Verbruikers gaan boet vir Nersa-foute oor kragtariewe

(Foto: Eskom/Twitter)

Die DA het die ouditeur-generaal gevra om jaarliks ʼn oudit van die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) se bepaling van kragpryse te doen nadat dit aan die gekom het dat die reguleerder verskeie “foute” met Eskom-tariewe gemaak het.

“Nersa het luidens berigte sy teenkanting in twee hofsake teen Eskom laat vaar en toegegee dat hy foute gemaak het in die berekening van tariewe wat Eskom miljarde rande in inkomste gekos het,” het Kevin Mileham, die DA se woordvoerder oor energie, gesê.

In ʼn hofsaak is daar reeds beslis dat Nersa foute in sy berekening gemaak het en die vierde saak waarby die reguleerder en die kragvoorsiener betrokke is, gaan waarskynlik dieselfde roete volg.

Mileham waarsku dat Nersa se foute Suid-Afrikaners duur te staan gaan kom. Hy sê Nersa se prosesse het heeltemal te burokraties geword en dat dit foute soos dié veroorsaak. Verbruikers gaan oudergewoonte vir die foute moet opdok.

“Moet ons glo dat dit Nersa se enigste fout was, of gaan dié toedrag van sake die deur open vir ʼn hersiening van ál Nersa se prysbepalings wat tot verdere verhogings gaan lei?” het Mileham gesê.

Talle Suid-Afrikaners sukkel reeds om huidige kragtariewe te bekostig. Weens die Covid-19-pandemie en die meegaande landwye staat van algehele afsondering is die ekonomie op ʼn afdraande pad, werkloosheidsyfers het tot ʼn rekord van sowat 30% gestyg en talle sakeondernemings sluit hul deure permanent. Benewens dié probleme praat Eskom nou van ʼn prysstyging van 15% om die verliese wat weens Nersa se foute gely is, te probeer herwin.

Mileham het gesê Suid-Afrika net nou meer as ooit ʼn onafhanklike elektrisiteitsbestuursoperateur nodig soos wat die DA in sy private wetsontwerp voorstel. Dié voorstel dien tans voor die parlement.

Mileham sê dit gaan die speelveld gelyk maak deur ʼn onafhanklike netwerkoperateur te skep wat krag teen markverwante pryse by enige opwekkingsbron – ook Eskom – sou kon aankoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

marius ·

Weet nie , maar minimum vereiste vir dienende raadslede 6 jaar ondervinding in kul

Africangrey ·

Dis n baie slim manier om verbruikers miljoene rande te laat betaal vir iets wat nooit gebeur het nie, en boonop dienste wat nie eers gelewer is nie, USELESS!!!

Mallie ·

Jammer om van Nersa se dilemma te hoor. Hulle fout – hulle kostes.

Fedup ·

Nope. We will not pay for nersa’s mistake.
They made the mistake, they can pay.
We as consumers can barely keep our heads above water.
Not our problem.

AntiMarxistZA ·

Hartseer ding is, wie befonds NERSA? Maak nie saak wie se fout dit is nie, ons betaal daarvoor?

johanf ·

Geen keuse nie, jy sal maar net ń verhoogde rekening kry, en betaal…..

Miskruier ·

Daar moet gekyk word na boere wat direk van Eskom krag ontvang. Al gebruik ek nie n enkele eenheid krag nie, betaal ek vir die kragpaal, transformer een of ander environmental levy ens. Ek en my ma is pensionarisse, ons kan dit nie meer bekostig. Eskom se 22 kragpale wat 2km oor ons grond loop, het in die laaste 40 jaar nog nooit aan ons huur betaal nie. Ek verlang kwytskelding vir die een wat ek moet huur.

Anel ·

Miskruier, sover ek weet moet hulle jou betaal vir elke paal of vir die grond waarop die paal staan. Net soos die selfoonmaatskappye die mense betaal op wie se grond hulle torings staan. Kry regsverteenwoordiging en eie al die geld wat hulle jou skulg. Dalk het iemand dit al klaar gesluk.

JohanR ·

Ek sou ook gedink het Miskruier omdat boere die land se kos en drank produseer dat dinge soos betaal vir kragpaal, transformer en levy sou meer weggedoen word, en die boer sou net betaal vir die krag wat gebruik word. Ek weet my ouers het ook altyd gekla oor die extra koste van kragpaal, transformer en levy. Wag maar totdat elke plaas in SA of onder swart beheer, swart bestuurder of’n swart ANC of EFF Minister se beheer is, dan sal kragpaal, transformer en levy skielik wegval! Vra ook dit is ‘n kragpaal wat eenmaalig opgesit word….hoe betaal iemand honderd jaar vir daai paal?

Althes ·

Nie almal het daardie kapitaal nie, anders het ons almal dit al lankal gedoen

Corne123 ·

Lekker en ons moet maar betaal fire die lot en stel mense aan wat weet wat hulle doen as mens so fout in pvt seketor maak is jy gefire. Dan kan mens ook nie help om te wonder of dit dalk nie n vout is nie maar n manier om geld in te kry vir SAL dalk wie sal weet

Piet parys ·

Nog altyd gesê Nersa ( n werkskeppings organisasie vir kaders ) is kop in een mus met die regering . Nou skielik berekenings fout . Ek dink daar is n berekenings fout met hulle salaris gemaak . Hulle moet slegs n minumum loon kry nie 100 k n maand nie . Dank die Vader het ek oor gegaan op sonkrag .

Pieter ·

Ons boet al vir 25 jaar vir onintelligente mense se foute. In Afrika gaan dit nooit verander nie, die verre minderheid wat hard werk moet die massas onderhou wat nie lus het om te werk nie. Hier is dit elkeen vir homself, niemand anders gaan jou help nie.

Kokerboom ·

Nersa fouteer en die verbruiker moet betaal??Dis total ONAANVAARBAAR!OUTA tree in asb!

JohanR ·

In SA boet verbruikers altyd op een of ander manier, vir die domgeid van 30 percenters! Of is die al af na 20%?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.