‘Verbysterd, verslae’ ná moord op bekende inwoner van Kuruman

Zoetje Oosthuizen. (Foto: Facebook)

Die gemeenskap van Kuruman in die Noord-Kaap is in skok en rou gedompel ná die moord op Zoetje Oosthuizen, ʼn bekende inwoner van die dorp.

Oosthuizen is Woensdagmiddag vermoor, vermoedelik deur ʼn nabye geliefde.

Sy was ʼn hondeteler en skrywer wat reeds jare lank op dié plattelandse dorp saam met haar man, Hennie, woon.

Ds. Hennie Reynecke, leraar van die Gereformeerde Kerk Kuruman, het Oosthuizen as ʼn sagte en diep gelowige mens bestempel.

“Sy was baie meelewend in die gemeente,” het hy gesê.

Reynecke het in ʼn boodskap op Facebook ook die gemeente se voorbidding vir Oosthuizen se twee dogters en seun, asook die res van haar familie gevra. “Ons bid die Here se vertroosting deur Sy Heilige Gees vir hul almal toe.”

Oosthuizen was vantevore met dr. Jan Aucamp, ʼn voormalige predikant op die dorp, getroud. Aucamp het in ʼn boodskap op sosiale media gesê hy en die kinders is “verbysterd en verslae”.

“Hoe kan ons ooit God se raadsplan deurgrond … maar in ons verslaenheid weet ons Hy maak nie foute nie, al verstaan ons nie sy weë nie. Zoetje, ek eer jou nagedagtenis.”

Maroela Media het die polisie om kommentaar genader en wag steeds op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Phillip ·

Ds Oukamp jammer om te hoor u was Ds by krokedilrivier Gereformeerde brits so jammer vir u gesin Phillip Jessen

Casper ·

Ek dink nie daar is enige sielkundige wat hierdie sinnelose moorde en verkragtings aan my sal kan verklaar nie.Nog minder wat iemand tot so iets dryf se denke.’n Nabye geliefde,rettig.Sterkte aan die familie en mag God julle dra deur hierdie hartseer tyd.

Nella ·

‘n Nabye geliefde? Laat mens wonder. En ek glo dit is so onnodig. Jaloesie dalk? Innige simpatie aan haar ander geliefdes. Ek lees dan klaar op Facebook : My Dopperdagboek dat hul die persoon bekend gemaak het wat haar doodgeskiet het. Nadat sy die polisie in kennis gestel het dat hy haar met ‘n vuurwapen dreig. Hulle was daar en het hom nie in hegtenis geneem nie, ook nie sy vuurwapen afgevat nie. Wys net ons vrouens se lewens beteken niks in Suid-Afrika nie.

madels ·

Wat sy het die polisie gebel en gesê die persoon dreig haar met n vuurwapen en die polisie doen niks!!?? Die polisie en die moordenaar is skuldig aan haar moord! Punt!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.