Verdagte aangekeer oor Upington-man se dood

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn 34-jarige man is Dinsdagoggend vroeg in hegtenis geneem in verband met die moord op Frikkie Rademeyer (72) van Upington in die Noord-Kaap.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het in ʼn verklaring gesê die verdagte is by ʼn huis in Rosedale, Upington, aangekeer toe speurders inligting opgevolg het.

Maroela Media het vroeër berig die polisie het op 26 Januarie 2019 omstreeks 11:00 ʼn berig van Rademeyer se bure ontvang oor ʼn moontlike inbraak. Beamptes het hom dood aangetref in die gang van sy huis in Middelpos. Hy het verskeie steekwonde aan sy bors gehad.

Die verdagte sal binnekort in die Upington-landdroshof verskyn op aanklag van roof en moord.

Rademeyer was ʼn geliefde inwoner van die distrik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Posduif ·

Rus in vrede Oom. Oom se vriendelikheid en omgee sal altyd onthou word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.