Verbruikerskommissie ondersoek Ford

Foto: AP Photo/Gene J. Puskar, File

Foto: AP Photo/Gene J. Puskar, File

Die Nasionale Verbruikerskommissie het bekend gemaak dat hy ʼn ondersoek na Ford Suid-Afrika en sy handelaars begin het.

Die ondersoek hou verband met beweerde verbode gedrag. Ebrahim Mohamed, kommissaris van die kommissie, het gesê Ford is op 28 Februarie van die ondersoek in kennis gestel.

“Ek kan bevestig die kommissie het ʼn ondersoek begin rakende Ford SA en sy handelaars se bedrywighede nadat ons klagtes van beweerde verbode gedrag ontvang het.” Volgens Mohamed het die kommissie sedert Desember meer as 130 klagtes ontvang teen Ford SA rakende verskeie kwessies, waaronder die herroeping van die Ford Kuga 1.6 Eco Boost wat maklik aan die brand slaan.

Mohamed het gesê hulle ontvang daagliks nog klagtes. “Die kommissie beskou die bewerings van beweerde verbode gedrag in ʼn baie ernstige lig. Ons sal geen steen onaangeraak laat om antwoorde te kry oor die kwessies wat deur verbruikers geopper is nie.

“Ons het Ford SA se ondersoekverslag ontvang en het in die lig van die verslag en die klagtes van verbruikers besluit om die saak te ondersoek. Ons versoek mense wat geraak word hierdeur om ons die nodige tyd te bied om die saak behoorlik aan te raak.”

Volgens Mohamed is die skending van verbruikers se regte gelykstaande aan menseregteskendings. “Dit is nie toeval dat die regte in die Verbruikerbeskermingswet ietwat soortgelyk is aan dié in die Handves van Menseregte in ons Grondwet nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

A ·

Maroela, julle sê 2 keer in die berig verbode bedrag? Seker gedrag?

Janie Monsieur ·

Dagsê A,
Dankie vir die kommentaar.
Die foutjie het sowaar tydens die redigeringsproses ingeglip. Jammer vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

apostelperdpersoon ·

mnr mohamed wil jy nie asb, please, bite, kanalla, por favor daardie Handves van Menseregte in ons Grondwetlik aan pres Zuma en sy hele cabinet gaan voorlees nie?

Gerrie ·

Dit is net skandelik dat Ford Sa en die banke so iets toelaat.hoop hulle kierentjies braai

Johann ·

Gerrie. Sovêr is dit nog net hulle karrikies wat braai…

Rupert Ashford ·

Soortgelyk aan die menseregte handves seg jy? En gaan julle dit toepas soos die menseregtekomissie? So ouens met wit Kugas kan maar vergeet. ;-)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.