Verdagte drie jaar ná moord vasgetrek

boeie 2ʼn 26-jarige man is in Germiston aan die Oos-Rand in hegtenis geneem, drie jaar nadat hy en ʼn medepligtige glo ʼn man vermoor het.

Ao. Xoli Mbele, ʼn polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die twee verdagtes het glo Thabane Mcube op 24 April 2011 in Johannesburg met ʼn skerp voorwerp doodgesteek.

“Die slagoffer en die twee verdagtes het glo gestry,” het Mbele gesê. “Hulle het glo sy selfoon gehad en hy wou dit terugkry. Hulle het die slagoffer gevra om saam te kom na hul woonstel toe waar hulle hom glo vermoor het.”

Volgens Mbele is die 26-jarige in Wadeville in Germiston aangekeer nadat ʼn foto van hom Vrydag in die media verskyn het. Hy moet Woensdag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

Sy vermeende medepligtige is nog op vrye voet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.