Verdagte aangekeer oor transitorooftogte

(Argieffoto)

ʼn 39-jarige man verskyn binnekort weer in die Kuruman-landdroshof in die Noord-Kaap ná hy op 8 Desember in hegtenis geneem is in verband met transitorooftogte.

Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die polisie, het gesê die man is in Hartswater aangekeer. Hy was vermoedelik betrokke by verskeie transitorooftogte wat in 2018 in Kuruman en Pampierstad uitgevoer is.

“Hy is positief geïdentifiseer vir sy betrokkenheid by ʼn transitorooftog in Kuruman. Twee veiligheidswagte is van ʼn onbekende bedrag kontant beroof toe ses gewapende verdagtes toegeslaan het.”

Veiligheidswagte is in Pampierstad ook van ʼn onbekende bedrag kontant beroof toe ses verdagtes hulle oorval het. Een van die wagte is by ʼn winkelsentrum in die been geskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Cherokee ·

Waarom verskeie transito rooftogte? As een geslaagd was, waarom die noodlot uitdaag om meer te doen? Sug na geld.

KhoiKhoi ·

Gewoonlik leef hierdie ‘n rojale lewe en raak die geld gou klaar tussen drank, partytjies, blitsige karre en vrouens.
Natuurlik ook die “adrenaline rush” met elke aanval.

Sarel ·

Borgtog ….dan saak uitgestel….en tussen on gasn hy voort.

Sarel ·

Cherokee…. my vermoede hulle soek finansiering vir projekte dois o.a. wapen aankope ens

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.