Verbyganger kom op motorfietsryer se liggaam af

Foto: ER24

ʼn Verbyganger het Sondagoggend op ʼn motorfietsryer se liggaam afgekom wat by die aansluiting tussen die R55 en Ruimteweg in Centurion gelê het.

Russel Meiring het gesê die verbyganger het omstreeks 10:00 die liggaam gesien en hulp ontbied. Die oorledene was vermoedelik in sy 30’s.

“Met paramedici se aankoms op die toneel het hulle die liggaam gevind waar dit ʼn ent weg van sy motorfiets af gelê het. Paramedici het hom ondersoek en gevind dat hy al ʼn ruk lank dood was.”

Meiring het gesê die omstandighede rakende die man se dood is tans baie vaag en die polisie sal die saak verder ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Johan ·

Ai.Ek glo en vertrou dat jou saak was reg met jou Skepper God alvorens jy omgekom het met die dood.My inige simpatie met die agterblywendes van hierdie jong man. Bid vir julle elkeen. Wees paraat en hou vas aan Abba. Shalom

Pop ·

Jare en jare se trane wag vir sy naasbestaandes. My kind het ook so in die veld gelê. Daai gevoel van n vuishou wat jou op die bors slaan gaan nie sommer weg nie. Soms kry jy nie asem nie. Die pyn is so intens. Rou eindig ook nooit nie. Dit verander net. Hartseer is nie n teken van swakheid of n gebrek aan geloof nie, dis net die prys van liefde.???my gebede is met elkeen wat n geliefde verloor. Mens staan hulle nie af nie, jy verloor hulle.

Mr B ·

Hulle sê daai seer gaan nooit weg nie, ons keer net om daarmee saam te leef

Chris Ws ·

Innige simpatie met sy naasbestaandes.’n Motorfiets bied eenvoudig geen beskerming nie.Al was die’ persoon heeltemal onskuldig(wat ‘n sterk moontlikheid is) kon dit hom nie help nie.Ek het self motorfiets gery in my jong dae maar toe ek vrou vat ,het ek hom dadelik verkoop en nooit weer teruggekyk nie.Dit was lekker dae ja, maar die verkeer was BAIE minder as deesdae wat die gevaar erg vermeerder vir motorfiets ryers.

anton ·

Dit is nie noodwendig die meer verkeer wat die probleem in vandag se tyd is nie maar eerder sekere mense wat nie n lisensie moes kry om voertuie op ons paaie te bestuur nie, wat die skuld moet kry!!!
Daar is hopeloos net teveel onbevoegde bestuurders op ons land se paaie!!!

humor ·

Spoed——spoed—- spoed Die grootste oorsaak van motorfietsongelukke. Daagliks vleg hul deur die verkeer teen 140 160 en selfs teen 200 km/ uur.

Irna ·

Wie se vir jou dit was spoed en iemand het hom nie gestamp nie! Dis een van my naaste vriende en hy was nooit onverskuldig op die pad nie

sulette ·

ai dis erg hartseer, ek kani my self indink hoe die naasbestaandes moet voel nie, RIV

@irna ·

Eerstens baie sterkte en simpatie vir jou en die res van sy familie en vriende. Tweedens sommige motorfiets ryers os maar baie stupid as hulle bestuur en jaag. Ek is bly jou vriend pas nie in die veralgemening in nie… Maar baie pas in daai beskrywing. As die skoen pas trek dot dan maar aan.

Vraagteken ·

Humor, jou kommentaar is nie van pass nie. Is daar enige bewyse dat hy te vinnig gery het? Dink asb…

Urchula ·

Ek glo nie ons Vriend Karl het gejaag hy was n verantwoordelike biker met n meisie en 2 kinders tuis

Koos ·

Sies Humor, hierdie man was dalk een van die 5% wat by die spoedperk hou en dalk selfs ‘n wettige nommerplaat ook op het!

juba ·

Ek ry 40 Kpu binne ons werksgebied met my motorfiets dan moet ek hoor ek jaag, waarom word spoed altyd die skuld gegee, almal wil nie net jaag nie. Ek was al hoeveel keer byna in n ongeluk betrokke dan se die bestuurder van die voertuig net “jammer ek het jou nie gesien nie”

n ·

Nie alle motorfietsryers is onverskillig nie. Enigiets kon gebeur het. Dis nie te se dis spoed nie. Regtig waar, ek wens party mense wil dink voordat hulle kommentaar lewer.

Helen ·

Daar staan nêrens wat gebeur het nie. Kom ons neem nie ons eie afleidings nie. Dit kon enigiets gewees het. Wat my die meeste pla, is dat dit so lank geneem het vir iemand om hom raak te sien waar hy alreeds ‘n ruk lank oorlede was. Dalk sou hy nog gered kon word as iemand hom net vroeêr ontdek het. Dis vrek hartseer.

Betsie ·

Innige meegevoel en gebede aan hierdie jongman se familie. Humor dink voor jy praat en veralgemeen. Hierdie jongman se familie gaan alreeds deur n hartseer tyd

anton ·

Snaaks dat mense altyd beweer dat motorfietse so jaag maar het hulle al gesien hoe jaag motor bestuurders ook daagliks op ons paaie?
Punt is, motor bestuurders jaag ook baie en oorskry die spoedgrens gereeld!!!

Linda van Mosselbaai ·

Sterkte aan almal wat lief was vir die man.
Hy het gedoen waarvoor hy lief was. Motorfiets ry is in hulle bloed.
20 jaar gelede het my man op sy motorfiets dood verongeluk. In sy matriek jaar was hy ook in ‘n erge ongeluk waar dit 5 jaar gevat het voor hy herstel het van sy breinbesering. Ons het 4 pragtige dogters.
Ek glo dat jou tyd op aarde bepaal word & al het my man die dag in sy bed gelê sou hy ook deurgegaan het na die ewige lewe.
Mag God julle vertroos in hierdie moeilike tyd.

Chris Ws ·

Ai mense ,spoed veroorsaak geen ongeluk nie.Spoed bepaal die ernstigheidsheids graad van die ongeluk dis al.hoe hierdie ongeluk gebeur het?Wel almal bespiegel maar niemand weet nie.Ek het self ondevind dat al swenk jy net uit vir ‘n motor wat voor jou inswaai of voor jou skielik rem het jy ‘n probleem as jy sou val.Dis wat in meeste gevalle gebeur -jy val jou disnis en die motor ry aan asof niks gebeur het nie.Feit is ongeag wat gebeur het ,die’ gebeurtenis is tragies en traumaties vir sy familie en vriende.Ons moet dit asb.respekteer. Nie alle motorfiets ryers is roekeloos nie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.