Verdagte dood gevind ná deurbraak in Hennenman-plaasmoord

Eddie Hills en sy vriendin Marizanè du Plessis. Foto: Facebook

Een van die vier verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met die plaasmoord in Hennenman in die Vrystaat, is dood in ’n polisiesel aangetref.

Pieter Hills (56) is op teregstellingswyse doodgeskiet en sy seun, Eddie (26), is in die nek geskiet nadat hulle in hul plaashuis aangeval is.

Vier verdagtes is Vrydagaand in Phomolong in hegtenis geneem nadat speurders van die Hennenman-polisie en lede van die misdaadvoorkomingseenheid om die beurt gewerk het om ’n deurbraak in die saak te maak.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het gesê een van die verdagtes, ’n 47-jarige man, is Saterdag in die vroeë oggendure opgehang in sy sel gevind. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die ander drie verdagtes, almal in hul 30’s, sal binnekort in die Hennenman-landdroshof verskyn op aanklagte van moord en huisroof.

Eddie word tans in die Milpark-hospitaal in Johannesburg behandel nadat hy gister van ’n hospitaal in Welkom oorgeplaas is.

Eddie het glo op die aanval afgekom toe hy by die huis op hul plaas Zwartpan aangekom het. Pieter is op die toneel dood verklaar nadat hy op teregstellingswyse geskiet is.

ʼn Werker van die gesin het Vrydag omstreeks 05:00 op die pa en seun in die plaashuis afgekom nadat die boer se vrou, Antoinette, haar gebel en gevra het om ondersoek in te stel. Sy was nie tuis ten tyde van die aanval nie en kon hulle nie in die hande kry nie waarna sy die werker genader het.

Die werker het met familie van die slagoffers kontak gemaak waarna die polisie na die plaas ontbied is. Daar word vermoed dat een of twee vuurwapens in die aanval gesteel is.

Dit is minstens die derde plaasmoord in net meer as ʼn maand in dié provinsie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Stefan ·

Natuirlik gaan alle skuld nou op die dooie een gepak word, die res wou hom eintlik gekeer het om te moor.

Persheks Adri ·

Net moord en huisroof? Daar kort poging tot moord vir die seun ook polisie se klagtes maak nie sin nie pffft

AndrewL ·

Het jy gaan vasstel by die polisie wat al die klagtes is? Ek glo nie – jy glo eerder dit wat in die media gerapporteer word. Die feite verskil dikwels van dit wat in die media gerapporteer word, veral omdat ‘n polisie dossier se klagtes aangepas kan word. Soos die ondersoek vorder, kan klagtes bygevoeg word.

Stefan ·

Well done aan die speurders en die misdaadvoorkomingseenheid wat so vinnig die verdagtes kon aankeer.

Jaco ·

Hoekom hang hy homself? Hy sou loskom op skaars R500 borg, die saak sou 2 jaar sloer weens “gebrek aan bewyse” en dan wanneer onteiening sonder vergoeding eendag begin, sou hy die plaas verniet kry.

Car ·

Vrees is n snaakse ding, veral wanneer dit kom uit die verkeerde rigting.

Snowball ·

Dalk geweet wie die meesters is wat die boosheid beplan toe besluit iemand dis beter dat hy stilbly…

Cornelius ·

En geen reaksie van die regering of the president nie. Dis duidelik hulle voel niks en gee ook niks om nie. Die aanvalle gaan nie stop nie.

Car ·

Nee ek glo nie enige iets gaan stop voordat ons almal in ons land reg gekom het nie. Niks gebeur sonder rede nie.

Car ·

Weet iemand dalk of van die wat dood is, wat nie dood is omdat hul vermoor is, dood is van gevreesde virus siekte.

Snowball ·

Al wat nou bemoedigend is, is dat Eddie Hills nog leef. Daarvoor dank ons die Hemelse Vader.
Wat die res aanbetref – dit is ‘n dobbelspel om te hoop dat boere se moordenaars in SA sal kry wat hulle toekom; die regstelsel blyk polities gekaap, met moordenaars wat borg kry vir ‘n skamele R5000 terwyl opstandige boere borg kry vir R50 000.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.