[Video] Verdagte doodgeskiet ná hy, makkers op huis losbrand

‘n Skermskoot uit die video.

Die polisie het ʼn reusesoektog van stapel gestuur na verdagtes wat Donderdagaand betrokke was by ʼn plaasaanval in die omgewing van die Leeukuilplotte naby Polokwane.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 23:30 plaasgevind.

“Die eienaar van die huis het glo sy honde hoor blaf en gaan ondersoek instel. Hy het twee onbekende gewapende verdagtes gesien wat buite sy huis rondloop,” het Ngoepe gesê.

Die man het toe glo ʼn waarskuwingskoot afgevuur waarna die verdagtes weggehardloop het.

“Hulle het egter kort daarna teruggekeer en blindweg op die huis losgebrand en onder meer ʼn glasdeur beskadig,” het Ngoepe gesê.

Die eienaar het teruggeskiet en een verdagte is doodgeskiet. Die ander verdagte het volgens Ngoepe weggehardloop en in die bosse verdwyn. Niks is tydens die voorval gesteel nie. ʼn Saak van huisroof en poging tot moord word ondersoek.

Ben Engelbrecht, ʼn direkteur van die Heritage Protection Group (HPG), het aan Maroela Media gesê daar was volgens hulle inligting drie verdagtes.

“Jy kon duidelik sien twee ander het die gewonde verdagte probeer sleep, maar hulle het nie ver gekom nie. Die spoorsnyers en die polisie het die oorledene daar aangetref waar hulle hom gelaat het,” het Engelbrecht gesê.

Engelbrecht het gesê hul spoorsnyers het twee verdagtes se spore tot in ʼn nabygeleë nedersetting gevolg. “Dieselfde verdagtes was Woensdagaand ook op die plaas en toe het hulle twee fietse gesteel, dit was dieselfde spore.”

Enigiemand met inligting oor die voorval kan kapt. Wilson Dikgale by 082 565 8566 bel.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Awie Opperman ·

Ek is bly om te sien dat hierdie boer voorbereid was en goeie sekuriteitsmaatreëls getref het. Hierdie moet baie meer gebeur, dan sal die terroriste twee keer dink voor hulle iemand aanval. Jammer dat twee weggekom het, ek hoop hulle word gevang of hulle afspraak met God breek spoedig aan.

honourable member ·

Sekuriteit sal moet opgeskerk word want hierdie goed gaan verseker terugkom met meer helpers. Sterkte

Chrisjan ·

Ek is seker die man is voorbereid. Mooi man, hy is ‘n pragtige voorbeeld vir al ons boere. ‘n Plaas aanval is die perfekte geleentheid om geregtigheid te laat geskied.

So moet dit gebeur ·

So moet dit gebeur, Bravo aan die boer en sterkte met die hofsaak, jy het beslis reg opgetree. Aan die kriminele vat so, mag die ander 2 ook gou tot ‘n einde kom. Ek het nooit gedink ek gaan die dag beleef wat ek nie jammer voel oor iemand sulke goed doen omdat hul arm of wat ookal is nie. Hulle moor en plunder vir net die beste en om ryk te word. Kyk hoe vis hul net vir valuables, niks met armoede of honger te doen nie.

Grysburger ·

Vir ‘n verandering het die geteikende slagoffer sy wapen by hom gehad en was dit nie “veilig” in ‘n kluis nie. Hoop die persoon se optrede dien as inspirasie dat mens kan terugveg as jy gereed is. Vertrou dat daar nie vir die verdediger regsimplikasies sal wees nie en dat hy nog ‘n wapen het aangesien Polisie dalk syne in beslag gaan neem vir “ballistiese toetse”.

Boet Fasie ·

Baie mooi, ‘n boer so na my hart , hoop die ander boere leer by die man.

Nooit buitetoe loop nie ·

Wees gereed en moet nooit buite toe loop om te gaan ‘ondersoek instel’ nie.

Morne ·

Alle blankes moet hulself weerbaar maak vir die aanslag wat tans plaasvind. Uitstekend gedoen vir die boer wat nie deel van die statistiek geword het nie! Dis al manier om vir die “honger diewe” te wys dit gaan nie meer so maklik wees om net te kom vat en moor soos hulle wil nie.

Haan ·

n Wapen in die kluis is jou moord in jou huis.
n Wapen aan die sy is n bogger in die klei.

Hans ·

Jy skiet nooit n waarskuwing skoot allermins as gewapende onbekendes in die nag om jou huis rondsluip nie.

Erick ·

As jy buitentoe moet gaan laat ‘n paar blou boontjies voor jou uithardloop en dan volg jy.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.