Verdagte dood tydens skietvoorval

Argieffoto

ʼn Vermeende kaper is Sondagoggend dood tydens ʼn skietvoorval in Centurion, Gauteng.

Kapt. Kay Makhubela, Gauteng-polisiewoordvoerder, het gesê die polisie se blitspatrollie het die oggend omstreeks 10:00 digby die Centurion-winkelsentrum in Lyttelton gesien hoe ʼn maroen Haval-voertuig deur die rooi verkeerslig jaag.

Hulle het dié motor agternagesit tot by die volgende Engen-vulstasie, waar die verdagtes op die polisie begin losbrand het. Die verdagtes het by die vulstasie ʼn wit Toyota Corolla gekaap. Die polisie het die gekaapte voertuig agternagesit, terwyl die verdagtes steeds op hulle geskiet het. By die Olievenhoutbosch-nedersetting in Centurion het die gekaapte voertuig tot stilstand gekom.

“Toe die polisie die voertuig ondersoek, het hulle agtergekom een verdagte is doodgeskiet,” sê Makhubela.

Die ander een is op die toneel in hegtenis geneem. Die polisie het beslag gelê op albei verdagtes se vuurwapens.

Die verdagte sal eersdaags in die Pretoriase landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

lollapot ·

STUNNING NUUS! goed so SAPD! Bly julle het veilig anderkant uitgekom!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.