Verdagte 5 jaar ná moord op jong vrou steeds soek

Chantelle Barnard.

Chantelle Barnard.

Vandag presies vyf jaar gelede is Chantelle Barnard (20) wreed op ʼn kleinhoewe in Benoni aan die Oos-Rand verkrag en vermoor. Jurgen Vandekeere, die 38-jarige verdagte wat tereg staan op dié grudade, is egter nog soek nadat hy tydens sy verhoor op die vlug geslaan het.

Barnard se familie het hernude pogings aangewend om Vandekeere, wat ook op Interpol se lys van gesoekte persone geplaas is, op te spoor sodat hy verhoor kan word.

“Ons as familie gaan jaar na jaar deur met die hartseer en kwaad dat hy vry rondloop en dit wil voorkom of die polisie nie veel doen om hom aan te keer nie,” het Chris van Vuuren, Barnard se swaer, Vrydag aan Maroela Media gesê.

Jurgen Vandekeere. Foto: Via Interpol

Jurgen Vandekeere. Foto: Via Interpol

Maroela Media het vroeër berig Vandekeere word daarvan beskuldig dat hy Barnard op 1 April 2011 in sy huis op ʼn hoewe in Benoni verkrag en vermoor het. Nadat sy verkrag is, is Barnard keelaf gesny en toe gebad. Haar ma, Suzette, het die aand omstreeks 22:00 op haar naakte liggaam op die slaapkamer se vloer afgekom.

Vandekeere se pa was die opsigter van ’n woonstel op ’n hoewe in Doreenweg, waar Barnard saam met haar ma, broer en mansvriend gewoon het.

Jurgen Vanderkeere

Jurgen Vanderkeere

Vandekeere is op die toneel in hegtenis geneem en is later borgtog geweier in die Benoni-streekhof. Hy was vir ongeveer twee maande in aanhouding toe hy die hooggeregshof genader het om borgtog, en waar dit toegestaan is. Hy moes 9 September 2013 weer in die hof verskyn het, maar het nooit opgedaag nie en is sedertdien soek.

Van Vuuren het gesê Vandekeere is sedertdien een keer op ʼn lughawe in Maputu gesien en daar word vermoed dat hy moontlik by familie in België skuil.

Hy het ʼn beroep op die publiek gedoen om ʼn plakkaat met Vandekeere se inligting en foto’s wyd op sosiale media te versprei in die hoop dat iemand hom sal herken.

Mense met meer inligting oor waar Vandekeere hom mag bevind, kan die plaaslike ondersoekbeampte, ao. Pieter Mbonani by die Benoni-polisiestasie by 082 301 2276 bel. Mense wat hom oorsee gewaar kan Interpol via hul webwerf in kennis stel.

Maroela Media het navraag by die provinsiale polisie gedoen oor huidige stand van sake, en wag nog vir terugvoer.

12508945_569686256513944_7541918706670933082_n

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

NET EKKE ·

ek onthou dit nog soos gister Ja met ons sapd is die kanse goed dat n skilpad van n moord toneel kan wegkom So jammer vir die familie my hart bloei vir julle Maar hy sal sy dag kry en mag sy dag laaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaank aanhou

Tammy ·

Dis onmoontlik om net te verdwyn. Sit sy foto op die voorblad van ons vernaamste koerante en kyk hoe vinnig word hy gevang!! Hy het duidelik geen gewete nie.

Griki ·

Dis omdat borgtog aan moordenaars toegestaan word. Dit moenie gebeur nie, veral as daar ‘n goeie saak teen die moordenaar is.

Schalk ·

Ek het vir lank mense opgespoor wat soek was. Hy sit heel waarskynlik onder die neuse van die SAPS, hulle doen net nie die moeite nie. Ek sal hom in Natal, die Bluff. Of in die Wes Kaap gaan haal. Indien hy landuit is sou hulle kon sien indien hy deur enige doane is. Mits hy dan natuurlik onder n valse paspoort uit die land is. Ek sal like om die ou te gaan haal.

Suzette ·

HI Schalk
Ek is Chantelle se mammie, ons het al byna alles in ons vermoe gedoen om die man op te spoor, ons het hom op die voorblad van byna elke moontlik koerant gesit en so ook Huisgenoot, as jy dalk enige raad of advies het om ons te help, sal dit baie waardeer word, elke jaar word vir ons net erger.

Cherokee ·

Hallo jy Suzette, Chantelle is lieflik! Gebruik Internet in jul soektog want die Net krap in gate waar koerante nie gesien word nie. Die moordenaar mag dalk nou bebaard wees en sy hare mag gekleurd en in ‘n ander styl wees en daar benewens sal sy gewete hom dekades ouer maak (okay ek weet hy het geen gewete!) , so miskien sal julle selfs ‘n kunstenaar moet vra om moontlike ander voorkomste te teken. Mag julle die moordenaar van daardie pragtige meisiekind opspoor en laat boet!

Schalk ·

Suzette. Vra Maroela om my epos adres vir julle te gee. Ek sal waardeer as julle my kontak en ek van enige hulp kan wees.

Schalk ·

Suzette. Ek sal glad nie n probleem he indien jy Maroela vra vir my email adres nie. Kontak my gerus, ek sal help waar ek kan.

Madelein ·

Hi Schalk, ek werk saam met Suzette en is ‘n baie goeie vriendin van haar, sy was vandag baie besig, maar ek sal haar gou more se om vie Maroela Media te vra on jul in kontak te sit, Chantelle sou die 11de April verjaar het, die sal Suzette nuwe hoop en krag gee as jy kan help, baie dankie

Tammy ·

Kan SARS nie help nie? Hy moet tog seker werk om te oorleef en belasting betaal.

m ·

Die vreemdelinge het n baie lekker lewe in die land. Daar is darem seker een of ander stelsel waarop sy besonderhede geblok kon word om nie die land te verlaat nie sodat die beampte by departures kan sien oip die stelsel hierdie sot word gesoek vir moord en verkragrting. Ons stelsels is ook ma een groot grap. Geen wonder die wereld stroom hiernatoe nie want hier is geen toegangsbeheer.

Gesiggie ·

Dag in en dag uit moet die ouers van Chantelle met die hartseer saamleef terwyl Mnr Jurgen op vrye voet rond beweeg, asof niks gebeur het nie”’ jy kan maar probeer , hul gaan jou vang en die keer gaan jy nie so gelukkig wees om op borgtog uit te kom? hoe op aarde laat die hof toe, dat n persoon wat gemoor het… borgtog kry? sulke mense moet agter slot en grendel gehou word… tot in ewigheid”’ aan die Ouers van die meisie wees sterk God sal jul help… hierdie man sal kry wat hy verdien, as almal saam staan… sal hy gevang word, sy gesig is oral op plakkaarte… Gee jouself oor Jurgen, want hul gaan jou vang??? wees n man … herken wat jy gedoen het, en mag God jou vergewe.

Hannelie ·

Ek bid dat hierdie afskuwelike moordenaar opgespoor word sodat Chantelle se ouers berusting kan kry. Ek is bly dat daar plakkate opgesit is. Ek glo een of ander tyd sal hy hom vasloop. Hulle moet sommer die media oorsee ook laat weet. Iemand sal hom herken.

Anoniem ·

Die Polisie voel ‘n veer. My seun is September 7 al 8 jaar vermoor, in ‘n kamma sekuriteitskompleks. Nie ‘n vinger gelig nie, maar as ek feite uitwys word ek gou stil gemaak met : “Mevrou jy kyk te veel TV”.

Maria van Dieweeck ·

Ek bid vir die moeder en familie mag God jul harte verbind. Ek is so jammer.

Joann ·

Hy sit dalk nog iewers as stasie bevelvoerder met hoge rang in SAPD kantore. Sy doen en late verg n hoe rang en dalk nor parlement toe

Daan ·

Hy sal eendag voor die groot Regter moet staan en rekenskap gee.Hierdie lewe is soos ‘n gedagte en die ewigheid vir ewig…..

Daan van Rensburg ·

Suzette,vergewe hom en gaan aan met julle lewe.Moenie dat hy julle gevange hou terwyl hy vry rondloop nie.Die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan sal oor julle neerdaal en julle omvou.

Tinktinkie ·

Daan het jy al n kind aan so n wrede dood afgestaan??? Maklik vir jou om te se vergewe!! Het jou God jou nie gesonde verstand gegee om te weet dat n moordenaar in die tronk hoort nie?? Ek is seker Chantelle se familie wil voorkom dat nog n wrede moord gepleeg word!!!

Madelein ·

Daan, ek werk saam met Suzette, Chantelle se ma, sy sal nooit rus vir haar siel kry voor dan man is waar hy hoort nie, Suzette het self op haar dogter se lyk afgekom en self 1ste gesien wat die monster aan haar kind gedoen het, so iets gaan nie tevergeefs verby jou nie, nie as dit jou eie kind is nie. Sy kry bitter swaar

Wat-ek-lees ·

Geen beskrywing verder van hom soos lengte, gewig ens.?
Indien nie dan het die SAPD maar halwe werk gedoen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.