Verdagte in Brits-plaasaanval sterf

Argieffoto: Lorraine Claasen

Die vermeende aanvaller wat Saterdag tydens ʼn aanval op ʼn plaas in die Mamogaleskraal-omgewing naby Brits in Noordwes geskiet is, het Dinsdag in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Maroela Media het vroeër berig Casper Burger, ʼn bekende boer van dié distrik, het Saterdag teruggeskiet toe hy deur drie gewapende mans op sy plaas oorval is.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het Donderdagoggend aan Maroela Media bevestig dat die verdagte onder streng polisiebewaking in ʼn hospitaal in Brits gesterf het. Die verdagte is in ʼn ernstige toestand in ʼn hospitaal in Brits opgeneem nadat hy tydens die aanval gewond is.

Burger is ook tydens die aanval ernstig beseer en moes Sondag ʼn operasie ondergaan.

Volgens ʼn familielid wat versoek het om anoniem te bly, gaan dit onder omstandighede goed met Burger. Die familielid sê Burger se milt moes ná die skietvoorval noodgedwonge verwyder word en hy het ook beserings aan sy niere en diafragma opgedoen.

Hy word tans in die waakeenheid van ʼn Johannesburgse hospitaal behandel en sal na verwagting nog sowat twee weke hiér aansterk.

“Hy het darem begin eet, wat ʼn goeie teken is. Hy kan egter nog nie lekker praat nie en dis moeilik om hom te verstaan as gevolg van die besering aan sy diafragma.”

Funani sê intussen die ander twee aanvallers wat ná die aanval op die vlug geslaan het, is nog nie in hegtenis geneem nie.

‘n Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Johnnie ·

Nou sê die polisie die klagtes kan dalk verander nou dat die agter geblewene dood is, nou gaan hulle seker die boer aankla van moord soos dit nou maar gaan in hierdie kriminele land van ons. Die boer is wit en die aanvaller is swart. Hulle kan mos maar maak soos hulle wil want as ons hulle iets aandoen dan is ons mos rassiste.

Nicks ·

Poging tot “red my eie lewe”… @Casper Burger – Ons is trots op jou en hoop jy word baie gou gesond!!!! Sterkte.

Isak ·

Dis reg. Dis tyd vir die boere om terug te baklei. Ons boere word uitgemoor. En niks word daar aan gedoen nie. Trots op jou oom. burger. Word gou gesond. En kom leer die ander boere om waaksaam te wees. En te skiet

Colleen ·

Hoop jy sterk vinnig aan. Jammerte jy het nie almal uitgewis nie.

Lana ·

Die les wat uitgaan na aanvallers –
as jy karring op ‘n plek waar jy nie hoort nie –
wees bereid om met jou lewe daarvoor te betaal.

honourable member ·

Hoop die boer word gou gesond. Altyd goed om te hoor as misdadigers minder word.

Alida 2 ·

As ek nou ‘n speurder was dan het ek na die man se begrafnis toe gegaan.
My ore wys oopgehou.
Sy makkers sal dit seker bywoon. Dalk tel ek net ‘n leidraad op wat met die ondersoek kan help.
Maar nou ja, ek is nie ‘n speurder nie, net ‘n boer

LD ·

Ek twyfel baie sterk dat hulle sy begrafnis sal bywoon…. hulle voel nie veel vir mekaar nie! Die staat sal hom sekerlik begrawe want soos hulle sal sê, hyt seker nie ñ familie of naasbestaandes nie daarom het hy ñ krimineel geword om vir homself te sorg…. soos al die kriminele en agtergeblewenis!

Asjas ·

Ja net dalkies kry hulle ‘n leidraad of dalk die ander twee daar, maar dan moet die speurder werk en verder ondersoek instel, sy comrade in hegtenis neem, die saak moet hof toe, papierwerk ens. Nee gaats!! Dit klink soos werk!! Kla liewer die boer aan dis makliker as om die waarheid te bewys.

Lindtjies ·

Casper ons sê dankie Vader dat jy ‘n beter skut was. Dit was jy of hy. Jy het baie seer gekry maar ons bid vir spoedige herstel. In die eerste plek moes hy nie jou eiendom oortree het nie. Mag dit vir alle voornemende plaasaanvallers ‘n boodskap wees,

GM ·

Dis jammer dat hy nou nie kon uithou tot hul sy makkers se inligting uit hom kon trek nie. Hulle gee mekaar mos gou op sodra hulle gevang word. Lafaards.

Koos Roos ·

Mnr Burger, kry solank vir jou ‘n goeie prokureer. Ek kan nie dink die volk gaan hierdie net so aanvaar nie.
Baie sterkte!

Andre Stander ·

Mnr. Burger, ek wens jou Alle Beterskap toe – die prys wat jy moet betaal om in die land te kan [oor-]leef is Baie hoog…. Ek is Rerig Jammer vir jou….

Nou gaan die polisie seker n saak van poging tot huisroof teen die oorledene ondersoek, en, en n saak van moord teen Mnr. Burger……..

christa ·

dankie tog een minder wat kan verwoes. Die ander kan gerus ook weer besoek afle vir koek en tee.

Derick ·

Sy maatjies is seker bly hy is dood. Nou kan hy nie hulle name vir die polisie gee nie, so hulle sal nooit gevang word nie.

Korporaal ·

Casper, wel gedaan en spoedige beterskap vir jou. Groete ou maat.

Hennie ·

En wie gaan Casper Burger se mediese rekening betaal? Beslis nie die regering nie want Ramaphosa verwys na Blankes as “the enemy”!

Johan H. ·

Ek Salueer u. Baie sterkte e weet asb u het die wereld n beter plek gemaak, wonderlike toekoms vir u en hou die kop omhoog!

SjN ·

Onder streng polisie bewaking, sal graag die verskillende omskrywing definisie wil sien volgens SAPD

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.