Verdagte doodgeskiet tydens bankroof

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn Vermeende bankrower is Vrydag dood in ʼn skietgeveg met veiligheidswagte by die Oriental Plaza in Johannesburg.

Lt. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê twee verdagtes het veiligheidswagte voorgekeer toe hulle by die FNB-bank uitgestap het. ʼn Skietgeveg het uitgebreek en een van die verdagtes is doodgeskiet.

Volgens Dlamini het die ander verdagte gevlug en word daar steeds na hom gesoek. Dlamini het gesê een van die veiligheidswagte is in die skietgeveg beseer. Hy is na ʼn nabygeleë hospitaal vir behandeling geneem.

Dlamini het gesê ʼn vuurwapen is op die toneel gevind. Die ondersoek na die voorval duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peet Schabort ·

Op en wakker wagte. Dink asb. aan diegene wat daar moet skoonmaak. Hopelik het die een wat laat spaander nie ook ‘n streep agtergelaat.

EMK ·

Die Engelse gesegde lui : if you live by the sword you will die by the sword”… nou-ja so gebeur dit!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.