Verdagte dreig met selfmoord ná polisie hom vaskeer

Argieffoto: Kent Williamson

Twee mans is Woensdag tydens ʼn huisbraak in Laudium in Pretoria in hegtenis geneem en ʼn derde verdagte kort daarna.

Konst. Simon Chokoe, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het net ná 19:00 plaasgevind.
Die drie gewapende verdagtes, tussen 30 en 45 jaar oud, het volgens Chokoe by ʼn paartjie se huis ingestorm, hulle aangerand en van hul selfone beroof.

“In die verdagtes se poging om te vlug het die inwoner hulle gekonfronteer en twee van die verdagtes is vasgekeer. Een kon daarin slaag om te ontsnap,” het Chokoe gesê.

Volgens Chokoe het ʼn spoedige reaksie van die polisie se taktiesereaksie- en honde-eenheid gesorg dat die derde verdagte in Claudius naby die R55 aangekeer is.

“Een van die polisie se onderhandelaars is ingeroep na die toneel omdat die verdagte gedreig het om homself te skiet,” het Chokoe gesê.

Volgens Chokoe is die verdagte binne minute ná onderhandeling in hegtenis geneem. “Die polisie het beslag gelê op twee ongelisensieerde vuurwapens.”

Die paartjie is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling. Dit is nie duidelik hoe ernstig hulle beseer is nie.

Die verdagtes sal binnekort in die Atteridgeville-landdroshof verskyn.

ʼn Saak van huisroof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Tokkelossie ·

Jy praat waar Alida! Waarom nie ook klag van aanranding nie?

Leahim ·

Hierdie situasie kan nie n probleem wees as jy met n R 300 000 flits uitgereik word nie.

MarieM ·

Ja Leahim, dit plaas mooi “lig” op die onderwerp hehehehe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.