Verdagte geskiet tydens huisbraak

rowers‘n Man is geskiet toe hy by ‘n huis in Protea Glen, Soweto probeer inbreek het.

Ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het Saterdagaand plaasgevind. “Die eienaar van die huis het gesien iemand probeer by sy huis inbreek en het die polisie ontbied.”

Makhubela sê ‘n polisieman het by die huis opgedaag en die verdagte in die been geskiet. “Die verdagte word onder polisiebewaking by die Leratong-hospitaal behandel.”

Makhubela sê die verdagte sal in die Protea-landdroshof verskyn sodra hy uit die hospitaal ontslaan word. Hy sal tereg staan op aanklagte van poging tot huisroof en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.