Verdagte in hof ná boer se mesmoord

Hennie Oosthuizen en sy vrou, Petra. Foto: Verskaf

Hennie Oosthuizen en sy vrou, Petra. Foto: Verskaf

Die 24-jarige verdagte wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op Hennie Oosthuizen, ʼn plaasbestuurder van die Groblershoop-omgewing in die Noord-Kaap, het Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Lt.kol. Dimakatso Mooi, woordvoerder van die polisie, het gesê Bigboy Phiri was vlugtig in die beskuldigdebank waarna die saak tot 23 Desember uitgestel is vir formele borgtogaansoek. Hy sal tot dan in aanhouding bly.

Maroela Media het vroeër berig Phiri is in hegtenis geneem nadat hy na bewering Oosthuizen Vrydagoggend ʼn paar keer met ʼn mes in die rug gesteek het. Petra Oosthuizen, Hennie se vrou, het Maandag aan Maroela Media gesê dat Phiri glo ontevrede was omdat hy nie betyds sy maandelikse vleis by die eienaar van die plaas ontvang het nie.

Volgens Petra het Hennie aan al die werkers verduidelik dat die eienaar van die plaas in die hospitaal is en dat hulle daarom nog nie hul vleis ontvang het soos gewoonlik elke maand nie, maar Phiri was na bewering nie tevrede met hierdie verduideliking nie. Dit het vermoedelik aanleiding tot die mesaanval gegee.

Hennie het bebloed in die huis gestrompel om vir Petra te roep en sy het dadelik die buurman gebel. Die buurman het met Hennie na ʼn plaaslike kliniek gehaas, maar Hennie is kort ná sy aankoms daar dood verklaar. Intussen het boere vanuit die hele gemeenskap gehelp om Phiri, wat na bewering dadelik op die vlug geslaan het, se spoor te volg en hy is in ʼn huisie op ʼn buurplaas vasgetrek.

Petra het Hennie as ʼn “boer in murg en been” beskryf en gesê sy liefde vir die natuur was duidelik aan almal wat met hom te doen gehad het. “Hennie het altyd gesê hy het nie stokperdjies nie, want boer is sy stokperdjie. Hierdie droogte het sy hart gebreek, want sy groot liefde was die grond en die natuur,” het sy gesê.

“Hy was nie bang om dood te gaan nie, want hy was diep gelowig en het die Here in alles geken.”

Lees alle vorige berigte oor Hennie Oosthuizen op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Annie ·

Kom ek raai Phiri gaan borg kry dat hy Kersfees by sy mense jan wees …. maar die boere in die doodskis saak moet Kersfees in due tronk sit … dit is mos regverdig!!!!!!

Deďuiwelin ·

Nee….ek di k daar us reeds boere wat gereedmaak om by die hof te gaan staan om die borg teen te staan. Hy word gli deur die polisie gesoek vir nog n moord……net vir my snaaks dat hulle hom nie by sy werkplek gesoek het nie. Dan het Hennie nog geleef. Ekis nog op die kwaad stadium. Hy moet bid hy kry nie borg nie.

Ja nee kyk ·

Phiri gaan seker borg kry! Hy dood gemaak! Die 2 met die dodskis wat daai ene net gedreig het en by lewe nog!!! Kry nie Borg nie!!!! Nou wat noem mens die voorval hou! Nie rasisties nie!!

Ben Prinsloo ·

Witman van Hennie se omgewing ek hoop julle was in julle hordes daar by die hof. Indien nie stel ek voor julle moet begin mobiliseer vir sy borgaansoek. Dit het tyd geword dat die witman se stem gehoor word. Genoeg begin nou genoeg raak.

Carol ·

Ben moet nie bekommer nie. Die boere was Maandag daar. Hulle het reeds dit deur gegee dat hulle sy borg aansoek teenstaan. Omdat hy n Zim paspoort het, geen vaste verblyf nie sal hulle baklei dat hy nie borg kry nie… maar dit berus by die landros nè.

Cherokee ·

Stev, as jy daardie berig lees in Die Vryburger, dan is dit baie duidelik nie geskryf deur Maroela Media nie.

willehond ·

Ek dink nie hierdie perd moet aansoek doen vir borg nie! Hy mag dit dalk net nie maak nie, met of sonder verniet vleis!

al ·

Die moordenaar is kwaad omdat hy nie sy vleis kry nie, noudat hy gemoor het, nou kry hy in elk geval nie sy vleis nie! Stupid mentaliteit van hom.

Genoeg ·

Die EFF en DA het in hul menigtes opgedaag by die hof tydens die doodskis saak. Kom alle witmense wys ‘n slag julle staal en wees die 23ste daar in julle menigtes. As ek nie so ver was nie, was ek ook daar. Sterkte aan Hennie se naasbestaandes en familie en ook aan almal wat in hul teenwoordigheid die borgaansoek gaan teenstaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.