Die polisie het die publiek se hulp gevra om ’n voortvlugtende verdagte wat verbind word aan die moord op Piet Els (86) te probeer opspoor.
Els en sy vriendin, Rikkie Alsemgeest, albei bekende sakelui van Kimberley, is die aand van 23 Januarie 2018 op Els se plaas sowat 10 km buite die dorp aangeval. Els is sowat vier maande ná die aanval in die hospitaal dood.
Kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, sê Johannes Ralihlare (52), wat ook as Moses bekend staan, was een van die verdagtes wat daardie aand ten tyde van Els se aanval op hul plaas was.
“Ralihlare het toe vermoedelik uit Kimberley gevlug en die polisie vermoed dat hy hom in die Vrystaat of Gauteng bevind,” sê Tawana.
Volgens Tawana is altesaam ses verdagtes reeds in verband met Els se moord in hegtenis geneem. Vier van die ses is in Februarie vanjaar op borgtog vrygelaat.
Enigiemand met meer inligting wat tot Ralihlare se inhegtenisneming kan lei, kan lt.kol. Doggy Magugu by 082 469 0578 skakel of die Stop Misdaadnommer 08600 10111 kontak.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
6 Kommentare
Foto se alles.
So almal moet hom soek sodat hy kan borgtog kry?
Op borgtog vrygelaat sê jy vir my………………
4 van die 6 is op borg vrygelaat!!!!! Wat de hel gaan aan met ons land! Dink die hof regtig dat een van hulle weer gaan verskyn met hulle volgende hof datum?