Verdagte gesoek wat glo goue muntstukke steel

Kringtelevisiefoto van een van die verdagtes (Foto aan Maroela Media verskaf deur die polisie)

Kringtelevisiefoto van een van die verdagtes (Foto aan Maroela Media verskaf deur die polisie)

Die polisie in die Vrystaat is op soek na verdagtes wat glo vroeër vanjaar op ʼn winkel in Brandwag in Bloemfontein toegeslaan en goue muntstukke ter waarde van R350 000 gesteel het.

“Twee van die verdagtes het die winkel betree onder die voorwendsel dat hulle klante is,” het kapt. Chaka Marope, woordvoerder van die polisie, gesê. “Een van die verdagtes het skielik ʼn vuurwapen te voorskyn gebring en die personeellede gedwing om die vertoonkas met die goue muntstukke oop te sluit.”

Die verdagtes het die munststukke in hul handsakke gegooi en van die toneel gevlug.

Volgens ʼn voorlopige ondersoek het een van die verdagtes ʼn donkerbruin denim en ʼn wit T-hemp aangehad. Die tweede persoon het ʼn blou denim en ʼn swart baadjie aangehad. Die verdagte het na die voorval in ʼn wit Nissan Qashqai-motor weggery.

“Lede van die Parkweg Trio-misdaadeenheid versoek enigiemand wat die individu op die kringtelevisiefoto herken om met die polisie in verbinding te tree, aangesien die persoon hulle moontlik kan help met inligting oor die rooftog,” het Marope bygevoeg.

Persone met inligting word versoek om die ondersoekbeampte, konstabel Tlokotsi Leine, by 082 527 6382 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.