Verdagte dood, makkers vas ná jaagtog

(Foto: SAPD)

Polisiebeamptes het Maandagoggend ’n verdagte ná ’n jaagtog in Pretoria doodgeskiet en twee ander in hegtenis geneem.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, sê polisiebeamptes van Lyttelton in Centurion het patrollie in Doringkloof gery toe hulle kort na 09:00 ’n verdagte silwer Mazda-bakkie met drie insittendes opgemerk het.

’n Voorlopige verslag dui daarop dat ’n soortgelyke bakkie glo gebruik is in verskeie huisrooftogte in die gebied en die polisiebeamptes het besluit om ’n stop-en-ry-beheerpunt op te stel. Die verdagtes in die bakkie het egter weggejaag waarna die polisiebeamptes hulle agternagesit het.

Dit het ’n jaagtog op die N1-snelweg tot gevolg gehad. Een van die verdagtes het gedurende die jaagtog ’n vuurwapen op die polisiebeamptes gerig waarna nog polisiebeamptes ontbied is.

(Foto: SAPD)

Die bakkie is eindelik by die Atterbury-afrit voorgekeer en een van die verdagtes is in die proses doodgeskiet. Twee van sy makkers is op die toneel in hegtenis geneem en huisbraaktoerusting asook ’n ongelisensieerde vuurwapen is in die bakkie gevind.

Daar is intussen vasgestel dat dié voertuig as gesteel aangemeld is.

Die twee verdagtes, onderskeidelik 30 en 34 en vermoedelik van Mamelodi, sal binnekort in die Pretoriase landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van ’n gesteelde motor en huisbraaktoerusting.

’n Ondersoek is intussen gelas om vas te stel of die verdagtes moontlik aan ander misdade verbind kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Snowball ·

Gangsters Paradise, krioelend van kriminele. As burger van dié land, leef jy elke dag met die realiteit dat jy enige oomblik in kruisvuur kan beland of self die slagoffer van ‘n rooftog, moord, verkragting, of kaping kan word. Die Nuwe SA – trots aangebied deur geen grensbeheer, korrupsie en onbevoegdheid. Twee gevang uit hoeveel derduisende wat hier rondsluip met misdaad as lewensdoel. SA se misdaadstatistieke bly verpletterend.

Wielspore ·

Zero Tolerance, as jy ‘n wapen op lede van die SAPS wil rig moet jy dieselfde terug verwag. Dit is lankal tyd dat die SAPS respek op verdagtes afdwing, dit sal veroorsaak dat oortreders twee keer sal dink voordat hulle die wet oortree.

Tino ·

Hierdie ouens het by ons ingebreek, geregtigheid het begin seevier!

Karina ·

Hier gaan tog niks van kom nie. Soos met elke ander misdaad in die land.

Tsek! ·

uhm…..as jy op iemand skiet….is dit nie poging tot moord nie? Of was dit die makker wat dood is wat geskiet het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.