Verdagte daag nie op vir boer se moordsaak

Attie Jooste (Foto: Verskaf)

ʼn Lasbrief is Donderdag uitgereik vir die inhegtenisneming van een van die verdagtes in die moordsaak van Attie Jooste.

Jooste (60) is op 7 Januarie 2018 op ʼn kleinhoewe by Jan Kempdorp in die Noord-Kaap vermoor.

Die verhoor van Lucky Bohelo (30), Kerneels Persent (28) en Nicardo Hutama (28) het Maandag in die hooggeregshof in Kimberley begin.

Lucky Bomelo (30), Kerneels Persent (28) en Nicardo Humata (28) (Foto: Verskaf)

Nicardo Hutama (28), wat op waarskuwing vrygelaat is, het versuim om Woensdag en Donderdag vir die hofverrigtinge op te daag. Die hof het Donderdag ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik.

Die verhoor sou aanvanklik verlede week begin het, maar die verrigtinge is vertraag omdat Bohelo nie vir die hofsaak opgedaag het nie. ʼn Lasbrief vir sy inhegtenisneming is uitgereik en hy het toe vandeesweek in die hof verskyn.

Present is óók vroeër vasgetrek toe hy nie vir sy hofverskyning opgedaag het nie.

Bohelo en Present is albei nou in aanhouding.

Die verhoor is tot 7 en 8 Maart uitgestel.

Maroela Media het destyds berig Jooste se liggaam is die oggend ná die moord in sy huis op die kleinhoewe aangetref. Hy is glo met ʼn skerp voorwerp in die bors gesteek.

Jooste se bakkie is ook verlate langs die pad naby Jan Kempdorp gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Kokerboom ·

Jag die moordenaar..laat hom boet. Hierdie wetteloosheid MOET nou stop?
Vir 5 maande uitgestel!!!Hoekom???

Piet 6 ·

Ek stem saam, 5 maande uitstel? Die howe is te vol van politieke partye wat onder mekaar baklei, dit is hoekom ander sake so lank uitgestel word

Roek ·

Omrede hul die beskuldigde moet op spoor en in hegtenis neem dit gee die SAPD geleentheid om hul werk te doen!

ES ·

Die uitstel gee die staatsaanklaer en ondersoekbeampte tyd om genoegsame bewyse bymekaar te kry om die skuldiges ten volle te kan aankla.

Piet 6 ·

Die moord is al in 2018 gepleeg, hulle het 4 jaar kans gehad om alles bymekaar te kry.

Cherokee ·

ES, wetie waarom jy geduimaf word nie. Wat jy sê maak sin.
Mense na-aap mekaar graag, duimaffers veral.

Perdeby ·

Want die verhoor kan nie aangaan sonder die ander verdagte nie. Maak dit sens? Hulle moet die landdros wat hom op waarskuwing vrygelaat het ook sommer aankla, kan nie glo dat moordenaars borg kry nie.

Lily ·

Nee ek verstaan nie. Hoe word ‘n moordverdagte vrygelaat en gevra om weer te verskyn as die hofsaak begin? Wat is die kanse dat hy wel sal opdaag?

Peter ·

Want hy was uit op borg, dis soos om ‘n naald in ‘n hooimied te gooi!! Patetiese regstelsel van ‘n banana republic.

Mariana ·

En nou moet nog geld gemors word om die skarmunkel te soek. Hy moes nooit losgelaat gewees het nie. Hy hoort agter tralies saam met sy maatjies. Dis hoe dit gaan in hierdie wettelose land.

Jacobus ·

As ek reg verstaan is hierdie aanvaller vrygelaat op borgrog, toe daag hy nie op vir verhoor, hy word gevang en kry weer borgtog, hy daag weer nie op nie en word weer gevang. So moet die polisie hulle werk oor en oor doen omdat die regstelsel pateties is.

Danie ·

Die polisie is die wat borg nie teengestaan het nie ,seker bekend aan ondersoekbeampte.

Sarel ·

Dit is wat gebeur wanneer jy ‘n ” Moordverdagte” op
waarskuwing vrylaat

JohanR ·

Hoekom het hulle borgtog in die eerste plek gekry? Wie weet of hulle nie al weer vermoor het nie?

Wondermaarnet ·

Daar was geen borg betaal nie. Hy is op waarskuwing vrygelaat.

Eugene ·

Kla die dom persoon wat moordenaars laat rondloop terwyl hulle verhoorafwagtendes is. Skop hom of haar sommer uit Justisie uit

Althes ·

Die regstelsel faal die burgers van SA. Waar kry jy ñ moordverdagte wat op waarskuwing vrygelaat is?

Casper ·

Moord is ‘n skedule 6 misdryf maar hy word op waarskuwing vrygelaat.In ander moordsaak met voorbedagte rade moet uitsonderlike redes aangevoer word vir ‘n suksesvolle botgtogaansoek.nou vra ek net hoe kan daar twee stelle reëls wees.As dit ek was sou ek moes appéleer om borg te kry.

Jakes ·

Watter boodakap stuur die regsproses uit om moordverdagtes op borg vry te laat? Dan moet die integriteit van ons regstelsel bevraagteken word.

Owlie ·

Baie on beantwoorde vrae…
1 hoekom kry verdagtes borg en waarskuwings
2 hoekom moet moord sake so lank vat – genoeg bewyse en selfs skuldiges is daar
3 hoekom uitstel vonnis in sy afwesogheid en gaan gaal hom, sy buddies sal gou sing
4 indien enige van ons land se wets toepassings beamptes, regters, prokureurs, ministers, president deur dieselfde hartseer en trauma gaan sal hulle dit so gemaklik aanvaar as hulle jare moet wag voor hulle die stukkies van hul kewens kan optel

Johann ·

Ongelooflik om te moet ervaar hoe die “reg stelsel” die boosaards loslaat en laat rond loop.

Hennie ·

Hy is vrygelaat omdat die sot “WHITE TRASH” vermoor het. Dit strook met ANC EFF beleidsraamwerk!

My siening ·

Tiepies ons reg stelsel, swak en bedryg SA se veiligheid!

Anel ·

Die beste sal nou wees om hom maar dood te skiet en sê hy het die polisie aangeval, of so iets. Hoe kan ‘n moordenaar op waarskuwing vrygelaat word!!!! Wat van die man wat die “tiener” wat om gepla het? Hy is toe gesluit en kon vir lank nie borg jry nie!!! Ons regstelsel is net so korup soos die regering!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.