Verdagte gee hom oor aan polisie ná Kuruman-moord

Zoetje Oosthuizen en haar man, Hennie. (Foto: Facebook)

ʼn Man verskyn na verwagting Vrydag in die Kuruman-landdroshof in verband met die moord op Zoetje Oosthuizen.

Maroela Media het vroeër berig Oosthuizen, ʼn hondeteler en skrywer wat saam met haar man, Hennie, op die dorp woon, is Woensdagmiddag in haar huis vermoor.

“Met hul aankoms op die misdaadtoneel is die liggaam van ʼn vrou met ʼn steekwond aan die kop gevind,” het kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, gesê.

“Terwyl die polisie besig was om die misdaadtoneel te fynkam, het ʼn man wat aangevoer het dat hy die vrou vermoor het, op die toneel opgedaag en hom aan die polisie oorgegee.”

Volgens Tawana is die man in hegtenis geneem en van moord aangekla.

“Die motief vir die moord is in hierdie stadium nog onbekend en word ondersoek.”

Tawana wou nie ʼn verwantskap tussen Oosthuizen en die verdagte bevestig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

ES ·

Hierdie land het nou die moord mecca geword. Elke liewe dag word daar op meer as een moord berig…

Wat soek ons nog hier?

FM ·

Hierdie is geboortegrond, ek veronderstel dat dit ons rede van verblyfreg is

Scalla ·

Word mense nie betaal om die daad te pleeg nie? Gratis huisvestiging word dan lewenslank verskaf!!

Danie ·

Ons kinders en familie is hier.
Ons beleggings is hier.
Dis al wat ons hier hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.