Verdagte dood, vrou gewond ná rowers op huis toeslaan

(Foto: Emer-G-Med)

ʼn Vrou is geskiet en gewond terwyl ʼn vermeende aanvaller doodgeskiet is nadat gewapende mans op ʼn huis in Morningside, Durban, toegeslaan het.

Paramedici van Emer-G-Med is kort ná 20:00 Woensdagaand na die huis in Wallersingel ontbied.

Volgens beskikbare inligting het ʼn aantal gewapende verdagtes toegang tot die huis verkry en die gesin aangehou. ʼn Vrou is tydens die voorval in die rug geskiet en volgens Emer-G-Med was sy in ʼn kritieke toestand.

“Sy is op die toneel gestabiliseer voor sy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.”

Een van die aanvallers is ook tydens die voorval geskiet. Die man, glo 30 jaar oud, is op die toneel deur paramedici dood verklaar.

Die polisie was op die toneel en ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

WILLEM ·

Genoeg is genoeg !!! Hoe verander jy “diere” se optrede??
Daar is geen respek vir lewe nie, net God kan ons help. Kom ons begin ‘n gebeds kring om elke dag tydens 7 to 8 vm. te bid vir ons land en ons mense, en om die gesindheid van oortreders te verander.

Nicholaas ·

Jy is heeltemal reg, net GOD kan ons land heel maak, ek wil sien hoeveel af merkies gaan jou kommetaar kry, ons volk is verdeeld en baie mense wil niks weet van GOD.

Elize ·

Nicholaas jy is so reg. Die af merkies is seker antichriste

Watsenaam ·

Miskien verstaan ek verkeerd. Na wie verwys jy as mense, Die onopgevoedes wreedaards of eerlikes?

Annelize ·

Grote genade! Kyk, die hele land is ‘n total hool, maar lyk my Kwazulu-Natal vat die koek!

Republikein in die Wes Kaap ·

KZN moet afstig en ‘n Zulu monargie word.

Boemsie ·

Hoekom mag n rower mense in die rug skiet, maar as jy aangeval word mag jy dit nie doen nie.

Piet ·

Volgens my inligting, nee. Die dreigende gevaar is nie meer dreigend wanneer hy omdraai en wegbeweeg nie.

Pierre ·

Haar wapen sal afgeneem word, sy sal aangekla word en slegter as n krimineel behandel word, want landsburgers mag hul nie verset teen die aanslae nie.

Niklaas ·

Hier is baie gebrekkige inligting. Het die huisbaas , of ander inwoners die aanvaller geskiet , of was dit ‘n makker van die dooie wat geskiet het en het die ander aanvallers toe weggehardloop ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.