Die man wat vandeesweek in hegtenis geneem is in verband met die onlangse moord op twee lede van die Kimberley-blitspatrollie, is Donderdag vir sielkundige waarneming verwys.
Daniel Wilfred Alberts (38) is ʼn psigiatriese pasiënt wat voorheen al in tientalle psigiatriese fasiliteite opgeneem is, sou die Kimberley-distrikshof gister hoor.
Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in die Noord-Kaap, sê Alberts het Donderdag vir die eerste keer in die hof verskyn waar hy aangedui het dat hy nie om borgtog gaan aansoek doen nie.
Hy staan tereg op twee aanklagte van moord, drie aanklagte van roof met verswarende omstandighede, een van diefstal van motorvoertuig asook een van diefstal.
Dit ná die moord op konst. Okaetse Mandindi (35) en die 45-jarige sersant Kedimetse Masilo.
Maroela Media het vroeër berig Mandindi en Masilo was Dinsdag besig om inligting oor ʼn gesteelde voertuig wat van Bloemfontein onderweg was op te volg. Die twee beamptes het die voertuig die betrokke dag in Kimberley gewaar en agternagesit. Hulle is kort daarna doodgeskiet.
Daar word beweer dat Alberts agter die stuur van die gesteelde voertuig was en tot by ʼn Transnet-perseel gejaag het waar hy in ʼn ongeluk betrokke was en toe verder te voet gevlug het. Die beamptes het hom agternagesit en hy het na bewering op hulle losgebrand. Alberts is kort ná die beamptes se skietdood in hegtenis geneem.
Hy verskyn weer in Oktober in die hof.
Sers. Masilo het in 2007 by die polisie aangesluit en het 16 jaar diens gehad ten tyde van haar dood, terwyl konst. Mandindi in 2012 by die polisie aangesluit het.
‘sou die hof hoor’ Het die hof dit toe gehoor?
As hy kan weet om weg te hardloop vir die polisie, kan hy onmoontlik psigiatriese probleme hê…
…en jou stelling baseer jy op wat?
Jy moet dalk die berig behoorlik lees. Hy was al baaaie baaaie by sulke instansies opgeneem, iewers het geen Dr se ligte seker gewerk nie. Die persoon gebruik duidelik nie sy medikasie reg of GLAD nie. Dit is n Baie groot risiko wat wag om te gebeur.
Hy moes lankal al as n staatspasient verklaar gewees het, Dan sou hy nie op straat rond beweeg het nie.
Ek glo nie Fiefie. Self-behoud is in instinktief in elke liewe mens en dier ingebou. Ons veg om aan die lewe te bly as ons in ‘n lewensgevaarlike situasie is. Dit geld selfs vir mense met psigiatriese probleme.
So… die Man wat ‘n psigiatriese pasiënt was en wat in tientalle psigiatriese fasiliteite opgeneem was is die heel tyd vry gelaat en is weer opgeneem agv wat? Nou het hy noodeloos Polisie beamptes vermoor waar hy in die eerste plek nie op straat moes wees nie. Sit hom weg en gooi die sleutel in die see!!!
Wow, Kyk hoe vinnig is die ou gevang en tog kan hulle nie ons boere se moordenaars aankeer nie.
Dit laat mens wonder??
Ek dink moorde op SAPD-lede geniet prioriteit en dit behoort ook seker so te wees. Ons president sê dan plaasmoorde bestaan nie – dit is doodgewone misdadigheid wat gepleeg word uit behoeftigheid (honger en armoede). Nou, as dít die president van ‘n land se opinie is, hoe sal die “minions” dan die regte ding doen en hard werk om plaasaanvallers en -moordenaars aan te keer?
Hoop hy sit.