Verdagte doodgeskiet tydens rooftog by lisensiekantoor

Argieffoto (Foto: MikeGunner/Pixabay)

’n Verdagte is doodgeskiet toe hy en drie van sy makkers Saterdag ’n lisensiekantoor in Boksburg, Gauteng, wou beroof.

Volgens hoofsuperintendent Kelebogile Thepa, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, het vier gewapende rowers douvoordag op die lisensiesentrum toegeslaan.

“Hulle planne om die lisensiekantoor te beroof, is egter in die wiele gery toe veiligheidspersoneel betyds daarheen ontplooi is. ’n Skietgeveg het tussen die personeel en verdagtes uitgebreek,” bevestig Thepa.

“Drie van die vier verdagtes het daarin geslaag om van die toneel te vlug. Een verdagte is noodlottig gewond en op die toneel dood verklaar.”

Hamilton Ledwaba, afdelingshoof van die Ekurhuleni-metropolisie, waarsku oortreders om hulle te weerhou van die beskadiging en diefstal van geriewe en hulpbronne wat vir openbare gebruik bedoel is.

“Die Stad Ekurhuleni ondervind tans ’n agterstand in lisensiekantore en probeer om die dienste so gou moontlik aan ons gemeenskap te lewer, maar dit word belemmer deur misdaad,” het Ledwaba gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Persheks Adri ·

Goeie skoot! Gewapende rowers weet jy! Hoedeman julle moet die wapens van die straat af kry!

Racheltjie Debeer ·

Dis nie NET misdaad wat die agterstand by die lisensie kantore veroorsaak nie. Dis ‘n gebrek aan spoed, vaardigheid en trots onder die werkers. As hul dalk bietjie vinniger werk en minder tee drink, sal die agterstand gou uitgewis word. Maar as daar plek vir 4 kassiere is, is daar 1, dalk 2, op hul pos.

Suzette ·

Moenie misdaad nou die skuld vir die agterstand gee nie. Daar is nie elke dag gewapende rooftogte by staats departemente nie. Soos jy se Racheltjie die persone wat daar in diens is, is meer op tee of ete as wat hulle werk. Arrogansie aan die orde van die dag. Dis n riller om na enige staats departement te gaan.

Misky ·

Ek wou selfde sê nou Racheltjie Debeer en misdaad by kantore is onderaan die lys van redes vir agterstand. Meeste van hulle is salaristrekkers en nie pligsgetroue werkers nie

Nie Verbaas ·

“Hamilton Ledwaba, afdelingshoof van die Ekurhuleni-metropolisie, waarsku oortreders om hulle te weerhou van die beskadiging en diefstal van geriewe en hulpbronne wat vir openbare gebruik bedoel is”. Waarsku ook net. Grap die man of dink hy regtig misdadigers gaan nou bewe?

Hennie J ·

Ek sukkel bietjie om die kloutjie by die oor te kry. Die rowers het “douvoordag” toegeslaan. Ek het nog nooit so departement se deure oop gesien douvoordag nie of beteken douvoordag vir our people enige tyd tussen 08h00 en 10h00? Verdermeer het veiligheidspersoneel die rowers daar aangetref en tog het 3 van die 4 ontsnap. Ek dink beslis nie dat dit goeie polisiewerk is nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.