Verdagte dood tydens skietery met polisie

Argieffoto (Foto:
(Foto: David Ritchie/African News Agency/ANA)

Die polisie in Hillcrest in KwaZulu-Natal het ʼn 26-jarige man in hegtenis geneem op aanklag van poging tot moord en die besit van gesteelde eiendom en ʼn saak van huisbraak en diefstal ʼn week gelede in die gebied.

“Polisiebeamptes was Woensdagoggend vroeg besig met misdaadbekamping en om gesoekte verdagtes in hegtenis te neem,” het kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, gesê. “Terwyl beamptes op die M13-snelweg gery het, het hulle ʼn voertuig met drie insittendes opgemerk. Die beampte het die bestuurder van die motor opdrag gegee om stil te hou en toe die motor tot stilstand kom, het hulle te voet in die bosse in gevlug. ʼn Skietery het gevolg en ʼn 25-jarige verdagte is noodlottig gewond. ʼn 26-jarige man is in hegtenis geneem. Die derde verdagte het weggekom.”

Gwala het gesê ʼn ondersoek het onthul dat die motor in Hillcrest gesteel is. “ʼn Motor is na bewering gesteel tydens ʼn inbraak by ʼn huis in Ridgeweg waar huishoudelike items en ʼn handsak met waardevolle besittings ook gesteel is. ʼn Saak van huisbraak en diefstal is by die Hillcrest-polisiestasie aanhangig gemaak.”

Ondersoek sal ook ingestel word om te bepaal of die 26-jarige man met ander misdade verbind kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Abe ·

Sommige berigte laat mens wonder of die polisie ooit die lof kry wat hulle toekom. Veral as mens gaan sit en besin oor die moeilike omstandighede waaronder hulle dikwels moet werk, die gevaarlike aard van hulle werk en die, dikwels onverdiende, kritiek wat hulle moet verduur. Alles in ag genome dink ek, dit is miskien nie onvanpas om te vra dat ons n bietjie meer positief oor hulle werk en waarde is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.