sal kan gaan, maar terugkoms sal nie kan plaasvind omrede hulle die roete gestaak het. Ek het als gekanselleer vlieg nou met Emirates!

Jannie ·

Ons moet miskien net bietjie chil – dit was ‘n foutjie. Niks gaan inmekaar val nie – SAL is niks slegter as enige van die ander nie. As ons so aanhou met negatief wees oor alles is dit goed vir niemand nie, meeste jouself. Lekker dag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.