Verdagte aangekeer oor brand by St. George-katedraal

(Foto: St. George-Katedraal/Facebook)

ʼn 40-jarige man sal na verwagting Dinsdag in ʼn hof in Kaapstad verskyn oor ʼn brand wat Sondagoggend vroeg by die St. George-katedraal in Waalstraat uitgebreek het.

“Kringtelevisiekameras van restaurante in die omgewing het beeldmateriaal van die moontlike verdagte verskaf,” sê Andre Traut, woordvoerder van die polisie. “Hy is naby die misdaadtoneel opgemerk toe speurders met hul ondersoek besig was.”

Die man is in hegtenis geneem op aanklag van brandstigting. Die motief vir die brandstigting is nog nie bekend nie.

Maroela Media het vroeër berig dit blyk dat ’n stuk katoen of gaas aan die brand gesteek is en deur die klein tralievenster naby die trappe wat na die katedraal se Waalstraat-ingang lei, gegooi is. Iemand is opgemerk wat van die katedraal weggehardloop het. ’n Lid van die publiek het omstreeks 01:53 die brand opgemerk en die sekuriteit aan diens in kennis gestel. Die brand is geblus en geen beserings is aangemeld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Deon ·

Dit is wonderlike speurwerk!! Merk iemand iewers naby n MOONTLIKE misdaad toneel op en neem die persoon sommer in hegtenis… Ek wonder of hy darem ook ten minste “skuldig gelyk” het? Dalk het hy ook n aansteker sonder gas gehad(gas is opgebruik met die brandstigting) en dus sterker bewyse,of vuurhoutjies by hom gehad ook, en die boksie was leeg want hy het die vuurhoutjies vir brandstigting gebruik. Nou net gou die gaas kwessie aan spreek nog, kyk of daar n gat in sy klere is waar hy die gaas gekry het, dan is hy nou regtig wraggies in n hoek… Julle verstom my met julle intelligente speurwerk……. Die brand is nie goed nie, die skuldige/s moet aan die pen ry, nie net enige arme siel wat per ongeluk daar naby was nie!!

Ettienne ·

Deon, dit lyk my jy vra deeglike ondersoekwerk? Ek ken nie al die feite nie en dalk is dit so,soos wat beskryf word maar ek is bevrees dat soos wat die polisie meer en meer onbekwaam word gaan hulle meer en meer sagte teikens soek … en sake gaan net bloot stil-stil doodloop.

Misky ·

Ek sou sê dis ‘n goeie begin en iemand wat verdag lyk en weghardloop van ‘n toneel. Dis net voor 02h00 in die oggend – niemand draf daai tyd van die nag nie. En daar is beeldmateriaal wat gevolg kan word.

Lillian ·

Wat gaan nog gebrand, verbrand of afgebrand word in ons land?

Hendrik ·

Ek wil net gou die dinge bymekaar kry. ‘n Man ry ‘n fietsryer dood en word vrygelaat tot verdere kennisgewing, maar ‘n vermoedelike brandstigter word opgesluit. Is daar iets wat ek mis?

Deon ·

Jy mis niks, dis hoe dit is, mense sal moet ophou wens vir doodstraf, dink aan die gemors wat dit gaan afgee

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.