Verdagte gesoek oor transitorooftog in Mpumalanga

Argieffoto (Fidelity Security)

Die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) in Mpumalanga versoek die publiek se hulp om Vusi Mthembu (39) op te spoor in verband met ʼn transitorooftog in die Thulamahashe Bosbokrand-gebied in September 2017.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, het gesê ʼn groep verdagtes het ʼn Fidelity-geldwa oopgeblaas en met ʼn onbekende bedrag kontant gevlug. “Mthembu word na bewering deur ʼn forensiese ondersoek verbind met die gewapende roof. Sy vermeende medepligtiges is reeds in hegtenis geneem.”

Enigiemand met inligting oor Mthembu word versoek om sers. Vusi Mpunzi te kontak by 071 481 3250.

“Die Valke maan die publiek om nie die verdagte te nader nie, aangesien hy as baie gevaarlik beskou word. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Die Wolf ·

Hoekom publiseer julle nie n foto van die persoon nie. Makliker om op te spoor. Ai Tog!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.