Verbruikers moet eie krag opwek en ‘probruikers’ word

Argieffoto

Suid-Afrika worstel tans met die probleem dat die nasionale elektrisiteitsverskaffer, Eskom, nie genoeg krag kan opwek om die land van ’n betroubare voorraad elektrisiteit te kan voorsien nie. Dit word hoofsaaklik aan baie jare se onvoldoende onderhoudswerk by die land se steenkoolkragstasies, ’n krisis in die verskaf van genoegsame steenkool van die regte gehalte aan kragstasies en groot ontwerpersblapse van die twee nuwe reusekragstasies, Medupi en Kusile, toegeskryf.

Een oplossing vir hierdie benarde situasie is om Suid-Afrikaners toe te laat, en inderdaad aan te moedig, om hul eie elektrisiteit op te wek.

Dít is die siening van die Dekaan van die Fakulteit Ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch (US), prof Wikus van Niekerk, na aanleiding van die toepassing van beurtkrag waaronder Suid-Afrikaners die afgelope paar maande gebuk gegaan het.

Van Niekerk, die voormalige Direkteur van die Sentrum vir Hernubare en Volhoubare Energiestudies, meen verbruikers is oormatig afhanklik van die verkryging van elektrisiteit vanaf een bron – Eskom – wat deur middel van die nasionale elektrisiteitsnetwerk deur Eskom of plaaslike munisipaliteite versprei word, terwyl ander elektrisiteitsbronne selfs teen ’n laer koste as wat verbruikers tans betaal, geredelik beskikbaar is.

“Die tegnologie en toerusting waarmee huishoudings hul eie krag kan opwek, het tot so ’n mate ontwikkel dat ware alternatiewe beskikbaar is. Verbruikers moet nie net aangemoedig word om in hierdie tipe tegnologie te belê nie; hulle moet ten minste finansieel daarin ondersteun word deur gepaste tariefstrukture.”

Al laat baie munisipaliteit verbruikers nou toe om sonfotovoltaïese eenhede op hul persele te installeer en om selfs oormaat krag terug te voer na die elektrisiteitsnetwerk, het die meeste munisipaliteit hierdie sogenaamde “terugvoertariewe” só gestruktureer dat dit inderdaad verbruikers daarvoor penaliseer. Dit is die vernaamste rede waarom baie verbruikers sulke stelsels sonder die owerhede se medewete installeer. Dit skep weer ’n gevaarrisiko vir elektrisiëns wat aan hierdie lyne moet werk.

In Europa, die VSA en talle ander lande het die owerhede presies die teenoorgestelde gedoen deur die installering van sulke sonkragstelsels te subsidieer deur middel van ’n aantreklike terugvoertarief. Die kapitale insetkoste van hierdie stelsels het die afgelope paar jaar soveel gedaal dat huiseienaars elektrisiteit nou vir minder kan opwek as wat hulle hul plaaslike munisipaliteit daarvoor sou betaal het, meen Van Niekerk. Hulle sal ook bereid wees om hul oormaat-elektrisiteit aan die plaaslike munisipaliteit teen dieselfde, of selfs ’n laer tarief, as wat die munisipaliteit Eskom daarvoor betaal, te verkoop. Dit is dus moeilik om te verstaan waarom die Stad Kaapstad, byvoorbeeld, bereid is om krag van onafhanklike kragverskaffers aan te koop, maar nie van sy eie inwoners nie.

Van Niekerk voeg by dit was ’n goeie begin om in sonverhittingstelsels vir water en ander kragbesparende toebehore soos LED-ligte te belê om die hoeveel krag wat in residensiële gebiede gebruik word, te verminder, maar verbruikers moet nou bemagtig word om sonfotovoltaïese panele op hul huise se dakke te installeer om nie net elektrisiteit op te wek nie, maar ook om “probruikers” te word.

“Dit is so dat sonfotovoltaïese panele, batterye en kragomsetters nie goedkoop is nie, maar dit is ’n belegging wat nie buite die bereik van ’n groot deel van die residensiële mark is nie,” sê Van Niekerk. “Dit sal nie net die druk op die elektrisiteitsnetwerk verlig nie, maar dit is natuurlik ook ’n skoner vorm van elektrisiteit.”

Deur huiseienaars toe te laat om hul eie sonstelsels te installeer, sal hulle die huidige aanvraag wat Eskom nie kan lewer nie, verminder en later sal dit beskikbare kapasiteit vergroot wat weer aan ander verbruikers beskikbaar gestel kan word om sodoende ekonomiese groei te stimuleer.

Hy verduidelik huishoudings wat nie die volle stelsel om van die elektrisiteitsnetwerk af te gaan, kan bekostig nie, kan ’n deel van die krag wat hulle gebruik, opwek. As hulle nie ’n batterystelsel kan bekostig vir die opgaar van die elektrisiteit nie, kan hulle die elektrisiteitsnetwerk as “battery” gebruik, deur bedags wanneer die son skyn en hulle nie baie krag gebruik nie, oormaatkrag aan die netwerk te verskaf en dan saans elektrisiteit van die netwerk te gebruik. Dit vereis natuurlik dat die elektrisiteitsnetwerk opgaarkapasiteit moet hê, wat dit inderdaad het met die drie groot pompopgaarskemas wat Eskom tans gebruik, sowel as die oop-siklus gasturbines wat hulle gebruik wanneer dit nodig is, het Van Niekerk bygevoeg.

“Daar is ʼn geleentheid wat wag om aangegryp te word om die dak-sonkragmark te stimuleer en die druk op Eskom se feilbare opwekkers te verminder, maar dit benodig visie en samewerking tussen alle regeringsektore sowel as die privaat en openbare sektore.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Donderstorm ·

Oorsee gebruik ook hul treine as hul rem ens om elektrisiteit in die krag stelsel terug te plaas doen sa dit? Sonkrag is duur hul vra basies R40000 en meer om n huis selfonderhoudend te maak met sonkrag hoe moet gewone mense dit bekostig? En met die sogenaamde “white prevelage” sal hul nie minderhede groepe wil subsideur in die land nie dit sal ook net meer tax wees vir ons as mense

HPV ·

Heeltemaal selfonderhoudend, maw af van die netwerk, kos nader aan R150000 tot R200000. Die regte batterye alleen kos R70000. “Grid Tied” is goedkoper want jy benodig dan nie die batterye nie maar is steeds nie heeltemaal selfonderhoudend nie.

Anti anc ·

En sou jy self onderhoudend word…daan hulle jou belas. Jy kan net nie wen nie….

Rudi ·

Duidelik het die prof aandele in n sonpaneel maatskapy. Hy moet dalk die finansies in agneem. As belasting betalers word ons geld gebruik vir al die “bailouts”, so ons betaal vir korrupsie, en dan moet ons nog betaal om self elektrisiteit te produseer. Die man moet weer bietjie dink

Lerato ·

So Rudi. Jy neem aan die prof het aandele in ‘n maatskappy wat sonpanele vervaardig.
Dis sulke ongegronde aanmes wat mense mislei

Rooi Jan ·

Daar is te veel “saamryers” in ons land, die regering kan nie bekostig om die middelklas te help om onafhanklik te word nie want die middelklas subsidieer die saamryers.

Chris du Preez ·

Kry die stadsraad kragstasies soos rooiwal en pta wes weer aan die gang. Hoekom dit ooit gestaak was weet nugter alleen

GAB ·

Die 2 kragstasies was afgeskakel gewees oor ons destyds meer krag opgewek het as wat nodig was. Maar ek verstaan dit moes nog steeds instand gehou gewees het. Dit was nie.

Sinies ·

Stap een is verbeter die energie effektiwiteit van huishouding,
LED ligte
Son waterverhitting
Induksie stoof.
.
Dan panele & batterye en moontlik diesel kragopwekker. Vergelyk tegnologieë, want n goedkoper opsie kan baie duur word of glad nie werk nie.

Johannes ·

Wat is die koste van induksie stoof en kan mens hulle koop

? leser ·

maar suid afrika voer krag na die “smelters” uit teen absolute minimale betaling, WAAROM ?????????????

GAB ·

Die munisipaliteit verwag jy moet 55c betaal per kwh wat jou system geregistreer is. As jy n maand van minder opwekkong gedoen het, betaal jy nog die volle bedrag. Daarby gebruik jy as “self consumption” ook nog. Dus betaal jy vir jou eie krag wat jy opwek ook. Minisipaliteite betaal dan terug aan die SSEG (eienaar) dan 32c.

Baie banke is bereid om so n stelsel wat jy insit te finansier. Ongelukkig teen rente. ‘n Goeie stelsel om te begin sonder panele wat volgens regulasie reg ingestalleer is werk so R50k uit. Dis ‘n backup, maar sonder panele kos dit ook baie geld om batterye gelaai te hou van die grid af. Met panele kan die batterye gelaai word en ook kan n huis direk van die panele krag opwek en gebruik

Koos de Meyer. ·

Dis maklik om jou eie krag te voorsien maar teen ‘n prys. Dis opvallend om te sien al die son verwarmers by die invormele nedersettings. Natuurlik betaal die belasting betaler vir dit.

James ·

Die regering wil dan solar TAX in bring. Waar jy belas word as jy son krag gebruik. Al is son KRAG VERNIET. Nie eers te praat van jou uitgawe om dit aan die gang te kry nie.

Gys ·

Lyk my ek is die enigste ou wat min gespin is oor beurtkrag. Natuurlik is beurtkrag baie sleg vir die land as geheel in terme van die ekonomi en beleggings, en daarom sal ek ook verkies as daar nie beurtkrag was nie. Maar vir my persoonlik in my huis, maak dit bitter min saak. Klink asof mense elke liewe sekonde van hul lewe elektrisiteit benodig?

Danie ·

na hoeveel jare moet die batterye vervang word? Gaan so n stelsel afbetaal word met die besparing?

Griet ·

Sover ek weet word die batterye elke 10 – 15 jaar vervang. Teen die huidige pryse (wat al aansienlik goedkoper is as 5 jaar gelede) en die stygings in ESKOM pryse, sal jy jou belegging binne 3 -5 jaar afbetaal. Daarna vervang jy net die batterye so elke 10 jaar.

Uiltjie ·

UPINGTON en omliggende dorpe smoor onder die sonkragstels, maar puur verniet. Dit kom nie by die mense hit nie, dis wit olifante.

TimJan ·

Inderdaad sal die kapasiteit onmiddelik genoeg wees. Die opwekking is te goedkoop en sal eskom “jobs” bedreig.
Ons betaal vir daardie poste hoor

Stripes ·

Lekker lag ek nou. Die anc wil graag hê ons moet sonkrag in ons huise gebruik sodat die munisipaliteite ons daarop ook kan belas. Wie gaan nou so dom wees om R200000.00 te spandeer net om weer R1000.00 per maand aand die munisipaliteit, en dus eskom, te betaal? Ons moet tans vooruit krag koop maar dit kan ook nie eens voltyds gebruik word nie want eskom stel beurtkrag in sodat die regering meer belasting geld vir hulle moet gee sodat hulle weer hulle beursies kan volstop. Sit maar die krag af, ek hou van uitkamp en dit pla my nie want ek bestuur nie ‘n besigheid nie en gee nog minder om as die ekonomie swak is want dan is die belastings wat die staat kry ook minder.

TimJan ·

Dis die rede hoekom eskom staats beheer is; om die eknomie te stimuleer met goedkoop krag en te verseker dat die nie in ‘n monopolie ontaard wat die staat beheer nie.
Al wat oorgebly het is “shame”

Heksie ·

Gaan julle dit vir Soweto se inwoners ook sê of gaan julle nog toelaat dat hulle krag gebruim sonder om daarvoor te betaal, want ons die belastingbetaler hoes mos maar om die land aan die gang te hou terwyl die res op hul gatte sit en net “demand”.

aj ·

Just do it!

Die prof is REG!

EKSDOM is gedoem tot ondergang … ’total blackout’!

Soos selfone die ou Telkom (“nommer asseblief”) telefone vervang het só sal tuiskrag jou bevry van EKSDOM se onbevoegdheid, uitbuiting en teistering!

Dis die regte ding om te doen!

Doen dit net!

Carel ·

Ek dink ons is verby die punt om toestemming te kry van Eskom of ‘n hardnekkige stadsraad om son energie stelsels in te sit. As mense van private sekuriteit mag gebruik maak om dat die polisie onbeholpe is, of die selfoon netwerk van jou eie keuse het, hoekom nie jou eie krag nie? Ek kan sien dat mense stadig maar seker meer kennis en ervaring kry. Ja dit kan goedkoper wees en daar is uit weg al het mens nie baie nie geld nie. As jy’ n Kampeer yskas het, ‘n son paneel en ‘ n eenvoudiger MPPT laaier(charger) en omtrent ‘n 100Ah battery kan jy al baie better leef deur die beurtkrag(load shedding) deur die nag. Daar is by yskaste en wasmasjiene wat van 12v werk. So binnekort is dit totsiens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.