Verdagte dood, drie vas ná skietery met polisie

Die twee verdagtes wat in hegtenis geneem is. Foto: SAPD

Die twee verdagtes wat in hegtenis geneem is. Foto: SAPD

ʼn Verdagte is Woensdag in Gauteng doodgeskiet en drie is in hegtenis geneem ná ʼn oor-en-weer-skietery met die polisie.

Volgens die polisie van die Ekurhuleni-Noord-polisiëringsgebied het verskeie eenhede van die polisie omstreeks 12:00 ʼn gesteelde Mini Cooper opgespoor en van Honeydew op die N1-snelweg tot die N3-snelweg agtervolg.

Die verdagtes het in Modderfonteinweg ingedraai waar hulle op die polisie losgebrand het. Die polisie het terug geskiet.

Een verdagte is noodlottig gewond, ʼn tweede verdagte is beseer en onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem en twee is in hegtenis geneem. Geen polisiebeampte is tydens die skietery beseer nie.

Die polisie het beslag gelê op twee vuurwapens.

Voorlopige ondersoek het bepaal dat die Mini Cooper Sondag tydens ʼn huisroof in Edenvale gesteel is.

Die verdagtes moet binnekort in die hof verskyn op aanklagte van poging tot moord, die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en die besit van ʼn vermeende gesteelde voertuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

foxi ·

Die tronke gaan oorvol wees……..uiteindelik doen die gereg hul werk!

Anoniem ·

Trots op die polisiemanne! Dankie Here, dat U hulle veilig gehou het sodat hulle gisteraand kon teruggaan na hul gesinne.

Helde ·

Polisiebeamptes wat daadwerklik skelms vasvat soos hierdie is ware helde. Dankie.

Scalla ·

Volgens die foto word die paaie en verkeerstekens goed in stand gehou in gauteng, puik werk

Annie ·

Tyd dat labour camp opgerig word dat die goed vir hulle eie bestaan en kos werk. Hoekom belasting geld mors op die gemors. Al 3 moes bokveld toe gewees het.

Jef ·

Laat hulle familie vir hulle betaal vir die tyd dat hulle in die tronk verblyf, hoekom moet ons daarvoor betaal.

Petrus ·

Maroela, julle verdraai die feite, die voertuig is in n huisroof gesteel punt. Nou beweer julle dat dit n beweerde gesteelde voertuig is. Hou op om so slapgat te wees en stel die feite soos dit is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.